Breadcrumb
Akademiese drag
Die Universiteit Stellenbosch het in Desember 2024 sy dinamiese nuwe akademiese drag vir gradeplegtighede bekendgestel wat as 'n uitbreiding van die instelling se visuele identiteit dien. Dit is verpligtend om die korrekte akademiese drag vir jou gradeplegtigheid te dra. Akademiese drag vir die onderskeie plegtighede, foto's en privaat geleenthede sal vir alle graduandi en alumni by ons verskaffer, Dippenaar & Reinecke, op kampus te huur/te koop wees.
Vir inligting oor die huur van 'n toga vir die toewydingseremonie op die Tygerberg-kampus, klik op die Toewydingseremonie-oortjie vir die Fakulteit Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe.
Verhuringskoste
Vir meer inligting oor die verhuringsproses, die koste en die vorm wat jy moet voltooi, klik asseblief hier.
Riglyne vir akademiese drag (fakulteitskleure en kappies)
Vir meer inligting oor jou fakulteitskleure en kappie, klik hier.
Afhaal van jou akademiese drag
Dippenaar & Reinecke, die verskaffer van die US se akademiese drag, sal van Vrydag, 20 Maart tot Donderdag, 26 Maart 2026 by die Coetzenburg-atletiekstadion se verversingskiosk (nommer 2 op die parkeerkaart) beskikbaar wees.
| Datum | Tyd |
| Vrydag, 20 Maart 2026 | 09:00–15:00 |
| Saterdag, 21 Maart 2026 | 09:00–13:00 |
| Maandag, 23 Maart 2026 | 07:00–19:00 |
| Dinsdag, 24 Maart 2026 | 07:00–19:00 |
| Woensdag, 25 Maart 2026 | 07:00–19:00 |
| Donderdag, 26 Maart 2026 | 07:00–19:00 |
Kontakbesonderhede vir Dippenaar & Reinecke:
Telefoon: 012 343 2945/7
E-pos: [email protected]
Indien jy enige verdere hulp benodig, besoek asseblief die webblad vir gereelde vrae of stuur ’n e-pos na: [email protected].