Skip to main content
Photo by Stefan Els

Graduerings-dokumente

  • Elke student aan wie daar 'n kwalifikasie (graad, diploma of sertifikaat) toegeken word, ontvang 'n koker met 'n gedrukte afskrif van hulle graad, diploma of sertifikaat en hulle akademiese transkripte/rekords by hulle gradeplegtigheid, mits hulle geen uitstaande gelde het nie.
  • Studente met uitstaande gelde is welkom om hulle gradeplegtighede by te woon, maar sal nie hulle amptelike gradueringsdokumente by die geleentheid ontvang nie. Verwys na die blad oor Uitstaande gelde vir meer inligting.
  • Studente wat nie hulle gradeplegtigheid kan bywoon nie, kan tot 12:00 op Vrydag, 6 Maart 2026  reël om in absentia te gradueer en dat hulle gradueringsdokumente deur die Universiteit Stellenbosch se koerierdiens afgelewer word. Andersins kan hulle self hul gradueringsdokumente by die Rekordkantoor op die Stellenbosch-kampus gaan afhaal. Verwys na die afdeling oor Graduering in absentia vir gedetailleerde inligting.
  • In gevalle waar graduandi dringend 'n bewys benodig dat hulle hul kwalifikasie suksesvol voltooi het en nie kan wag vir hulle amptelike gradueringsdokument nie, kan 'n verklaring van bevestiging per e-pos aangevra word: [email protected]. Sluit asseblief jou US-studentenommer en jou identiteitsnommer in, en dui aan of jy die verklaring in Engels of Afrikaans wil ontvang.