Skip to main content
Photo by Stefan Els

Gradefoto's

Inligting en vrywaring

Om 'n veilige, ordelike en hoëgehalte-gradeplegtigheid te verseker, versoek die Universiteit Stellenbosch (US) gegradueerdes en gaste vriendelik om van die amptelike US-aangestelde fotograwe gebruik te maak. Hierdie fotograwe sal maklik uitgeken kan word aan hul baadjies met die US-logo daarop. Hulle het eksklusief toegang tot die aangewese fotografiegebiede in die lokaal.

Neem asseblief kennis dat die Universiteit Stellenbosch die gebruik van fotograwe wat aan die buitewyke van die lokaal werk, ontmoedig. Hierdie fotograwe word nie deur die US aangestel, geakkrediteer of onderskryf nie. Die Universiteit kan dus nie die gehalte van hul werk of dienslewering waarborg nie. Gevolglik kan die US nie help met, of verantwoordelik gehou word vir enige navrae, klagtes of geskille wat spruit uit die gebruik van dié fotograwe nie.

Amptelike gradefoto's – SCPS

Ons amptelike fotograwe, die Stellenbosch Sentrum vir Fotografiese Dienste (SCPS), sal tydens die gradeplegtighede foto’s neem. Hulle neem drie foto’s van elke kandidaat: wanneer jy oor die verhoog stap en wanneer jou kwalifikasie toegeken word. 'n Bestelvorm sal na die plegtigheid beskikbaar wees vir diegene wat van die foto's wil bestel. 

SCPS neem ook voor en na gradeplegtighede gestileerde ateljeefoto's in die Sportwetenskap-gebou (no 8 op die parkeerkaart). Besprekings moet vooraf vir hierdie fotosessies gemaak word. 

Kontakbesonderhede (weeksdae tussen 08:00 en 16:30):
WhatsApp: 082 747 0367 
E-pos: [email protected] | [email protected] | [email protected] 
Webwerf: https://www.scpsphotos.com