Meer as ’n honderd jaar van wetenskap
Die Fakulteit Natuurwetenskappe is 'n gevestigde en toonaangewende instelling met 'n trotse tradisie van onderrig en navorsing wat terugdateer na sy vroegste begin in 1866.
Die volgende afdeling gee 'n kort oorsig van sy vroeë geskiedenis, ontwikkelings sedert 1918, en die Fakulteit Natuurwetenskappe vandag, insluitend 'n lys van medaljewenners en Dekane van Natuurwetenskappe sedert 1918.
Die omvattende geskiedenis van die US se Fakulteit Natuurwetenskappe sedert 1866 is nou in teks en prente gedokumenteer in 'n volkleur-koffietafeluitgawe, getiteld 'n Besondere Denkwyse: Fakulteit Natuurwetenskappe, Universiteit Stellenbosch, 1918-2018.
A university is not a lecture theatre, or a library, or a laboratory: it is not a building or a place at all; its essence is a frame of mind; the true character of a university is the 'will to knowledge'.
- Prof. Samuel James Shand, 1918 (Hoof: Departement Geologie, 1911-1937)
Stuur 'n e-pos aan [email protected] indien u belangstel in 'n kopie van dié gedenkboek.
Vroeë geskiedenis
1866
Die oorsprong van die Fakulteit Natuurwetenskappe dateer terug tot 1866, toe kursusse in Wiskunde en Natuurwetenskappe deel uitgemaak het van die opleiding wat die Stellenbossche Gymnasium (vandag bekend as Paul Roos Gimnasium) aangebied het.
1874
Die tersiêre afdeling van die Gymnasium, die sogenaamde Arts Department, is in 1874 gevestig ná 'n verandering in wetgewing wat die vorige Board of Examiners met die University of the Cape of Good Hope vervang het.
1881
Die Arts Department “verkry kollege-status" en staan bekend as die Stellenbosch College.
1874
Die Skotse Professor George Gordon word as die eerste professor in wiskunde en natuurwetenskappe aangestel. Op daardie stadium was daar slegs twee professors in die Arts Department.
1875
Daar was slegs vyf studente geregistreer vir die BA-graad, waarvan slegs een gegradueer het.
1878
HJL du Toit word die eerste student in die Kaap van Goede Hoop wat 'n MA-graad in Wiskunde en Natuurkunde onder Professor Gordon se studieleiding verwerf het.
1886
Victoria College se Department of Language and Science is oorspronklik gehuisves in 'n klein geboutjie wat behoue gebly het op die hoek van Plein- en Ryneveldstraat in Stellenbosch. In 1893 het Prof William Thomson dit beskryf as “a two-roomed thatched cottage that leaked with every shower in winter". Die wetenskaplike toerusting vir sy Laboratory for Experimental Sciences is gestoor in twee muurkaste van 'n paar kubieke meter elk. In 1886 het die kollege verskuif na die Ou Hoofgebou.
1887
Die Kollege se naam verander na die Victoria College om Koningin Victoria se vyftigste jaar op die troon te vier.
1903
Die Ou Hoofgebou het gou te klein geword en in 1903, op inisiatief van Professor John Todd Morrison, is die Jan Marais Gebou vir Fisika voltooi.
Victoria College Senate 1904
1918
Die status van Victoria College verander na die Universiteit van Stellenbosch, met die Fakulteit van Wiskunde en Wetenskap as een van die vier fakulteite wat gevestig is in die nuwe instelling. In 1957 is die fakulteit herdoop na die Fakulteit Natuurwetenskappe.
Sedert 1918
1922
Toe die Universiteit van Stellenbosch in 1918 gestig is, was dissiplines soos Wiskunde, Toegepaste Wiskunde, Fisika, Chemie, Geologie, Plant- en Dierkunde reeds goed gevestig. In 1922 is die Departement Fisiologie gestig met Professor PJ Battaerd as hoof.
1925
Die Departement Huishoudkunde kom tot stand, met Me Ivy van der Merwe as dosent In 2001 het die ontbondeling van hierdie departement gelei tot 'n BSc-stroom in Tekstiel- en Polimeerwetenskap binne die Departement Chemie en Polimeerwetenskap.
1963
Uitdruk van die eerste rekenaarprogram wat deur die US se eerste elektroniese rekenaar, ’n IBM 1620, uitgevoer is.
1969/70
In 1969 het die Departement Wiskunde 'n eenjaarkurus in Rekenaarwetenskap ingestel en in 1970 is die Departement Rekenaarwetenskap gestig met Professor George Murray as die eerste departementshoof.
