Van Afrika mikrobes tot planeetgesondheid
Kontakbesonderhede
Sluit by ons aan tydens die Toyota Woordfees vir ’n nuwe reeks boeiende wetenskapskafeegesprekke met bekende wetetenskapsjoernalis en skrywer, Engela Duvenage as moderator.
Stellenbosch Wetenskapskafee is ’n inisiatief van die Fakulteit Natuurwetenskappe aan die Universiteit Stellenbosch. Toegang is gratis.
Onderwerp
Afrika, met haar ryk biodiversiteit en diverse bevolkings, is die tuiste van unieke mikrobiome wat moontlik die sleutel kan inhou tot grensverskuiwende ontdekkings ten opsigte van geondheid en siekte. In hierdie gesprek stel Engela Duvenage ondersoek in na wat ’n mikrobioom is, en waarom een navorsingsgroep beplan om 10 miljoen monsters van Afrika-herkoms se volgorde te bepaal. Hierdie monsters is afkomstig van riviere en afvalwatersuiweringsaanlegte, tot jong kinders uit kwesbare gemeenskappe en Antarktika. Uiteindelik is dit hieride mikroörganismes wat ons almal met mekaar verbind.
Sprekers
Prof. Thulani Makhalanyani, DWTI-NNS Navorsingsleerstoelhouer in Afrika Mikrobioom Innovasie, Departement Mikrobiologie, Universiteit Stellenbosch
Nosipho Hlalukana, PhD-student, Afrika Mikrobioom-navorsingsgroep, Departement Mikrobiologie, Universiteit Stellenbosch
Isabella Blummeris. PhD-student, Afrika Mikrobioom-navorsingsgroep, Departement Mikrobiologie, Universiteit Stellenbosch