Departmente, Sentrums & Institute
Departement Plant- en Dierkunde
Ons staan aan die voorpunt van navorsing in die vakgebiede van biologie en ekologie, met 'n spesifieke fokus op die unieke geleenthede wat deur Afrika se biodiversiteit gebied word..
Departement Chemie & Polimeerwetenskap
Hierdie program bied aan studente opleiding in die vakgebiede organiese, anorganiese, analitiese, fisiese en polimeer chemie in een van die mees dinamiese en goedtoegeruste chemie departemente in Suid-Afrika.
Toegepaste Wiskunde Afdeling
Toegepaste wiskunde is 'n tak van wiskunde wat gemoeid is met die ontwikkeling van wiskundige metodes en die toepassing daarvan op wetenskap, ingenieurswese, die nywerheid en samelewing. In toegepaste wiskunde word die ontdekkings en aktiwiteite deur toepassings gedryf.
Institute
Stellenbosch Universiteit Water Instituut
Ons navorsing word in samewerking met die industrie en die regering gedoen om waterverwante uitdagings op te los, tegnologie-oordrag te verskaf en menslike hulpbronne in die waterbedryf te ontwikkel.