Skip to main content
Photo by Stefan Els

Uitstel van gradeplegtigheid

Indien jy kwalifiseer om in Desember 2025 te gradueer, het jy wel die opsie om die toekenning van jou kwalifikasie na die gradeweek van 23–27 Maart 2026 uit te stel. Let asseblief daarop indien jy sou kies om jou graduering na Maart 2026 uit te stel, jy nie jou amptelike gradesertifikaat voor dan by die Gradeplegtigheidskantoor sal kan aanvra nie. Ons kan jou wel van 'n amptelike akademiese rekord voorsien.

Om 'n uitstel te reël

Om 'n uitstel te reël, meld aan by diestudenteportaalen gaan na Akademics > Graduation Ceremony > defer to March 2026.   

Die sperdatum vir die indiening van versoeke vir uitstel is Vrydag 21 November 2025.

Indien jy 'n module gedurende die tweede assesseringsgeleentheid (A3-assesseringstydperk van 20 November – 6 Desember 2025) slaag, sal jou kwalifikasie gedurende die Maart 2026-gradeplegtigheidsiklus toegeken word. Studente in hierdie kategorie hoef nie die absentia-vorm in te vul nie.