Breadcrumb
Gradeplegtigheid gereelde vrae
Algemene vrae
- Kan ek my plegtigheid na Maart 2027 uitstel?
- Hoe kan ek aandui dat ek nie die gradeplegtigheid gaan bywoon nie? (Dit beteken jy sal in absentia gradueer omdat jy jou gradueringdokumente moet ontvang)
- Hoe sal ek my gradueringsdokumente (sertifikaat en akademiese rekord) ontvang as ek nie die gradeplegtigheid bywoon nie (gradueer in absentia)?
- Hoe verander ek my woonadres?
- Wanneer sal ʼn student wat in absentia gradueer, hulle gradueringsdokumente ontvang?
- Hoe kan ek my gradueringsdokumente naspoor?
- Kan ek aansoek doen om self my gradueringsdokumente te kom afhaal indien ek nie my gradeplegtigheid bywoon nie (in absentia gradueer)?
- Ek het voor die sluitingsdatum ’n versoek ingedien om my gradueringsdokumente self te kom haal. Hoe kry ek toegang?
- Kan ek ʼn elektroniese afskrif van my akademiese dokumente (sertifikaat en rekord) versoek?
- Ek het uitstaande studieskuld. Sal ek my gradueringsdokumente ontvang?
- Sal my SUN-kaart en my rekenaarintekenbesonderhede verval?
Ongelukkig het jy nie die opsie om jou gradeplegtigheid tot 'n latere geleentheid uit te stel nie. Die gradeplegtighede van Maart 2026 maak deel uit van die 2025 gradereeks en die betrokke kohort graduati waaroor die US in ooreenstemming met die regulasies en vereistes van die Departement van Hoër Onderwys en Opleiding moet verslag doen. Graduandi wat nie hul Maart-gradeplegtigheid in 2026 bywoon nie, sal dus in absentia gradueer.
Meld aan by die studenteportaal. Klik op > Academics en > Graduation ceremony. Kies dan 'Nee' en dui ook aan of jy koerieraflewering verkies, of self jou gradueringsdokumente op kampus sal afhaal.
Voltooi asseblief die vorm voor 12:00 op Vrydag, 6 Maart 2026.
Ons wil jou aanmoedig om jou afwesigheid aan te dui deur die gradueer in absential-afdeling op die studenteportaal te voltooi.
As jy nie jou plegtigheid kan bywoon nie of aangedui het dat jy in absentia gaan gradueer, sal jou gradueringsdokumente deur DHL-koerierdiens by jou afgelewer word.
Die volgende geld vir plaaslike én internasionale graduandi:
- Gaan jou adres en kontakbesonderhede na: Verseker dat jou huidige woonadres en kontaknommers op die stelsel bygewerk is. DHL sal hierdie inligting vir aflewering gebruik.
- DHL sal jou skakel op die kontaknommer wat op ons stelsel verskyn om jou van die aflewering in kennis te stel.
- Woonadres: Maak seker dat jou woonadres korrek is op ons stelsel. Let asseblief daarop dat DHL nie dokumente by ’n posbusadres kan aflewer nie.
- Bywerkproses: Jy kan jou inligting op datum bring deur 'n versoek aan ons Kliëntedienssentrum te rig by [email protected] of skakel 021 808 9111.
- Werk asseblief jou besonderhede by teen Vrydag, 6 Maart 2026 om 12:00.
*Let asseblief daarop dat die Universiteit nie aanspreeklik gehou kan word vir verkeerde inligting (adresse en kontaknommers) op die stelsel wat daartoe kan lei dat DHL-koerierdiens dokumente by die verkeerde woonadres aflewer of omdat hulle jou weens 'n verkeerde of verouderde kontaknommer op die stelsel nie kon kontak om jou aflewering te bevestig nie.
’n Bykomende bedrag van R500,00 sal gehef word indien gradueringsdokumente wat verkeerd uitgereik is weens foutiewe besonderhede op die stelsel, heruitgereik moet word.
Graduandi wat nie hulle inligting teen die sperdatum bywerk nie, sal self aflewering met DHL-koerierdiens moet reël via https://www.dhl.com/za-en/home/get-a-quote.html.
Stuur asseblief 'n e-pos na [email protected] vir verdere navrae oor die aflewering van jou gradueringsdokumente.
Jy kan jou inligting op datum bring deur per epos 'n versoek te stuur aan ons Kliëntedienssentrum by [email protected] of bel 021 808-9111.
