Breadcrumb
Fakulteit Natuurwetenskappe
Ons ontwikkel Suid-Afrika se wetenskaplike, tegnologiese en intellektuele kapasiteit
Ons bou aan Suid-Afrika se wetenskaplike, intellektuele en tegnologiese vermoëns
Die Fakulteit Natuurwetenskappe is ’n vooraanstaande fakulteit vir opleiding en navorsing in die fisiese, biologiese en wiskundige wetenskappe. Met agt departemente, verskeie navorsingsentrums, institutte en navorsingsleerstoele bied ons ’n stimulerende akademiese omgewing waar studente op alle vlakke – van voorgraads tot nagraads – met komplekse wetenskaplike uitdagings werk en aangemoedig word om volhoubare oplossings te ontwikkel.
Jy leer om krities te dink wanneer jy wetenskaplike uitdagings aanpak, gebaseer op ’n stewige grondslag in die natuurwetenskappe. Met toegang tot gevorderde analitiese toerusting en moderne laboratoriumfasiliteite kry jy volop geleenthede vir praktiese opleiding en die ontwikkeling van jou analitiese vaardighede – sodat jy hierdie uitdagings met insig en selfvertroue kan benader.
Dit wat ons uniek maak
Die Fakulteit Natuurwetenskappe het 'n sterk etos van navorsingsuitnemendheid en lewer 'n belangrike bydrae tot die samelewing deur navorsingsuitsette met impak deur bekroonde navorsers. In hierdie omgewing berei ons studente voor vir die moderne arbeidsmark en om impakvolle loopbane in wetenskap en tegnologie te kan hê.
Voorgraadse programme
Die Fakulteit Natuurwetenskappe bied diverse voorgraadse programme in die biologiese, fisiese en wiskundige wetenskappe aan. Ons buigsame graadprogramme berei studente voor vir die moderne wêreld van werk en rus hulle toe met die nodige vaardighede vir die 21ste eeu. Ons bied 'n unieke, persoonsgerigte studente-ervaring wat dien as 'n katalisator vir transformerende verandering.
Nagraadse programme
In ons nagraadse programme streef ons na 'n gesonde balans tussen basiese en toegepaste navorsing, met inagneming van die behoeftes van die Suid-Afrikaanse gemeenskap in die algemeen. Ons is voorstanders van ʼn multidissiplinêre benadering op nasionale en internasionale vlak, en oor vak-, fakulteits- en ander grense heen. Navorsing word ondersteun deur verskeie sentrums, analitiese fasiliteite en institute onder die beskerming van ons ag akademiese departemente.
Sosiale impak
Die Fakulteit Natuurwetenskappe is daartoe verbind om die kundigheid en kennis van ons navorsers en studente te gebruik om die samelewing te bevoordeel deur middel van etiese en volhoubare inisiatiewe en navorsingsprojekte. Ons werk ook saam met talle instellings om bewustheid van die belangrikheid van wetenskap en tegnologie in die samelewing te bevorder en aan te moedig.
Ons talle inisiatiewe weerspieël ons toewyding om wetenskaponderrig te verbeter, openbare begrip van wetenskap te bevorder en toekomstige geslagte wetenskaplikes te inspireer.
Hoof stories
Lees stories oor ons strewe na oplossings met impak, die bou van leergemeenskappe wat die nuutste tegnologieë benut, en ons uitsonderlike mense.
Persverklaring
Suid-Afrikaanse fynbos-grond lewer nuwe spesies grond bakterie
Mikrobioloë van die Universiteit Stellenbosch het ‘n nuwe spesies grond bakterie ontdek wat in die Kogelberg Natuurreservaat voorkom.
Dié nuwe spesies, genaamd...
Institusionele nuus
Prof Hafizah Chenia luister mikrobes se ‘gesprekke’ af om globale gesondheid te verbeter
Prof Hafizah Yousuf Chenia van die Departement Mikrobiologie in die Fakulteit Natuurwetenskappe het Dinsdag 23 Junie 2026 haar intreerede gelewer. Die titel van...
Toekennings en mylpale
US-wiskundige op pad na 75ste Lindau Nobelpryswennerbyeenkoms
Dr. Chevarra Hansraj is een van ses Suid-Afrikaanse wetenskaplikes wat deur die Akademie vir Wetenskap van Suid-Afrika, met die ondersteuning van die...
Komende geleenthede
Woon ons geleenthede by en ontdek, groei, leer en raak betrokke by ons gemeenskap.
Kontak ons FAKULTEIT NATUURWETENSKAPPE
Fisiese adres
Tweede vloer
AI Perold Gebou
Stellenbosch