Skip to main content
Photo by Stefan Els

Gradeplegtigheid gereelde vrae

Algemene vrae

Ja, jy kan. Indien jy kwalifiseer om in Desember 2025 te gradueer, kan jy jou gradeplegtigheid tot Maart 2026 uitstel. As jy sou kies om dit te doen, sal jy nie in Desember jou kwalifikasiesertifikaat ontvang nie.

Teken aan by die studenteportaal > Academics > Graduation ceremony > defer to March 2026.

Jy moet jou afwesigheid van gradeplegtigheid afdeling op die studente portaal voltooi teen Vrydag, 21 November 2025.

Let verder daarop dat indien jy ’n module gedurende die A3-assesseringstydperk (20 November–6 Desember 2025) aflê en slaag, jou kwalifikasie outomaties by die Maart 2026-gradeplegtigheid toegeken sal word. Studente in hierdie kategorie hoef nie die ‘gradueer in absentia’-vorm in te vul nie.

Om dit te doen, moet jy aan by die studenteportaal aanmeld en na Academics > Graduation ceremony. Daar moet jy 'Nee' kies om jou gradeplegtigheid by te woon. Die vorm om hierdie reëlings aan te dui, sal in November beskikbaar wees.

Voltooi asseblief die vorm voor Vrydag 21 November 2025.

Ons wil jou aanmoedig om jou afwesigheid aan te dui deur die gradueer in absential-afdeling op die studenteportaal te voltooi.

As jy nie jou plegtigheid kan bywoon nie of aangedui het dat jy in absentia gaan gradueer, sal jou gradueringsdokumente deur DHL-koerierdiens by jou afgelewer word.

Die volgende geld vir plaaslike én internasionale graduandi:

  1. Gaan jou adres en kontakbesonderhede na: Verseker dat jou huidige woonadres en kontaknommers op die stelsel bygewerk is. DHL sal hierdie inligting vir aflewering gebruik.
  2. DHL sal jou skakel op die kontaknommer wat op ons stelsel verskyn om jou van die aflewering in kennis te stel.
  3. Woonadres: Maak seker dat jou woonadres korrek is op ons stelsel. Let asseblief daarop dat DHL sal nie dokumente by ’n posbusadres kan aflewer nie.
  4. Bywerkingsproses: Jy kan jou inligting bywerk deur 'n versoek aan ons Kliëntedienssentrum te rig by [email protected] of skakel 021 808 9111.
  5. Werk asseblief jou besonderhede teen Vrydag 21 November 2025 om 12:00 by.

*Let asseblief daarop dat die Universiteit nie aanspreeklik gehou kan word vir verkeerde inligting (adresse en kontaknommers) op die stelsel wat daartoe kan lei dat DHL-koerierdiens dokumente by die verkeerde woonadres aflewer of omdat hulle jou weens verkeerde of ou kontaknommers op die stelsel nie kon kontak om jou aflewering te bevestig nie.

’n Bykomendebedrag van R 500 sal gehef word indien gradueringsdokumente wat verkeerd uitgereik is weens foutiewe besonderhede op die stelsel, heruitgereik moet word. Dit is belangrik en bly jou verantwoordelikheid om jou besonderhede voor die sluitingsdatum (Vrydag 21 November) by te werk.

As graduandi nie hulle inligting teen die sperdatum bywerk nie, moet hulle self die aflewering met DHL-koerierdiens via https://www.dhl.com/za-en/home/get-a-quote.html reël.

Kontak [email protected] vir verdere navrae rakende die aflewering van jou gradueringsdokumente.

Jy kan jou adres soos volg verander:

Werk jou inligting by deur teen Vrydag, 21 November 2025 om 12:00 'n versoek aan ons Kliëntedienssentrum by [email protected] te rig.

Verwagte afleweringsdatum vir plaaslike graduandi:

Gradueringsdokumente vir alle graduandi wat in Suid-Afrika woon, sal vanaf Donderdag 18 Desember 2025 via DHL versend word.

