Die Biblioteek nooi hiermee graag nagraadse studente, opkomende navorsers en akademiese personeel om die #SmartResearcher werkswinkels by te woon wat plaasvind gedurende Maart 2026.
Wil jy graag jou Engelse grammatika verbeter en jou kennis van die taal uitbou? Sluit aan by hierdie kursus en verfyn jou kommuniksievaardighede verder.
Doeltreffende Kommunikasie vir Dosente is ’n praktiese werksessie wat dosente help om selfvertroue in openbare redevoering en aanbiedings te ontwikkel binne onderrig-, navorsings- en professionele kontekste. Deur ’n kombinasie van teorie en praktiese oefeninge ontwikkel deelnemers vaardighede om spreekangs te bestuur, aanbiedings duidelik te struktureer, stem en lyftaal effektief te gebruik, en met selfvertroue in aanlyn omgewings te kommunikeer. Die werksessie word gefasiliteer deur die ervare media-afrigter Vicky Davis en bied persoonlike terugvoer in ’n ondersteunende leeromgewing, met die doel om ’n unieke en selfversekerde aanbiedingstyl te ontwikkel
Die Rektor en Visekanselier van die Universiteit Stellenbosch, Professor Deresh Ramjugernath, nooi u hartlik uit na die Frederik Van Zyl Slabbert Instituut se 15de bestaansviering van uitnemende studenteleierskap, asook die jaarlikse Frederik Van Zyl Slabbert-erelesing wat deur die Sentrum vir Studentelewe en leer aangebied word.
Sluit by ons aan vir die 20ste Jaarlikse Menseregtelesing, "'n Reg om Aan te Bly: Ruimtelike Geregtigheid en 'n Transformatiewe Benadering tot Behuisingsregte", aangebied deur Regter Rammaka Steven Mathopo.