Skip to main content
Photo by Stefan Els

Spesiale reëlings

Voltooi asseblief vóór Vrydag, 13 Maart 2026 ons versoekvorm indien jy fisies nie in staat is om oor die verhoog te beweeg nie (byvoorbeeld graduandi in rolstoele of met beserings) of ons hulp met enige van die volgende benodig:

  • spesiale reëlings om gesondheidsredes;
  • vir die bespreking van 'n rolstoelplek langs 'n metgesel se sitplek;
  • graduandi met 'n gesiggestremdheid wat die hulp van ’n gids benodig; of
  • die dienste van 'n Suid-Afrikaanse Gebaretaaltolk wat by jou of jou gaste sal sit.

 

Stuur asseblief 'n e-pos aan ons by [email protected] indien jy verdere hulp benodig.