Breadcrumb
Maart 2026 Gradeplegtigheid
Erkenning van akademiese uitnemendheid en prestasie
Universiteit Stellenbosch-gradeweek: 23 tot 26 Maart 2026
Gradeplegtighede is 'n spesiale mylpaal op ons akademiese kalender. Dit is wanneer ons ons gegradueerdes se akademiese reis en hul prestasies by die US as hulle akademiese tuiste vier.
Ons sien daarna uit om sertifikate, diplomas, grade en eredoktorsgrade toe te ken, en om jou en jou gaste by ons Maart-gradeweek by die Coetzenburg-sentrum te verwelkom.
Besonderhede oor gradeplegtighede
Beplan jou gradueringservaring met behulp van die belangrike datums en
plegtigheidskedule. Vind gedetailleerde inigting oor die verloop van
verrigtinge en wat om by jou gradeplegtigheid te verwag.
Ceremony Details
Plan your graduation experience with the key dates and ceremony schedule.
Find detailed information about the order of proceedings
and what to expect on your graduation day.
Bywoning en toegang
Ons wil hê jou gradeplegtigheidsdag moet vlot verloop. Hierdie inligtingsbronne sal jou help om vir die groot dag voor te berei - van die kaartjies vir jou gaste tot jou aankoms en die tref van spesiale reëlings.
Noodsaaklikhede vir jou gradeplegtigheid
Jou gradeplegtigheid is meer as net 'n seremonie – dis 'n oomblik om te onthou. Maak seker jy is gereed met die korrekte akademiese drag, professionele fotografie en die dokumentasie wat jy op die dag sal nodig hê.
Administrasie
Elke suksesvolle gradeplegtigheid verg sorgvuldige voorbereiding. Maak seker dat jy jou administratiewe vereistes nagekom het en hersien sleutelprosedures om vertragings of komplikasies te vermy.
Suksesverhale
Deur uitdagings baas te raak en lewenslange drome te verwesenlik, weerspieël elke gegradueerde se akademiese reis die diversiteit, vasberadenheid en uitnemendheid wat ons as Maties definieer.
Toekennings en mylpale
‘n Nobelpryswenner, ‘n entrepreneur en ‘n wetenskaplike tel onder diegene wat vanjaar eredoktorsgrade van die US ontvang
Die Universiteit Stellenbosch (US) het met trots die name bevestig van die uitsonderlike individue wat eredoktorsgrade by komende gradeplegtighede sal ontvang.
Toekennings en mylpale
S'tha se ‘dorpie’ laat haar skitter by gradeplegtigheid
S'thabile Duma se gradeplegtigheidstorie is nie 'n gewone een nie. Ja, dit is 'n storie van triomf oor baie moeilike omstandighede en dit spreek van volharding...
Toekennings en mylpale
Dubbele gradeplegtigheidsviering vir ʼn gesin van Maties
Prof Michele van der Merwe het die voorreg gehad om by die Universiteit Stellenbosch (US) se Maart-gradeweek nie een nie, maar twee dogters se grade aan hulle...