Skip to main content
Photo by Stefan Els

Gradueer in absentia

Indien jy nie jou gradeplegtigheid kan bywoon nie, het jy tot Vrydag 21 November 2025 om reëlings te tref om in absentia te gradueer.

Hoe om aan te dui dat jy in absentia gradueer:

Om dit te doen, meld aan by die studenteportaalen gaan na Akademics > Graduation ceremony > kies Nee vir bywoning van jou gradeplegtigheid > kies óf koerieraflewering óf self afhaal.

Verkeerde persoonlike inligting wat op dokumente verskyn  

Jy moet so gou moontlik jou persoonlike inligting (naam of name en van) op jou studenteprofiel bevestig, aangesien die besonderhede wat ons op rekord het, op jou gradueringsdokumente sal verskyn. Indien jy versuim om jou besonderhede te bevestig of by te werk en jou dokumente met die verkeerde persoonlike inligting by jou opdaag, sal 'n bykomende bedrag van R500 gehef word vir die heruitreiking van die dokumente. Ons sal jou ook versoek om 'n koerier te reël.

Koerieraflewering 

Let asseblief daarop dat koerieraflewering die Universiteit Stellenbosch se verstekopsie is. Daarom sal ons outomaties jou gradueringsdokumente laat koerier indien ons nie teen Vrydag 21 November 2025 'n ander opdrag ontvang het nie en jy afwesig is by jou gradeplegtigheid. 

Ons sal jou gradueringsdokumente na afloop van die gradeweek koerier. Jou verstek-koerieradres sal die woonadres op jou studenteprofiel wees. Om jou dokumente by 'n ander adres te ontvang, voer asseblief die besonderhede in die spasie daarvoor op die studenteportaal in.  

Hou asseblief in gedagte dat die Universiteit se koerierdiens, DHL, nie by 'n posbusadres kan aflewer nie.

Klik hier vir meer besonderhede oor koerieraflewering. 

Self afhaal 

Indien jy gekies het om jou gradueringsdokumente self te kom afhaal, sal jou dokumente verpak word en vanaf Dinsdag 16 Desember 2025 tot Vrydag 13 Februarie 2026 gereed wees vir afhaal by die Kliëntediensinligtingstoonbank in die Anorganiese Chemiegebou. Neem asseblief kennis dat US op 24 Desember 2025 om 12:00 sluit en op Maandag 5 Januarie 2026 weer open.
Jy kan jou gradueringsdokumente op enige weeksdag tussen 08:00 en 16:30 afhaal.

Verdere besonderhede oor koerieraflewering van jou gradueringsdokumente 
Adres en kontakbesonderhede 

Indien jy aangedui het dat jy koerieraflewering verkies, sal DHL jou gradueringsdokumente by jou aflewer, hetsy plaaslik of in die buiteland. Die verstekadres sal die woonadres op jou studenteprofiel wees. Om te verseker dat jy jou dokumente so gou moontlik ontvang, maak asseblief seker dat ons jou korrekte besonderhede en kontaknommer het 

Die Universiteit kan ongelukkig nie verantwoordelikheid aanvaar vir verkeerde, laat of geen aflewering indien jy nie jou adres en kontakbesonderhede op ons stelsel bygewerk het nie. 

Maak asseblief seker dat jou korrekte besonderhede en kontaknommer op ons stelsel verskyn. 

Om jou besonderhede by te werk, stuur asseblief teen Vrydag 21 November 2025 'n e-pos aan ons by [email protected].

Tydsraamwerke van aflewering  

Ons sal vanaf Donderdag 18 Desember 2025 gradueringsdokumente begin versend. Plaaslike aflewerings neem gewoonlik tussen twee en vyf werksdae, hoewel aflewerings na afgeleë gebiede effens langer kan neem. 

Internasionale versendings kan tot sewe werksdae neem, afhangende van jou ligging.

Naspeuring en kennisgewing van jou aflewering 

DHL sal vir jou 'n SMS stuur met jou DHL-opsporingsnommer en hulle sal jou op jou selfoon kontak om jou van die aflewering te verwittig. Daarom doen ons 'n beroep op jou om teen Vrydag 21 November 2025 seker te maak jou korrekte nommer verskyn op ons stelsel.

Verkeerde of geen aflewering nie 

*Let asseblief daarop dat die Universiteit nie aanspreeklik gehou sal word vir verkeerde besonderhede (adresse en kontaknommers) op die stelsel wat daartoe kan lei dat DHL-koerierdienste by die verkeerde woonadresse aflewer of weens verkeerde kontaknommers nie gegradueerdes kan kontak om aflewering te bevestig nie.

Jy sal 'n bykomende bedrag van R500,00 moet betaal vir enige gradueringsdokumente wat weens verkeerde besonderhede op die stelsel verkeerd is en heruitgereik moet word.

Vir verdere navrae oor die aflewering of naspeuring van jou gradueringsdokumente, skakel DHL by 021 872 4717. Vir ander hulp, stuur gerus 'n e-pos aan ons by [email protected].