1974
The Department of Biochemistry was established in 1974 after the merger of the division biochemistry in the Department of Chemistry with the Department of Agricultural Chemistry. Professor JH Barnardt was the first head and Professor JL de Wit the first professor in this new department.
1995
Die Sentrale Analitiese Fasiliteite (SAF) kom tot stand met sewe groot analitiese instrumente. Vandag het navorsers en nagraadse studente toegang tot voorpunttegnologie wat analitiese apparaat aanbetref wat gesteun word deur hoogs opgeleide tegnici. Dit sluit in 'n CT skandeerder, DNS-opeenvolging, Elektronmikroskopie, Fluoresserende mikroskopie, Induktiefgekoppelde plasma-massaspektrometrie, en X-straal Fotoëlektron-spektroskopie, Massaspektrometrie, Neuromeganika en Kernmagnetiese resonansie.
1997
Die oorsprong van die Departement Mikrobiologie soos wat ons dit vandag ken, dateer van 1918 met navorsingaktiwiteite in die Departement Plantpatologie in die Fakulteit Agriwetenskappe. Die grootste gedeelte van die navorsing was gefokus om fungi van belang vir die landbousektor te isoleer en te bestudeer. In 1958 het Professor Hennie Louw die eerste Suid-Afrikaanse wetenskaplike geword om 'n PhD in Mikrobiologie te verwerf. In 1961 het die Departement van Plantsiektestudies (tans Plantpatologie) en Mikrobiologie twee afsonderlike akademiese departemente geword met Professor Louw as die eerste hoof van die nuwe Departement Mikrobiologie. In 1997 is die Departement Mikrobiologie by die Fakulteit Natuurwetenskappe ingelyf.
2000s
Oor die afgelope twee dekades het die departementele struktuur van die Fakulteit Natuurwetenskappe aansienlik verander ten einde by te hou met groeiende studentegetalle, veranderende akademiese behoeftes en internasionale tendense.
In die vroeë 2000s het die afsondelike Departement Botanie en Department Soölogie hulle navorsingfokusareas versterk deur saam te smelt en die veel groter Departement Plant- en Dierkunde te vorm.
Binne die Wiskundige Wetenskappe is groter sinergie tussen verskillende navorsingsareas in 2006 geskep deur die samesmelting van die individuele Departmente van Wiskunde, Toegepaste Wiskunde en Rekenaarwetenskap om die Departement Wiskundige Wetenskappe (Afdelings Wiskunde, Toegepaste Wiskunde, Rekenaarwetenskap) te vorm. Vóór 2006 het Toegepaste Wiskunde en Rekenaarwetenskap onder die Fakulteit Ingenieurswese geressorteer.
2004
Die DWT/NNS Sentrum van Uitnemendheid in Indringerbiologie het in 2004 in die Fakulteit Natuurwetenskappe tot stand gekom met Prof Steven Chown as die eerste direkteur. Hy is opgevolg deur Prof. Dave Richardson wat die Sentrum vanaf 2012 tot 2022) bestuur het. Die Sentrum is vandag deel van die Skool vir Klimaatstudies en staan sedert 2025 onder leierskap van Prof. Tatenda Dalu.
2006
In 2006 het die Fakulteit nog twee Sentrums van Uitnemendheid ryker geword: die Suid-Afrikaanse Sentrum vir Epidemiologiese Modellering en Analise (SACEMA) en die Nasionale Instituut vir Teoretiese Fisika (NITHeP). SACEMA is vandag deel van die Skool vir Datawetenskap en Rekenaardenke., terwyl NITheP in 2025 hervestig is as die Nasionale Instituut vir Teoretiese- en Berekeningswetenskappe (NITheCS) onder die direkteurskap van Prof. Francesco Petruccione.
2010
In 2010 is die Universiteit Stellenbosch se Waterinstituut (SUWI) gevestig ‒ 'n inisiatief van die toe dienende dekaan, Professor Eugene Cloete, ten einde die onderskeie waternavorsingsgroepe binne die groter universiteitsomgewing se werk te sinchroniseer. Onder die leierskap van Prof Gideon Wolfaardt (2014-2024), het SUWI dit ten doel gehad om die dryfkrag te wees agter die ontwikkeling van tegnologie en innovasie, en navorsing te bevorder om die uitdagings wat 'n waterskaars land in die gesig staar, die hoof te bied. Prof. Wesaal Khan is in 2024 as die nuwe direkteur aangestel.
