Fisiologiese Wetenskappe

Why Physiological Sciences?
Click here for more information regarding International Undergraduate Applications (also applicable to SA citizens at an international school).
“Ons is verbind tot die ontwikkeling van denkers en leiers wat betekenisvolle bydraes tot die samelewing lewer deur wetenskaplike betrokkenheid en gemeenskapsdeelname.”
Ons Programme
Fisiologie is die studie van die menslike liggaam en die ingewikkelde biochemiese stelsels en prosesse wat dit laat funksioneer. Hierdie program bied ’n grondslag om die liggaam en brein – van molekulêre vlak tot sisteemvlak – beter te verstaan. Jy ontwikkel insig in die onderliggende prosesse wat tot siektetoestande lei, met die oog op die ontwikkeling van nuwe terapeutiese benaderings.
Fisiologie is ’n hoofvak in verskeie graadprogramme wat deur die Fakulteit Natuurwetenskappe aangebied word. Die volgende programme het Fisiologie as ’n hoofkomponent:
BSc in Menslike Lewenswetenskappe (Fokusgebied: Biologie)
BSc in Menslike Lewenswetenskappe (Fokusgebied: Biologie met Sielkunde)
BSc in Toegepaste Medisinale Chemie
BSc in Biomediese Wiskundige Wetenskappe
BSc in Sportwetenskap
Ons nagraadse programme
BScHons in Fisiologiese Wetenskappe
MSc in Fisiologiese Wetenskappe
PhD in Fisiologiese Wetenskappe
Komende geleenthede
Woon ons geleenthede by en ontdek, groei, leer en raak betrokke by ons gemeenskap.
