Breadcrumb
Gereelde vrae Toewyding-seremonie
Gereelde Vrae
Fakulteit Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe Toewydingseremonieseremonie
- Wat behels die Fakulteit Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe (FGGW) se Toewydingseremonie?
- Hoe verloop die proses gedurende die Toewydingseremonie?
- Wie kan hul verbind tot die Onderneming deur Professionele Gesondheidswerkers?
- Wie kan die Toewydingseremonie bywoon?
- Hoeveel seremonies is daar?
- Waar word die Toewydingseremonie gehou?
- Watter akademiese drag word benodig?
- Wanneer sal ek kommunikasie ontvang aangaande die Toewydingseremonie?
- Hoe kan ek my bywoning bevestig vir die Toewydingseremonie?
- Hoeveel gaste kan ek saambring na die seremonie?
- Benodig my gaste kaartjies om die seremonie by te woon?
- Wat gebeur as ek my bywoning moet kanselleer?
- Sal ek ‘n sertifikaat ontvang as ek nie die Toewydingseremonie kan bywoon nie?
- Wat gebeur as my naam verkeerd gespel is op die Toewydingsertifikaat?
- Kan ek my eie fotograaf reël vir die seremonie?
Die Toewydingseremonie word deur die fakulteit gereël en is ‘n geleentheid waar alle nuwe graduandi die interprofessionele Onderneming deur Professionele Gesondheidswerkers kan neem.
Dit is ‘n onderneming wat in die openbaar gemaak word om die waardes van die fakulteit en die gesondheidsberoep te handhaaf. Dit is een van die belangrikste ondernemings wat gemaak word deur ‘n individu wat ‘n gesondheidsberoep betree. Graduandi se deelname aan hierdie seremonie stel hulle in staat om ‘n onderneming te maak om ‘n gesondheidswerker te wees wat mense respekteer, vir hulself omgee en ander met waardigheid, integriteit en deernis behandel.
Graduandi word genooi om op te staan en die onderneming saam met ‘n senior gesondheidswerker te lees, waarna die fakulteit se toewydingsboek geteken word.
Die toewydingsboek bly in die bewaring van die fakulteit.
Alle graduandi ontvang ‘n afskrif van die onderneming in die drie amptelike tale van hierdie provinsie naamlik Engels, Afrikaans en isiXhosa, wat hul welkom is om daarna te onderteken.
Gruaduandi wat kwalifiseer vir graadtoekenning in die voorgraadse Verpleging-, MBChB- en Gesondheidswetenskappe programme, sowel as graduandi van die HonsBSc in Biokinetika-program, kan die Onderneming deur Professionele Gesondheidswerkers neem.
Graduandi soos gelys hierbo, asook hul gaste.
Daar is twee seremonies. Die Desember Toewydingseremonie is vir graduandi wat kwalifiseer vir die Desember gradeplegtigheid en die Maart/April Toewydingseremonie is vir graduandi wat kwalifiseer vir die Maart/April gradeplegtigheid.
Die Toewydingseremonie word gehou op die dag voor die FGGW se gradeplegtighede.
Die Desember Toewydingseremonie word gehou in die Tygerberg Studentesentrum (TSS), Tygerbergkampus.
Die Maart Toewydingseremonie word gehou in die JN De Villiers Raadsaal, Kliniese Gebou, Tygerbergkampus.
Vir die Toewydingseremonie word slegs ‘n toga benodig.
7.2. Vir die Gradeplegtigheid in die Coetzenburgsentrum, word ‘n toga en ‘n band benodig.
7.3. Graduandi moet direk met Dippenaar & Reinecke skakel vir die huur van akademiese drag by telefoon 012 343 2945/7 of e-pos [email protected].
7.4. Die lokaal vir die afhaal en terugbesorging van akademiese drag sal tydens die amptelike kommunikasie aan graduandi bevestig word.
Amptelike kommunikasie sal per e-pos gestuur word aan graduandi vanaf Oktober, vir die Desember Toewydingseremonie en vanaf middel Februarie vir die Maart Toewydingseremonie.
Jy kan die inligting ook besigtig op die Universiteit Stellenbosch se amptelike gradeplegtigheid webwerf deur hier te klik.
’n RSVP-skakel sal beskikbaar gemaak word op die amptelike seremonieuitnodiging.
Vir die Desember Toewydingseremonie kan graduandi twee gaste nooi om die seremonie by te woon in die Tygerberg Studentesentrum, waar die seremonie plaasvind.
Jy is welkom om addisionele gaste te nooi wat die seremonie in die oorloop-lokaal kan volg.
Vir die Maart Toewydingseremonie kan graduandi vier gaste nooi na die JN De Villiers Raadsaal. Hierdie is ’n in-persoon seremonie.
Vir die Desember Toewydingseremonie, sal twee kaartjies as ‘n webkaartjie-skakel aan jou gestuur word in ‘n e-pos in die aanloop tot die seremonie.
Die kaartjies is vir jou gaste vir bywoning in die Tygerberg Studentesentrum. Gaste wat die seremonie in die oorloop-lokaal volg, benodig nie kaartjies nie.
Vir die Maart Toewydingseremonie word geen kaartjies aan gaste uitgereik nie.
Stel ons asseblief so gou as moontlik in kennis indien jy die seremonie nie meer kan bywoon nie. Stuur ‘n e-pos aan [email protected].
Ja, Jou Toewydingsertifikaat kan per e-pos vir jou gestuur word. Stuur ‘n versoek na [email protected].
Jou naam wat op die Toewydingsertifikaat, asook die Gradeplegtigheidsertifikaat verskyn, word verkry vanaf die Universiteit Stellenbosch se Studente-inligtingstelsel.
As jou naam verkeerd gespel is op jou studenteprofiel, sal dit verkeerd gedruk word op die Toewyding- asook die Gradeplegtigheidsertifikaat.
Dit is elke graduandus se verantwoordelikheid om seker te maak dat jou naam korrek gespel is op die Universiteit se stelsel. Indien jy ‘n regstelling op jou persoonlike besonderhede benodig, stuur ‘n epos aan [email protected].
Versoeke vir regstellings moet ons 2 weke voor die Toewydingseremonie en Gradeplegtigheid bereik.
Foto’s word met die oorhandiging van die koker, sowel as die ondertekening van die Toewydingsboek, deur die amptelike fotograwe van die Universiteit, Stellenbosch-sentrum vir Fotografiese Dienste (SCPS), geneem.
Ongelukkig sal fotograwe wat deur families gehuur is, nie tydens die seremonie geakkommodeer kan word nie. Daar sal ná die seremonie geleentheid wees vir familie en vriende om foto’s by die Toewydingsboek te neem.