Skip to main content
Photo by Stefan Els

Gereelde vrae Toewydingseremonie

Gereelde Vrae

Fakulteit Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe Toewydingseremonieseremonie

Die Toewydingseremonie word deur die fakulteit gereël en is ‘n geleentheid waar alle nuwe graduandi die Interprofessionele Onderneming deur Professionele Gesondheidswerkers kan neem.

Dit is ‘n onderneming wat in die openbaar gemaak word om die waardes van die fakulteit en die gesondheidsberoep te handhaaf. Dit is een van die belangrikste ondernemings wat gemaak word deur ‘n individu wat ‘n gesondheidsberoep betree.

Graduandi se deelname aan hierdie seremonie stel hulle in staat om ‘n onderneming te maak om ‘n gesondheidswerker te wees wat mense respekteer, vir hulself omgee en ander met waardigheid, integriteit en deernis behandel.

Graduandi word genooi om op te staan en die onderneming saam met ‘n senior gesondheidswerker te lees, waarna die fakulteit se toewydingsboek geteken word.

Die toewydingsboek bly in die bewaring van die fakulteit.

Alle graduandi ontvang ‘n afskrif van die onderneming in die drie amptelike tale van hierdie provinsie naamlik Engels, Afrikaans en isiXhosa, wat hul welkom is om daarna te onderteken.

Graduandi wat kwalifiseer vir graadtoekenning in die voorgraadse Verpleging-, MBChB- en Gesondheidswetenskappe programme, sowel as graduandi van die HonsBSc in Biokinetika-program, kan die Onderneming deur Professionele Gesondheidswerkers neem.

Graduandi soos hierbo gelys, asook hul gaste.

Daar is twee seremonies, en graduandi mag kies watter een hulle wil bywoon. 

Die Desember-toewydingseremonie vind plaas kort na die afsluiting van die jaareind-assesseringstydperk. 

Die Maart/April-seremonie word die dag voor die die Fakulteit Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe se gradeplegtighede gehou. 

Die Toewydingseremonie van Maart 2026 word in die JN De Villiers Raadsaal, Kliniese Gebou, op die Tygerbergkampus gehou.

Dit is verpligtend vir graduandi om ’n swart toga vir die Toewydingseremonie te dra. Let asseblief daarop dat geen graadbande benodig word vir die Toewydingseremonie nie. ’n Band word slegs vir die gradeplegtigheid benodig.

Om jou akademiese drag te huur, kontak asseblief Dippenaar & Reinecke, die verskaffer van die Universiteit Stellenbosch (US) se akademiese drag, by 012 343 2945/7 of [email protected].

Vir die afhaal en terugbesorging van akademiese drag:

Tygerberg-kampus
Slegs afhaal van akademiese drag.

Lesingslokaal 7, Onderwysgebou

Woensdag, 25 Maart 2026, vanaf 08:00 tot 16:00.

Stellenbosch:

Dippenaar & Reynecke sal van Vrydag, 20 Maart tot Donderdag, 26 Maart 2026 by die verversingskiosk (no 2 op die parkeerkaart) van die Coetzenburg-atletiekstadion wees. Besoek Universiteit Stellenbosch (US) se amptelike gradeplegtigheidswebblad vir die skedule. 

Vir die Maart-toewydingseremonie sal amptelike kommunikasie voor 28 Februarie 2026 per epos aan graduandi gestuur word. 

Sien ook die inligting op die Universiteit Stellenbosch se amptelike webwerf vir gradeplegtighede

’n RSVP-skakel sal op die amptelike uitnodiging na die Toewydingseremonie ingevoeg word .

Vir die Toewydingseremonie van Maart 2026 kan graduandi vier (4) gaste na die JN De Villiers Raadsaal nooi. 

Vir die Toewydingseremonie in Maart 2026 word geen kaartjies vir gaste benodig nie.

Stel ons asseblief so gou as moontlik in kennis indien jy nie meer die seremonie kan bywoon nie. Stuur ‘n e-pos na [email protected].

Ja, Jou Toewydingsertifikaat kan per e-pos vir jou gestuur word. Stuur ‘n versoek na [email protected].

Jou naam wat op die Toewydingsertifikaat, asook die Graadsertifikaat verskyn, word van die Universiteit Stellenbosch se studente-inligtingstelsel verkry.

As jou naam verkeerd gespel is op jou studenteprofiel, sal dit verkeerd gedruk word op die Toewyding- en Graadsertifikaat. 

Dit is elke graduandus se verantwoordelikheid om seker te maak dat jou naam korrek gespel is op die Universiteit se stelsel. Indien jy ‘n regstelling op jou persoonlike besonderhede benodig, stuur ‘n epos aan [email protected].

Versoeke vir regstellings moet ons twee (2) weke voor die Toewydingseremonie en Gradeplegtigheid bereik.

Foto’s word met die oorhandiging van die koker en die ondertekening van die Toewydingsboek, deur die amptelike fotograwe van die Universiteit, Stellenbosch-sentrum vir Fotografiese Dienste (SCPS), geneem.

Fotograwe wat deur families gehuur is, sal ongelukkig nie tydens die seremonie geakkommodeer kan word nie. Daar sal ná die seremonie geleentheid wees vir familie en vriende om foto’s by die Toewydingsboek te neem.