1. Tydsraamwerk vir plaaslike aflewerings:

Die verwagte aflewering sal binne ’n maksimum van twee (2) tot vier (4) werksdae vir plaaslike aflewerings en ’n bietjie langer vir afgeleë gebiede geskied.

2. Naspeuring van jou dokumente:

Jy sal 'n opsporingsnommer via SMS ontvang. Dit is noodsaaklik om te verseker dat jou korrekte selfoonnommer op die stelsel verskyn om die opsporingsnommer te ontvang.

3. Afleweringstydperk vir internasionale graduandi:

Jou akademiese dokumente sal met DHL aan jou gestuur word en hulle sal dit vanaf Donderdag 18 Desember 2025 by jou deur aflewer.

4. Tydsraamwerk vir internasionale aflewerings:

Dit neem ongeveer vyf (5) tot sewe (7) werksdae vir aflewering, afhangende van waar jy woon.

5. Bywerking van jou adres en kontakbesonderhede:

Sorg asseblief dat jou huidige woonadres en kontaknommers bygewerk is op die stelsel. DHL sal hierdie inligting vir aflewering gebruik. Jy kan jou inligting bywerk deur [email protected] te kontak.

6. DHL sal jou kontak:

DHL sal jou op die kontaknommer wat op die stelsel voorsien word, skakel om jou van die aflewering in kennis te stel. Daarom moet jy verifieer dat jou woonadres en kontakbesonderhede korrek op ons stelsel verskyn.

7. Posbusadresse:

DHL kan nie dokumente by posbusadresse wat op die stelsel geregistreer is, aflewer nie. Sorg dat jy die regte woonadres vir aflewering verskaf.

*Let asseblief daarop dat die Universiteit nie aanspreeklik gehou kan word vir verkeerde inligting (adresse en kontaknommers) op die stelsel wat daartoe kan lei dat DHL-koeriers dokumente by die verkeerde woonadres aflewer of omdat hulle jou weens ’n verkeerde of ou kontaknommer op die stelsel nie kon skakel om jou aflewering te bevestig nie.

’n Bykomende bedrag van R 500 sal gehef word indien gradueringsdokumente wat verkeerd uitgereik is weens foutiewe besonderhede op die stelsel, heruitgereik moet word.

Dit is belangrik en bly jou verantwoordelikheid om toe te sien dat jy jou besonderhede teen die sluitingsdatum aangedui hieronder (Vrydag 21 November 2025) op die stelsel bywerk.

*As graduandi nie hulle inligting teen die sperdatum bywerk nie, sal hulle hul eie reëlings vir aflewering met DHL-koeriers moet tref via https://www.dhl.com/za-en/home/get-a-quote.html

Kontak [email protected] vir verdere navrae.

Gebruik jou geleibriefnommer (opsporingsnommer) wat jy per SMS sal ontvang om jou pakkie met behulp van die DHL-webblad, https://www.dhl.com/za-en/home/tracking.html, na te spoor

Gebruik asseblief jou opsporingsnommer as ’n verwysing.

Indien jy nie ’n opsporingsnommer ontvang het nie omdat jy nagelaat het om jou kontaknommer op die stelsel te verander, kontak asseblief die SU Kliëntedienssentrum by [email protected] of by +27 21 808 9111 om jou opsporingsnommer te versoek sodat jy sélf jou aflewering kan naspeur.

Indien jy nie die gradeplegtigheid kan bywoon nie en wil aansoek doen om self jou gradueringsdokumente te kom haal, kan jy dit doen. Volg hierdie stappe om aansoek te doen:

  1. Teken in by die studenteportaal > Academics > Graduation ceremony > kies Nee vir bywoning van jou plegtigheid > kies self afhaal.
  2. Die sperdatum om aansoek te doen om self jou dokumente te kom haal, is Vrydag 21 November 2025. Geen verdere versoeke sal na hierdie datum aanvaar word nie, aangesien die dokumente verpak en na die inligtingstoonbank gestuur word vir afhaal.

Jy kan jou dokumente van Woensdag 17 Desember 2025 af jou dokumente by die Kliëntediensinligtingstoonbank in die Anorganiese Chemiegebou (nommer 4 op die kampuskaart) in Bosmanstraat, Stellenbosch kom afhaal.

