Breadcrumb
Ontdek die Universiteit Stellenbosch
Die Universiteit Stellenbosch (US) is 'n toonaangewende Afrika-universiteit met diep plaaslike wortels en 'n wêreldwye reikwydte.
Forward together,
Sonke siya phambili,
Saam vorentoe
Die US is al vir meer as 'n eeu lank 'n katalisator vir kennis, innovasie en transformasie en dien as 'n ware aanwins vir Suid-Afrika, die vasteland en die wêreld. Ons is verbind tot uitnemendheid, inklusiwiteit en samewerking, die lewering van navorsing met impak en die opvoeding van toekomsgereed gegradueerdes wat toegerus is om in hulle loopbane te floreer, komplekse uitdagings te konfronteer en positiewe verandering in die samelewing te dryf.
In ons wese is ons 'n navorsingsintensiewe instelling wat groot waarde aan ontdekking, kreatiwiteit en vennootskap heg. Ons dinamiese akademiese gemeenskap word deur die waardes van uitnemendheid, deernis, billikheid, respek en aanspreeklikheid gerig. Ons streef daarna om rats en responsief te wees en 'n kultuur te bevorder waar studente, personeel en vennote saam kennis nastreef, 'n nuwe toekoms ontsluit en tot die bevordering en vooruitgang van die samelewing bydra.

Akademiese uitnemendheid
By die US bied ons 'n wye verskeidenheid hoogs aangeskrewe programme oor tien fakulteite aan, gelei deur bekende akademici en ondersteun deur fasiliteite van wêreldgehalte.
Internasionale erkenning
Ons Universiteit word deurgaans onder die topuniversiteite wêreldwyd gereken en word vir sy navorsingsuitsette, innovasie en internasionale vennootskappe erken.
Navorsing en innovasie
Ons instelling is die tuiste van verskeie navorsingsinstitute en sentrums van uitnemendheid wat baanbrekerswerk doen en oplossings vir maatskaplike uitdagings dryf.
Studente-ervaring
Ons strewe by die US daarna om 'n transformerende, studentgesentreerde ervaring, met omvattende ondersteuning, 'n dinamiese kampuslewe en 'n sterk fokus op persoonlike groei te bied.
Volhoubaarheid en sosiale impak
Ons Universiteit verbind hom tot sistemiese volhoubaarheid en dra plaaslik en wêreldwyd aktief by tot ekologiese, sosiale en ekonomiese ontwikkeling, plaaslik en wêreldwyd.
Alumni network
Ons spog met 'n wêreldwye gemeenskap van meer as 200 000 alumni en ons behou sterk bande en bied geleenthede vir lewenslange betrokkenheid.

Gerig deur ons visie
om Afrika se voorste navorsingsintensiewe universiteit te wees wat wêreldwyd as uitnemend, inklusief en innoverend erken word en waar ons kennis tot diens van die samelewing bevorder.

Standvastig in ons missie
as 'n navorsingsintensiewe universiteit wat uitmuntende studente lok, talentvolle personeel aanstel en 'n wêreldklasomgewing bied; 'n plek wat met die wêreld verbind is en gemeenskappe plaaslik, op die vasteland en in die res van die wêreld verryk en transformeer.

Gelei deur ons waardes
Uitnemendheid: Ons streef na die hoogste standaarde in onderrig, leer en navorsing.
Deernis: Ons sorg vir mekaar en ondersteun mekaar.
Verantwoordbaarheid: Ons neem verantwoordelikheid.
Respek: Ons waardeer waardigheid en diversiteit.
Billikheid: Ons bevorder billikheid, inklusiwiteit en gelyke geleenthede vir almal.
Ons kampusse
Ons kampusse is ontwerp om verwelkomend, veilig en tegnologies geaktiveer te wees en meng historiese sjarme met die nuutste hulpbronne.
Studente en personeel geniet regoor ons vyf kampusse – Stellenbosch, Tygerberg, Bellvillepark, Saldanha en Worcester – toegang tot moderne lesingsale, moderne laboratoriums, uitgebreide biblioteke, gevorderde IT-infrastruktuur en inspirerende ruimtes vir samewerking en ontspanning.

Stellenbosch-kampus
Geleë in die geskiedkundige Stellenbosch met sy lanings eikebome wat die strate pryk, 50 km vanaf Kaapstad, is dit die oudste en grootste van ons kampusse. Dit huisves die hoofadministratiewe sentrum, nege van sy tien akademiese fakulteite, twee konsertsale, 'n teater met 430 sitplekke, 31...

Bellvillepark-kampus
Die Bellvilleparkkampus, die tuiste van die Stellenbosch Besigheidskool en ander nagraadse sake- en beplanningsprogramme, is in Tygervallei, halfpad tussen Stellenbosch en Kaapstad se middestad geleë.

Tygerberg-kampus
Hierdie kampus, geleë in Bellville, 20 km vanaf Kaapstad se middestad, is die tuiste van ons Fakulteit Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe en sluit die Tygerberg akademiese hospitaal in. Dit is ook die tuiste van die nuwe Biomediese Navorsingsinstituut wat aan die voorpunt van navorsing staan.

Saldanha-kampus
Die Saldanha-kampus is geleë aan die Weskus, 150 km vanaf Kaapstad en 170 km vanaf Stellenbosch, en huisves ons Fakulteit Krygskunde en is deel van die Suid-Afrikaanse Militêre Akademie.

Worcester-kampus
Hierdie nuutste en kleinste van ons vyf kampusse bied ons Geneeskunde- en Gesondheidswetenskappe-studente blootstelling aan 'n landelike gesondheidsorgomgewing deur die Ukwanda Landelike Kliniese Skool. Die kampus is aangrensend aan die Worcester-streekshospitaal en 'n spesialis...