Skip to main content
Photo by Stefan Els

Akademiese drag

Die Universiteit Stellenbosch het onlangs sy nuwe dinamiese akademiese drag vir gradeplegtighede bekendgestel wat as 'n uitbreiding van die instelling se visuele identiteit dien. Dit is verpligtend om die korrekte akademiese drag vir jou gradeplegtigheid te dra. Akademiese drag vir die onderskeie plegtighede, foto's en privaat geleenthede sal vir alle graduandi en diegene wat reeds gegradueer het, by ons verskaffer, Dippenaar & Reinecke, op kampus beskikbaar wees om te huur/te koop.

Vir inligting oor die huur van 'n toga vir die toewydingseremonie op die Tygerberg-kampus, klik op die toegewyde Fakulteit Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe-oortjie.  

Verhuringskoste 

Vir meer inligting oor verhuringsproses, die koste en die vorm wat jy moet voltooi, klik asseblief hier. 

Riglyne vir akademiese drag (fakulteitskleure en kappies) 

Vir meer inligting oor jou fakulteitskleure en kappie, klik hier. 

Afhaal van jou akademiese drag 

Dippenaar & Reinecke, die verskaffer van die US se akademiese drag, sal van Vrydag 5 Desember tot Vrydag 12 Desember by die Coetzenburg-atletiekstadion se verversingskiosk (reg langs die atletiekstadion) beskikbaar wees.

Datum 

Tyd 

Vrydag 5 Desember 2025 

09:00–15:00 

Saterdag 6 Desember 2025 

09:00–13:00 

Maandag 8 Desember 2025

07:00–19:00 

Dinsdag 9 Desember 2025

07:00–19:00 

Woensdag 10 Desember 2025

07:00–19:00 

Donderdag 11 Desember 2025 

07:00–19:00 

Vrydag 12 Desember 2025

07:00–19:00 

 

Kontakbesonderhede vir Dippenaar & Reinecke:   

Telefoon: 012 343 2945/7

E-pos: [email protected] 

Indien jy enige verdere hulp benodig, verwys asseblief na die gradeplegtigheid se gereelde vrae-bladsy of stuur ’n e-pos aan ons by [email protected].