Skip to main content
Photo by Stefan Els

Graduerings-dokumente

  • Elke student aan wie daar 'n kwalifikasie (graad, diploma of sertifikaat) by 'n gradeplegtigheid toegeken word, sal 'n koker met 'n gedrukte afskrif van hulle graad, diploma of sertifikaat en hulle akademiese transkripsies/rekords by hulle gradeplegtigheid ontvang, mits hulle geen uitstaande gelde het nie.
  • Studente met uitstaande gelde is welkom om hulle gradeplegtighede by te woon, maar sal nie hulle amptelike gradueringsdokumente by die geleentheid ontvang nie. Verwys na die afdeling oor Uitstaande gelde vir meer inligting.
  • Studente wat nie hulle gradeplegtigheid kan bywoon nie, kan tot Vrydag, 21 November 2025 reël om in absentia te gradueer en dat hulle gradueringsdokumente deur die Universiteit Stellenbosch se koerierdiens afgelewer word. Andersins kan hulle hul gradueringsdokumente by die Rekordkantoor op die Stellenbosch-kampus afhaal. Verwys na die afdeling oor Graduering in absentia vir gedetailleerde inligting.