Breadcrumb
Toewydingseremonie
Fakulteit Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe
Toewydingseremonie
Die Fakulteit Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe (FGGW) se toewydingseremonie vir voorgraadse Gesondheidswetenskappe, MBChB- en Verpleegkunde-graduandi en HonsBSc in Biokinetika-graduandi word Woensdag 10 Desember 2025 gehou.
Plek:
Sportsaal, Tygerberg Studentesentrum (TSS), Tygerberg-kampus
Tyd:
09:00 (oggendsessie): Voorgraadse Gesondheidswetenskappe, Verpleegkunde en HonsBSc in Biokinetika
14:30 (middagsessie): MBChB
RSVP
Amptelike kommunikasie sal vanaf Oktober per e-pos aan graduandi gestuur word vir RSVP-doeleindes. Vir enige navrae, stuur asseblief 'n e-pos aan [email protected].
Formaat
Persoonlik teenwoordig
Gaste
Graduandi is welkom om twee (2) gaste te nooi om die seremonie in die Sportsaal by die Tygerberg Studentesentrum by te woon.
Bykomende gaste sal in die oorlooplokaal op die Tygerberg-kampus geakkommodeer word.
Akademiese drag vir die FGGW se toewydingseremonie
Dit is verpligtend dat graduandi 'n swart akademiese toga vir die FGGW se toewydingseremonie dra. Let asseblief daarop dat geen gradebande vir die toewydingseremonie benodig word nie. Gradebande word slegs vir gradeplegtighede benodig.
Om jou swart akademiese toga te huur, kontak asseblief die verskaffer Dippenaar & Reinecke by 012 343 2945/7 of [email protected]. Die akademiese drag kan by die volgende plekke afgehaal en terugbesorg word:
Tygerberg-kampus:
Lesingsaal 7, Opvoedkunde-gebou:
Maandag 8 Desember van 09:00 tot 16:00
Dinsdag 9 Desember van 09:00 tot 16:00
Woensdag 10 Desember van 07:30 tot 17:00
Vrydag 12 Desember van 09:00 tot 14:00 (slegs terugbesorging)
Stellenbosch:
Soos op die US se toegewyde gradeplegtigheidswebwerf aangedui.
Fotografie
Ons amptelike fotograwe, die Stellenbosse Sentrum vir Fotografiese Dienste (SCPS), sal gedurende die toewydingseremonie foto's neem terwyl die boekrol aan jou oorhandig word en wanneer jy die toewydingsboek onderteken.
Hoewel ons nie privaat fotograwe by die toewydingseremonie kan akkommodeer nie, is jy en jou gaste welkom om na afloop van die seremonie foto's by die toewydingsboek te neem.
Verwys na die afdeling oor gradeplegtigheidsfotografie vir inligting oor die fotografiese dienste wat by die gradeplegtighede op die Stellenbosch-kampus beskikbaar is.
Gereelde vrae
Vir meer inligting oor die Fakulteit Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe se toewydingseremonie, besoek die Gereelde Vrae-bladsy of die US se toegewyde gradeplegtigheidswebwerf vir jou gradeplegtigheidsnavrae.