Lasers – die toppunt van tegnologie wat bemagtig
Kontakbesonderhede
Sluit by ons aan by die Toyota Woordfees vir ’n nuwe reeks boeiende wetenskapskafeegesprekke met bekende wetenskapsjoernalis en skrywer, Engela Duvenage as moderator.
Stellenbosch Wetenskapskafee is ’n inisiatief van die Fakulteit Natuurwetenskappe aan die Universiteit Stellenbosch. Toegang is gratis.
Onderwerp
Net ’n speelding. ’n Oplossing op soek na ’n probleem. Só is die uitvinding van die eerste werkende laser in 1960 beskryf. Vandag is hierdie ongelooflike tegnologie ’n hoeksteen van moderne tegnologie – van telekommunikasie, gesigsherkenning en outonome motors, tot die afskiet van hommeltuie in oorlogones. In hierdie gesprek verken Engela Duvenage die grense van die (on)moontlike saam met laserfisici van die Stellenbosch Fotonika-instituut.
Sprekers
Prof. Pieter Neethling, Direkteur: Stellenbosch Fotonika-instituut, Universiteit Stellenbosch
Dr. Christine Steenkamp, Departement Fisika, Universiteit Stellenbosch
Dr. Gurthwin Bosman, Departement Fisika, Universiteit Stellenbosch