Breadcrumb
- Tuis
- Impak
- Sentrum vir die Bevordering van Sosiale Impak en Transformasie
Sentrum vir die Bevordering van Sosiale Impak en Transformasie
Kontak ons
Foon: +27 21 808 2977
E-pos: [email protected]
Straatadres
Ou Lückhoff-skool
Banghoek Straat
Stellenbosch
Wat ons doen
Die kernfokus van die Sentrum vir die Bevordering van Maatskaplike Impak en Transformasie is:
Beleid, strategie en leiding
Ons help om die Universiteit se rigting en benadering tot transformasie en maatskaplike impak voortdurend te verfyn. Deur beleidsdokumente en strategieë saam met fakulteite en diensafdelings te ontwikkel, sorg ons dat dit prakties en doelgerig toegepas kan word regdeur die instelling.
Opleiding en ontwikkeling
Ons skep ruimte vir studente en personeel om hul insig en vermoë rondom transformasie en maatskaplike impak uit te brei. Jy kry toegang tot praktiese ondersteuning, opleiding en inspirerende idees om met selfvertroue jou eie projekte aan te pak – of dit binne jou studierigting, navorsing of gemeenskapsbetrokkenheid is.
Kennisuitruiling en akademiese betrokkenheid
Ons moedig betrokkenheid aan in navorsing, leer en onderrig wat werklik saak maak. Dít sluit werksessies in oor betrokke navorsing, portuurleer en kennisuitruiling; ondersteuning met voorstelle en befondsing; en die skep van ruimte vir gesprekke en samewerking tussen fakulteite en studente. Jy word deel van ’n akademiese kultuur waar samewerking en impak hand aan hand gaan.
Verhoudings en samewerking
Ons bou en versterk verhoudings met belanghebbendes binne en buite die Universiteit – waaronder die regering, privaatsektor, media, burgerlike samelewing en omgewingsgroepe. Hierdie werk is gewortel in die vyfdubbele spiraal-benadering, wat kennisdemokrasie bevorder en die omgewing as ’n dryfveer in die skepping en toepassing van kennis beskou. Só help ons om saamwerkingsverhoudings rondom gedeelde doelwitte moontlik te maak – ook vir jou.