Breadcrumb
Gradefoto's
Ons amptelike fotograwe, die Stellenbosch Sentrum vir Fotografiese Dienste (SCPS), sal tydens die gradeplegtigheid foto’s neem.
Hulle sal drie foto’s van elke kandidaat neem: wanneer jy oor die verhoog stap en wanneer jou kwalifikasie aan jou oorhandig word.
SCPS sal beskikbaar wees om foto’s te neem voor en ná die gradeplegtigheid by die Sportwetenskap-gebou op Coetzenburg.
Indien graduandi hul eie gehuurde fotograaf saambring, mag daardie fotograwe nie tydens die geleentheid besigheid doen met ander gaste of graduandi nie.
Neem asseblief kennis dat eksterne fotograwe nie deur die Universiteit Stellenbosch goedgekeur word nie en dat hulle gebruik geskied na goeddunke en op eie risiko van graduandi en gaste.
Kontakbesonderhede (weeksdae tussen 08:00 en 16:30):
WhatsApp: 082 747 0367
E-pos: [email protected] of [email protected] of [email protected]
Webwerf: https://www.scpsphotos.com