Breadcrumb
Ons impak
By die Universiteit Stellenbosch is ons verbind tot die vorming van ’n volhoubare en sosiaal regverdige toekoms. Deur sosiale impak, volhoubaarheid en omgewingsbestuur in ons navorsing, onderrig en kampuslewe te integreer, spreek ons dringende uitdagings aan en dra ons by tot die Verenigde Nasies se Volhoubare Ontwikkelingsdoelwitte en Afrika se Agenda 2063.

Sosiale impak
Ons is by die Universiteit Stellenbosch verbind tot sosiale verantwoordelikheid, gelykheid en impakgedrewe betrokkenheid. Ons wil verseker dat die kennis wat ons skep, aangewend word tot voordeel van die samelewing. Hierdie verbintenis word verwesenlik deur die bevordering van aktiewe burgerskap, sosiale transformasie en billike uitkomste. Ons doen dit deur die gaping tussen navorsing, leer en werklike verandering te oorbrug.
Ons studente, akademici en ondersteuningspersoneel speel ’n belangrike rol om sosiale uitdagings aan te spreek – deur ko-kurrikulêre programme, gemeenskapsbetrokkenheid, vrywilligerswerk en inisiatiewe wat in lyn is met die VN se Doelwitte vir Volhoubare Ontwikkeling (DVO’e).
Sommige van die inisiatiewe sluit in
Die Sentrum vir die Bevordering van Sosiale Impak en Transformasie (CASIT) ondersteun hierdie pogings deur opleidings- en ontwikkelingsprogramme, ervaringsleer-geleenthede, reflektiewe aanbiedinge (soos kritiese diversiteitsgeletterdheid) en die uitruil van akademiese kennis. Vennootskappe met organisasies op voetsoolvlak, gemeenskapsbelanghebbendes en institusionele eenhede help om oplossings te vind vir plaaslike uitdagings en behoeftes.

Jaarlikse Sosiale Impak-gemeenskapsoggend
Gedurende Verwelkomingsweek, neem meer as 6 000 nuwelingstudente deel aan praktiese projekte soos skoonmaakaksies, die voorbereiding en verspreiding van kospakkies en opvoedkundige programme wat akademiese kennis met werklike impak verbind.

Inisiatiewe vir die Doelwitte vir Volhoubare Ontwikkeling
Projekte regoor die US word belyn met die DVO’e, wat geslagsgelykheid, klimaatsverandering en armoedeverligting insluit.

Gemeenskapsontwikkelings-vennootskappe
Die US werk saam met plaaslike organisasies om saam oplossings in gesondheid, onderwys en omgewingsvolhoubaarheid te help skep.

Reflektiewe leer en kritiese diversiteitsgeletterdheid
Opleidingsgeleenthede en werkswinkels bevorder empatie, verantwoordelikheid en innovasie in die aanpak van maatskaplike uitdagings.

Vrywilligers- en uitreikprogramme
Studente en personeel neem deel aan mentorskapprogramme, nasorg- en diensinisiatiewe wat kwesbare gemeenskappe ondersteun.

Volhoubare ontwikkeling
Volhoubare ontwikkeling is vir ons ’n prioriteit by die US. Ons wil aan vandag se behoeftes voldoen, maar terselfdertyd seker maak dat toekomstige geslagte ook die geleentheid kry om te floreer. Ons benader dit holisties en kombineer omgewings-, sosiale- en ekonomiese volhoubaarheid in ons onderrig, navorsing, bestuur en gemeenskapsbetrokkenheid.
Ons dra met trots tot die Verenigde Nasies se 2030-Agenda en die Doelwitte vir Volhoubare Ontwikkeling (DVO’e) by, asook die Afrika-Unie se Agenda 2063, wat ’n vreedsame, voorspoedige en geïntegreerde Afrika nastreef. Hierdie globale en kontinentale agendas sluit direk aan by die US se Visie 2040 en Strategiese Raamwerk.
Hoe ons dit doen
Om ons volhoubaarheidswerk te dryf, is die DVO/2063 Impak-hub in 2021 gevestig. Gesetel by US Internasionaal, sorg die Hub dat die Universiteit se bydraes strategies, sigbaar en betekenisvol bly.

Afrika se stem eerste
Agenda 2063 word langs die DVO’e geplaas om te verseker dat Afrika se prioriteite volwaardige aandag kry.

Volhoubaarheid op alle gebiede
Ons bevorder volhoubare praktyke in al die Universiteit se gemeenskappe en bedrywighede.

Leer en doen
Programme soos die Future17 SDG Challenge gee ons studente die geleentheid om vaardighede en kennis op te bou om aktief by te dra tot The Africa We Want.

Omgewingsvolhoubaarheid by die US
By die Universiteit Stellenbosch staan omgewingsvolhoubaarheid sentraal in al ons bedryfsprosesse, navorsing en onderrig. Gegewe die dringendheid daarvan om klimaatsverandering, verlies aan biodiversiteit en skaars hulpbronne aan te spreek, streef ons daarna om kampusse en gemeenskappe te help skep wat volhoubare praktyke modelleer.
Ons benadering is holisties en integreer omgewingsbestuur wat energieverbruik, waterbestuur, afvalvermindering en aankopepraktyke insluit. Hand aan hand hiermee word baie gedoen om bewusmaking en betrokkenheid onder personeel, studente en die breër gemeenskap te bevorder.
Hierdie pogings is met die Verenigde Nasies se Doelwitte vir Volhoubare Ontwikkeling (DVO’e) belyn, wat verseker dat ons inisiatiewe sinvol tot wêreldwye volhoubaarheidsdoelwitte bydra. Deur baanbrekersnavorsing, innovasie en praktiese ingrypings op ons kampusse te kombineer, probeer die Universiteit nie net om sy ekologiese voetspoor te verminder nie, maar ook om blywende verandering in die samelewing te inspireer.
Omgewingsvolhoubaarheid sleutelinisiatiewe
Hierdie inisiatiewe beklemtoon ons toewyding tot verantwoordelike hulpbronbestuur, innoverende navorsing en ’n volhoubare toekoms.

Koolstofneutraliteit teen 2050
Die US het sy Omgewingsvolhoubaarheidsplan bekendgestel wat daarop gemik is om teen 2050 netto nul-koolstofvrystellings te bereik.

Afvalbestuur
Die mikpunt is om teen 2028 geen afval na stortingsterreine te stuur nie – tans word sowat 74% van afval herwin of na komposaanlegte herlei.

Energie-doeltreffendheid
Implementering van energiebesparende maatreëls, insluitende sonpanele, om verbruik en koste te verminder.

Volhoubare verkryging
Verseker dat goedere en dienste volhoubaar en eties verkry word.

Waterbesparing
Die US bestuur waterverbruik op kampus aktief deur doeltreffende praktyke, monitering en innoverende besparingstrategieë.

Gemeenskapsbetrokkenheid
Aktiewe bevordering van ’n kultuur van herwinning, besparing en bewaring deur opvoeding en uitreikprogramme.