Skip to main content

Ope Dag: Fisika buite die klaskamer

Datum: 17 Junie 2026 13:30 - 17 Julie 2026 16:30
Voeg by jou kalender: Google | Apple | Outlook

Kontakbesonderhede

Jane Dai and Stephan Jonker

Ontdek die Heelal tydens die Fisika Departement se Opedag! Sluit by ons aan in die Merensky-gebou om opwindende navorsing te besigtig - van fundamentele deeltjies tot die enorme struktuur van die Heelal. Almal is welkom - leerders, hul onderwysers en ouers en die algemene publiek.

Sprekers van al ons navorsingsfokusareas - Sterrekunde en Astrofisika, Teoretiese Fisika, Laserfisika en Kernfisika - sal inligting verskaf oor hul onderskeie velde, studie-opsies en huidige navorsing. Gaste sal ook die geleentheid hê om interaktiewe fisika-demonstrasies te verken en deel te neem aan begeleide toere van ons laboratoriums. Die navorsers en studente wat die laboratoriumuitstalling en begeleide toere lei, sal beskikbaar wees tydens die verversingsessie om vrae te beantwoord en te gesels oor hoe dit is om fisika te studeer, asook hul eie navorsing en loopbaangeleenthede.

Die Fakulteit Natuurwetenskappe se studente- en akademiese sakekoördineerder sal inligting verskaf oor toelating- en keuringsvereistes vir die Fisika-program en vrae beantwoord oor Fisika as 'n studierigting op universiteitsvlak.

Program

13:30-14:30 – Fisika?

Fisika waarvan niemand jou (nog) vertel het nie

Meer oor die Departement Fisika, ons navorsing, uitreik-inisiatiewe, en die vele geleenthede wat Fiska jou bied. 

14:30-15:30 – In die labs

Verken die Merensky se labs

Verken ons navorsingfasiliteite en laboratoriums, ervaar Fisika in aksie en ontmoet die mense agter die wetenskap.  

15:30-16:30 – Meer as die vergelykings…

Ontmoet en gesels met ons

Geniet verversings en geselsmet personeel, studente en navorsers. Leer meer oor fisika as studierigting, loopbaangeleenthede en die alledaagse lewe in die departement.