Skip to main content

US Visie en Strategie

Website collage

By die Universiteit Stellenbosch (US) is ons ten volle verbind tot die nastrewing van kennis, navorsing en innovering. Ons bied ’n sentrum van leer en ontwikkeling wat wêreldklas en globaal relevant is, en terselfdertyd in die opheffing en transformasie van ons plaaslike gemeenskappe veranker is.

Die US Visie en Strategie word gerig deur Visie 2040 en ons Strategiese Raamwerk. Visie 2040 is ’n samevatting van die US se visie- en missiestelling, waardes, kenmerke en instaatstellers, terwyl die Strategiese Raamwerk aandag skenk aan die Universiteit se strategiese temas wat die US se kernbedrywighede en sleutelbelanghebbendes insluit.

Ons institusionele doelwitte en doelstellings word in ons Strategieplan 2026-2030 vasgelê en bied die raamwerk vir ons jaarlikse beplanningsiklusse, asook alle implementeringsplanne wat daarop volg.

Hoe ons strategie verbind – ons drievlakkige benadering tot strategiebeplanning

Three-tier approach graphic

’n Oorsig van die Strategiese Raamwerk

Drie onderling-gekoppelde prioriteite verskaf ’n strategiese lens vir holistiese institusionele transformasie wat ons ses kern strategiese temas beklemtoon. Hierdie foci is:

  • Akademiese uitnemendheid
  • Mense, prosesse en kultuur
  • Vennootskappe en volhoubaarheid

Strategy-plan graphics