Prof Louise Warnich word aangestel as dekaan van die Fakulteit Natuurwetenskappe, die eerste vroue dekaan in die fakulteit se geskiedenis. Sy dien vir twee termyne (2014-2024) en word opgevolg deur Prof. Burtram Fielding in April 2024.
Prof Hugh Patterton, 'n kenner op die gebied van bioinformatika, word aangestel om 'n Sentrum vir Bioinformatika en Berekeningsbiologie op die been te bring wat oor fakulteitsgrense heen sal funksioneer. Die instelling van die Humboldt Navorsingsleerstoel in Groot Data Analise by die Afrika Instituut vir Wiskundige Wetenskappe (AIMS) in 2017 het hierdie inisiatief verder versterk.
Die Fakulteit Natuurwetenskappe publiseer ’n gedenkboek om honderd jaar van wetenskape by die US te vier. Die boek se titel is ’n Besonderse Denkraamwerk: Fakulteit Natuurwetenskappe, Universiteit Stellenbosch, 1918-2018.
Ons geboue
Die Natuurwetenskappe Gebou was naas Opvoedkunde die tweede gebou om in 1916 gebou te word oorkant die ou rugbyveld. Dit was die tuiste van die Departemente Soölogie, Botanie, Geologie en Toegepaste Wiskunde.
Die tweede gebou, die De Beers Gebou vir Chemie is in 1923 voltooi. Met verloop van tyd is ses geboue vir die Fakulteit Natuurwetenskappe opgerig langs Merrimanlaan. Hierdie geboue is steeds die tuiste van die oorspronklike akademiese departmente waarvoor hulle oorspronklik gebou is:
- Merensky Gebou vir Fisika (1940)
- Eerstejaarschemie Gebou (1957)
- Kamer van Mynwese Gebou vir Geologie (1963)
- Anatomie en Fisiologie Gebou (1957)
- JC Smuts Gebou vir Mikrobiologie, Biochemie en Genetika (2000).
Medalje wenners
Wenners van die gesogte John Todd Morrison-, Meiring Naudé- en Dekaansmedaljes sedert 1965.
Geskenk deur mev. J.T. Morrison in 1964, wederhelf van oorlede prof. JT Morrison. Die medalje is in soliede silwer met 'n goudlaag, en woord jaarliks toegeken aan die beste student wat 'n MSc-graad in Fisika en Toegepaste Wiskunde (cum laude) verwerf het.
| 1965 | P.J. van der Westhuizen | |
| 1966 | P.J. Cilliers | |
| 1967 | Mr R. Saayman | Fisika |
| 1969-1972 | No awards made | |
| 1973 | P. de Villiers | Fisika |
| 1976 | Mr K. Visser | Fisika |
| 1994 | M. Sinclair | Toegepaste Wiskunde |
| 1995 | Dr S. Kritzinger | Fisika |
| 1999 | Ms Christine Steinman | |
| 2007 | Ms Sonja Wouberg | Toegepaste Wiskunde |
| 2008 | Mr G.W. Bosman | Fisika |
| 2009 | Mr G.B. Adera | Fisika |
| 2010 | Mr Francois Singels | Toegepaste Wiskunde |
| 2011 | Mr K. Möller | Fisika |
| 2012 | Ms Daniek Joubert | Toegepaste Wiskunde |
| 2013 | Mr Farooq Kyeune | Fisika |
| 2014 | Ms Marina van Heyningen | Toegepaste Wiskunde |
| 2015 | Mr K.C.W. Li | Fisika |
| 2016 | Mr S.F. Streicher | Toegepaste Wiskunde |
| 2017 | Mr P.J. Uhrich | Fisika |
| 2018 | Ms Jacoline van Jaarsveld | Toegepaste Wiskunde |
| 2019 | Mr F.J. Waso | Fisika |
| 2020 | Ms Meghan Kennealy | Toegepaste Wiskunde |
| 2021 | Ms Emma King | Fisika |
| 2022 | Mr Wessel Blomerus | Toegepaste Wiskunde |
| 2023 | ||
| 2024 |
Die Meiring Naudé medalje word toegeken aan die beste Honneurstudent in Fisika ter ere van Prof. Stefan Meiring Naudé (1904-1985), 'n Suid-Afrikaans gebore fisikus en voorsitter van die Wetenskaps- en Nywerheidsnavorsingsraad (WNNR) vanaf 1952 tot 1971.