Maak seker dat jou besonderhede voor 12:00 op Vrydag, 6 Maart 2026 bygewerk word.
Verwagte afleweringsdatum vir plaaslike graduandi:
Gradueringsdokumente vir alle graduandi wat in Suid-Afrika woon, sal vanaf Donderdag, 2 April 2026 via DHL versend word. Let asseblief daarop dat Paasnaweek moontlik die aflewering van gradueringsdokumente kan beïnvloed.
1. Tydsraamwerk vir plaaslike aflewerings:
Plaaslike aflewerings kan tussen twee (2) tot vyf (5) werksdae neem, en ’n bietjie langer vir afgeleë gebiede.
2. Opsporing van jou dokumente:
Jy sal 'n opsporingsnommer via SMS ontvang. Die selfoonnommer op die studente-inligtingstelsel moet korrek wees om jou opsporingsnommer te kan ontvang.
3. Afleweringstydperk vir internasionale graduandi:
Jou akademiese dokumente sal vanaf Donderdag, 2 April 2026 met die DHL-koerierdiens aan jou gestuur word.
4. Tydsraamwerk vir internasionale aflewerings:
Dit neem ongeveer vyf (5) tot sewe (7) werksdae vir internasionale aflewerings, afhangende van waar jy woon.
5. Bywerking van jou adres en kontakbesonderhede:
Sorg asseblief dat jou huidige woonadres en kontaknommers op datum is op die stelsel. DHL sal hierdie inligting vir aflewering gebruik. Jy kan jou inligting bywerk deur voor Vrydag, 6 Maart 2026 om 12:00 'n e-pos te stuur na [email protected].
6. DHL sal jou kontak:
DHL sal jou op die kontaknommer op die stelsel skakel om jou van die aflewering in kennis te stel. Daarom moet jy verifieer dat jou woonadres en kontakbesonderhede op ons stelsel korrek is.
7. Posbusadresse:
DHL kan nie dokumente by posbusadresse wat op die stelsel geregistreer is, aflewer nie. Sorg dat jy die regte woonadres vir aflewering verskaf.
*Let asseblief daarop dat die Universiteit nie aanspreeklik gehou kan word vir verkeerde inligting (adresse en kontaknommers) op die stelsel wat daartoe kan lei dat DHL-koeriers dokumente by die verkeerde woonadres aflewer of omdat hulle jou weens ’n verkeerde of verouderde kontaknommer nie kon skakel om jou aflewering te bevestig nie.
’n Bykomende bedrag van R500,00 sal gehef word indien gradueringsdokumente weens foutiewe besonderhede op die stelsel, heruitgereik moet word.
Dit bly jou verantwoordelikheid om te verseker dat jou besonderhede voor die sluitingsdatum van Vrydag, 6 Maart 2026 om 12:00 op die stelsel bygewerk word.
*Graduandi wat nie hulle inligting betyds bywerk nie, sal self met DHL-koeriers reëlings vir aflewering moet tref via https://www.dhl.com/za-en/home/get-a-quote.html.
Rig asseblief verdere navrae per e-pos aan [email protected].
DHL (plaaslike en internasionale aflewerings): https://www.dhl.com/za-en/home/tracking.html
Gebruik jou geleibriefnommer (opsporingsnommer) wat jy per SMS ontvang het as verwysing.
Indien jy nie ’n opsporingsnommer ontvang het nie, kan jy die US se Kliëntedienssentrum by [email protected] of by +27 21 808 9111 kontak om jou opsporingsnommer te bekom sodat jy sélf jou aflewering kan naspoor.
Indien jy nie die gradeplegtigheid kan bywoon nie en wil aansoek doen om self jou gradueringsdokumente te kom haal, kan jy hierdie stappe volg:
- Meld aan by die studenteportaal > Academics > Graduation ceremony > kies Nee om nie jou plegtigheid by te woon nie > kies self afhaal.
- Die sperdatum om aansoek te doen om self jou dokumente te kom haal, is Vrydag, 6 Maart 2026 voor 12:00. Geen verdere versoeke sal na hierdie datum aanvaar word nie, aangesien die dokumente verpak en na die inligtingstoonbank gestuur word vir afhaal.
Jy kan jou dokumente van Maandag, 30 Maart tot 30 Junie 2026 jou dokumente by die Kliëntediensinligtingstoonbank in die Anorganiese Chemiegebou (nommer 4 op die kampuskaart) in Bosmanstraat, Stellenbosch kom afhaal.
