Breadcrumb
Eredoktorsgrade
Die Universiteit ken jaarliks eredoktorsgrade toe aan buitengewone individue wat hulself in hul onderskeie velde onderskei het en ‘n betekenisvolle bydrae tot die samelewing gelewer het.
Dié kandidate is deur ‘n intensiewe proses aangewys, met elke benoeming wat deur beide die Senaat en die Universiteitsraad bekragtig is. Die jongste groep eredoktorsgrade is op 29 September deur die US se Raad goedgekeur.
Eredoktorsgrade sal aan die volgende individue by die Desember 2025-gradeweek toegeken word:
Colin Deiner:
Deiner, die Wes-Kaapse provinsiale regering se Hoofdirekteur: Rampbestuur en Brand- en Reddingsdienste, word internasionaal erken vir sy uitgebreide kundigheid in rampbestuur en -reaksie. Hy sal die graad Doktor in Ingenieurswese (DEng), honoris causa, ontvang. Deiner het Suid-Afrikaanse soek- en reddingspanne na rampgeteisterde gebiede oor die land heen en in die buiteland gelei. Hy het ook die droogterampveldtog (Dag Zero) in die Wes-Kaap en die nie-mediese komponent van die Covid-19 provinsiale reaksie gekoördineer.
Chris Otto
Otto, ’n alumnus van die US, sal die graad Doktor in die Regte (LLD), honoris causa ontvang. Hy was ‘n medestigter van die PSG Groep en Capitec Bank. Otto is ook die stigtersvoorsitter van die Stellenbosch Regsfakulteit Trust wat betrokke was by die vestiging van die Leerstoel in Sosiale Geregtigheid, die Gys Steyn-leerstoel in Finansiële Reguleringsreg, en die Leerstoel in Stedelike Reg en Volhoubaarheidsbestuur.
Prof Salim Safurdeen Abdool Karim
Abdool Karim, ‘n gerekende epidimioloog, sal die graad, Doktor in die Wetenskappe (DSc) (Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe), honoris causa, ontvang. Tydens die Covid-19-pandemie het hy ‘n leidende rol gespeel in die Covid-19-reaksie en wetenskaplike kundigheid verskaf oor genetiese mutasies in SARS-CoV-2 wat tot nuwe variante lei. Abdool Karim is tans die direkteur van die Sentrum vir die Vigs-navorsingsprogram in Suid-Afrika (CAPRISA) en CAPRISA-professor van globale gesondheid by Colombië-Universiteit, New York. Hy is ook die Viserektor: Navorsing by die Universiteit van KwaZulu-Natal.