Jy kan dit weeksdae tussen 08:00 en 16:30 afhaal.

Let asseblief daarop dat die US Woensdag 24 Desember 2025 om 12:00 sluit en weer Maandag 5 Januarie 2026 open.

As jy enige verdere vrae het of hulp benodig, kontak die inligtingstoonbank [[email protected]].

Indien jy voor die sluitingsdatum 'n versoek ingedien het, geld die volgende proses om toegang te verkry om jou dokumente af te haal:

  1. Plek waar dokumente afgehaal moet word:
    Jou gradueringsdokumente word van Woensdag 18 Desember 2025 verpak en sal weeksdae tussen 08:00 en 16:30 by die Kliëntediensinligtingstoonbank in die Anorganiese Chemiegebou (nommer 4 op die kampuskaart) in Bosmanstraat, Stellenbosch beskikbaar wees vir afhaal.
  2. Vereistes vir die afhaal van jou dokumente:
    Om die dokumente self te kom afhaal, moet jy 'n duidelike, sigbare foto van jou en jou studentenommer as bewys van identiteit lewer.
  3. Afhaal deur ’n derde party:
    As iemand anders die dokumente namens jou kom afhaal, moet hulle oor 'n toestemmingsbrief beskik wat hulle toestemming gee om dit namens jou te kom haal. Die brief moet hulle toepaslike identifikasiebesonderhede, jou kontaknommer en die datum van afhaal insluit. Maak asseblief seker dat die brief onderteken is.

Deur hierdie stappe te volg, kan jy toegang kry en jou gradueringsdokumente gedurende die aangewese tye kom afhaal.

Indien jy enige verdere vrae het of hulp benodig, kontak gerus [email protected].

Ja, jy kan. Ons kan egter slegs jou akademiese transkripsie verskaf nadat jou graad by jou betrokke gradeplegtigheid toegeken is.

Indien jy dringend afskrifte van jou akademiese rekord benodig, kan ʼn versoek aan [email protected] stuur om ʼn elektroniese afskrif van jou akademiese rekord te ontvang. Spesifiseer asseblief jou behoefte in die onderwerpreël (asook jou studentenommer) deur een of albei van die onderstaande aan te dui:

  1. Akademiese rekord en/of
  2. Graadsertifikaat

Indien jy uitstaande gelde het, kan jy steeds jou gradeplegtigheid bywoon, maar die volgende voorwaardes sal geld:

  • Die koker wat jy by die plegtigheid sal ontvang, sal nie jou amptelike gradueringsdokumente bevat nie, maar 'n herinnering om die uitstaande saldo op jou studenterekening te vereffen. Ons sal jou gradueringsdokumente uitreik sodra jou rekening ten volle betaal is.
  • Om te verseker dat jy jou gradueringsdokumente by jou plegtigheid ontvang, vereffen asseblief enige uitstaande bedrag op jou rekening teen Vrydag, 21 November 2025 om 12:00.
  • Indien jy 'n uitstaande saldo het en deur die Nasionale Finansiële Hulpskema vir Studente (NSFAS) gefinansier word, sal jou koker slegs jou akademiese rekord bevat. Ons sal jou graad/diploma/sertifikaat uitreik sodra NSFAS die rekening vereffen.

Kontak asseblief Adri Jooste by [email protected] indien jy jou studenterekening op of ná die Desember 2025 -gradeplegtigheid vereffen het.

Reëlings om jou gradueringsdokumente af te haal, moet vooraf met Jooste by Studenterekeninge getref word.

Rig asseblief verdere opvolgversoeke aan [email protected] of skakel 021 808 4521 / 4913

Ja, jou SUN-kaart en rekenaarintekenbesonderhede verval op 31 Maart 2026.

Kopieer al jou data vanaf die H-skyf en eenskyf na ’n eksterne hardeskyf of ander wolk-stoorplek. Stoor data of stuur jou e-posse na ’n persoonlike e-posadres.