Kantoorure: weeksdae van 08:00 tot 16:30
As jy enige verdere vrae het of hulp benodig, kontak die inligtingstoonbank [[email protected]].
Indien jy voor die sluitingsdatum 'n versoek ingedien het, geld die volgende proses om jou dokumente af te haal:
- Plek waar dokumente afgehaal moet word:
Jou gradueringsdokumente word verpak en sal van 30 Maart tot 30 Junie 2026 afgehaal kan word by die Kliëntediens-inligtingstoonbank in die Anorganiese Chemiegebou (nommer 4 op die kampuskaart) in Bosmanstraat, Stellenbosch. Kantoorure: weeksdae van 08:00 tot 16:30. - Vereistes vir die afhaal van jou dokumente:
Om die dokumente self te kom afhaal, moet jy 'n duidelike, herkenbare foto van jou en jou studentenommer as bewys van identiteit lewer. - Afhaal deur ’n derde party:
As iemand anders die dokumente namens jou kom afhaal, moet hulle oor 'n getekende toestemmingsbrief beskik wat hulle toestemming gee om die dokumente namens jou te kom haal. Die brief moet die persoon se toepaslike identifikasiebesonderhede, jou kontaknommer en die datum van afhaal insluit. Maak asseblief seker dat die brief onderteken is.
Deur hierdie stappe te volg, kan jy toegang verkry en jou gradueringsdokumente gedurende die aangewese tye kom afhaal.
Indien jy enige verdere vrae het of hulp benodig, kontak gerus [email protected].
Ja, jy kan. Ons kan egter slegs jou akademiese transkrip verskaf nadat jou graad by jou betrokke gradeplegtigheid toegeken is.
- Graduandi wat voor hulle gradeplegtigheid dringend bewys benodig dat hul kwalifikasie suksesvol voltooi is, kan 'n verklaring wat dit bevestig per e-pos aanvra: [email protected]. Sluit asseblief jou US-studentenommer en jou identiteitsnommer in, en dui aan of jy die verklaring in Engels of Afrikaans wil ontvang.
- Graduati wat dringend afskrifte van hulle akademiese dokumente benodig, kan 'n elektroniese kopie van hul dokumente per epos versoek: [email protected]. Spesifiseer asseblief jou behoefte in die onderwerpreël (asook jou studentenommer) deur een of albei van die onderstaande aan te dui:
- Akademiese rekord en/of
- Graadsertifikaat
Indien jy uitstaande gelde het, kan jy steeds jou gradeplegtigheid bywoon, maar die volgende voorwaardes sal geld:
- Die koker wat jy by die plegtigheid sal ontvang, sal nie jou amptelike gradueringsdokumente bevat nie, maar wel 'n brief wat versoek dat die uitstaande saldo op jou studenterekening vereffen word. Jou gradueringsdokumente sal uitgereik word sodra jou rekening ten volle betaal is.
- Om te verseker dat jy jou gradueringsdokumente by jou Maart-plegtigheid sal ontvang, vereffen asseblief enige uitstaande bedrag op jou rekening voor Vrydag, 13 Maart 2026 om 12:00.
- Indien jy 'n uitstaande saldo het en deur die Nasionale Finansiële Hulpskema vir Studente (NSFAS) gefinansier word, sal jou koker slegs jou akademiese rekord bevat. Die Afdeling Finansies sal jou graadsertifikaat beskikbaar stel sodra NSFAS die rekening vereffen.
Kontak asseblief Adri Jooste by [email protected] indien jy jou studenterekening op die dag of ná die Maart-gradeplegtigheid vereffen het om jou gradueringsdokumente te bekom.
Reëlings om jou gradueringsdokumente af te haal, moet vooraf met me Jooste by Studenterekeninge getref word.
Indien jy verdere hulp benodig, kontak asseblief Studentegelde per e-pos ([email protected]) of skakel 021 808 4521 / 4913
Ja, jou SUN-kaart en rekenaar-aanmeldbesonderhede verval op 31 Maart 2026.
Wat jou elektroniese dienste soos e-pos en data betref, is daar is 'n paar administratiewe take waaraan jy sal moet aandag gee voordat jy die Universiteit Stellenbosch verlaat. Lees hier wat jy behoort te doen voordat jou rekening gedeaktiveer word.