| 1999 | T. Schiedt |
| 2003 | Mnr Johannes N. Kriel |
| 2008 | Mnr C. Rohwer |
| 2009 | Me M Geyer |
| 2010 | No award made |
| 2011 | Mnr J. Bouma |
| 2012 | Mnr Erasmus du Toit |
| 2013 | Mnr Janusz Meylahn |
| 2014 | Mnr Zander Lee |
| 2015 | Mnr P.J. Uhrich |
| 2016 | Mnr C.J. Louw |
| 2017 | Mnr S.A. Cameron |
| 2018 | Mnr D.A. Janse van Rensburg |
| 2019 | Me Jessica Craven |
| 2020 | Mnr Conrad Strydom |
| 2021 | Mnr Eugene Fouché |
| 2022 | Mnr Graham Mitchell |
| 1985 | Me R.B van Zyl | Chemie |
| 1986 | Mnr S.C. Marais | Fisika |
| 1987 | Mnr J.P.G Pretorius | Wiskunde |
| 1988 | Mnr C. le Roux | Wiskunde |
| 1989 | Geen toekenning nie | |
| 1990 | Mnr J.M. Rohwer | Biochemie |
| 1991 | Mnr G.F. Conradie | Wiskunde |
| 1992 | Mnr E.J. Maritz | Teoretiese Fisika |
| 1993 | Me M. Appel | Biochemie |
| 1994 | Me M. Hattingh | Rekenaarwetenskap |
| 1995 | Me K.J. Fullard | Genetika |
| 1996 | Mnr A.B. Oosthuizen Mnr G.G. Oosthuizen | Rekenaarwetenskap Rekenaarwetenskap |
| 1997 | C Steinman | Fisika |
| 1998 | F. Breuer | |
| 1999 | P.S. Conradie | |
| 2000 | W. van Droolaghe | Fisika |
| 2001 | S Benecke | |
| 2002 | Mnr Wouter de Vos de Wet | Rekenaarwetenskap |
| 2003 | Mnr Johannes Nicolaas Kriel | |
| 2008 | Mnr H.J.R. van Zyl | Fisika |
| 2009 | Me M. Geyer | Fisika |
| 2010 | Me M.D. van der Walt | Fisika |
| 2011 | Mnr J.M. Buys | Wiskunde |
| 2012 | Mnr J.G. Benade | Wiskunde |
| 2013 | Mnr Gerard Louw | |
| 2014 | Mnr Zander Lee | Fisika |
| 2015 | Me M. du Toit | Tegepaste Wiskunde |
| 2016 | Me J. Botha | Chemie |
| 2017 | Mnr Scott A. Camera | |
| 2018 | Mnr M.P. Greenwood | |
| 2019 | Mnr Freddie de Villiers Me Emma King | |
| 2020 | Mnr Dano Trinchero | |
| 2021 | Mnr E.E. Fouché |
Ander historiese inligting
| 1874-1882 | Prof. George Gordon - eerste professor in Wiskunde, Victoria Kollege |
| 1918-1919 | Prof. John Todd Morrison |
| 1920-1924 | Prof. DF du Toit |
| 1925-1927 | Prof. ET Stegmann |
| 1929-1930 | Prof. GC Nel |
| 1931-1935 | Prof. CGS de Villiers |
| 1936-1944 | Prof. DF du Toit |
| 1945-1946 | Prof. CGS de Villiers |
| 1947-1953 | Prof. JM Joubert |
| 1954-1956 | Prof. HE Brink |
| 1957-1959 | Prof. CA du Toit |
| 1960-1962 | Prof. AC Cilliers |
| 1963-1965 | Prof. GG Cillié |
| 1966 | Prof. CA du Toit |
| 1967-1968 | Prof. EFCH Rohwer |
| 1969 | Prof. SRF Göldner |
| 1970-1973 | Prof. WL Mouton |
| 1974-1976 | Prof. MJ de Vries |
| 1977-1987 | Prof. JA de Bruyn |
| 1988-1991 | Prof. C Engelbrecht |
| 1991-2001 | Prof. FJW Hahne |
| 2002-2007 | Prof. A van Jaarsveld |
| 2008 | Prof. DE Rawlings (waarnemend) |
| 2009-2012 | Prof. TE Cloete |
| 2012-2013 | Prof. DE Rawlings (waarnemend) |
| 2014-2024 | Prof. L. Warnich |
| 2024- | Prof. Burtram Fielding |


