Gebruik hierdie bladsy om die korrekte kanaal te vind om klagtes, onetiese gedrag, diskriminasie of ander kwessies by die Universiteit Stellenbosch aan te meld.
Diskriminasie en teistering
Rapporteer enige voorvalle van onbillike diskriminasie en teistering, waaronder rassisme, viktimisasie, seksuele viktimisasie, seksuele misbruik, gender- en identiteitsdiskriminasie. Die rapportering kan anoniem gedoen word indien nodig. Voorvalle kan ook elektronies aangemeld word by [email protected], of persoonlik by die Eenheid vir Gelykwaardigheid, te Huis Simon Nkoli House, Victoriastraat 39, Stellenbosch.
Bedrog en korrupsie
Rapporteer enige voorvalle van swak beheer en bestuur, belangebotsings, oneerlikheid, omkopery, afpersing, misbruik van US-bates, wanvoorstelling, of die skending van interne beheermaatreëls. Rapportering kan anoniem gedoen word indien nodig. Voorvalle kan ook via e pos aan [email protected] gestuur word, of skakel 0800 005 749.
Toepassing van die Taalbeleid
Personeellede en student wat voel dat hulle negatief deur die implementering van die US se Taalbeleid geraak word, het verskeie maniere om 'n klagte in te dien. Klagtes moet voldoen aan die prosedures soos uiteengesit in afeling 8.5 en 8.6 van die beleid. Klagtes kan aan die dekaan van ‘n fakulteit, departementshoof, fakulteitsvoorsitter, die Akademiese Bestuursraad ([email protected]), of die onafhanklike Ombud by die US ([email protected]) gerig word.
Geslagsgebaseerde geweld
Rapporteer alle vorme van seksuele wangedrag, geslagsgebaseerde geweld, seksuele misbruik, intiemepare geweld en viktimisasie, ingesluit seksuele teistering, agtervolging, verkragting en seksuele dwang. Rapportering kan anoniem gedoen word indien nodig.
Onafhanklike wenke oor diskriminasie
Deur die onafhanklik gemoniteerde 24-uur-aanmelddiens kan personeel en studente voorvalle van onder meer rassisme, onbillike diskriminasie, viktimisasie en teistering aanmeld. Rapportering kan anoniem gedoen word indien nodig. Voorvalle kan ook per e-pos aangemeld word by [email protected] of skakel 0800 346 346 (tolvry).
Onafhanklike ombud
Die Kantoor van die Ombud by die US bied ’n kanaal waardeur studente, ouers en personeel se kwessies en klagtes onafhanklik hanteer kan word indien die bestaande Universiteitstrukture dit nie langs die gebruiklike weë na wense hanteer nie.
Die Wet op die Beskerming van Persoonlike Inligting
Die Universiteit Stellenbosch is daartoe verbind om die privaatheid van ons studente, werknemers en vennote te beskerm, in ooreenstemming met die Wet op die Beskerming van Persoonlike Inligting, Wet 4 van 2013 (POPIA), asook enige verwante Suid-Afrikaanse wetgewing, globale rigtinggewende praktyke, en die Universiteit se verbintenis tot goeie institusionele bestuur. Ons respekteer jou privaatheid en mag nie jou inligting aan ander instellings of maatskappye verkoop of dit met hulle deel om vir hul eie doeleindes gebruik te word nie.
Jou vertroulikheid: Die US beskou alle inligting wat die klaer of fluitjieblaser verskaf as vertroulik en mag dit slegs deel indien ons wetlik verplig word om dit te doen, indien ons dit moet doen om ons ooreenkoms met jou na te kom, of indien ons jou toestemming daartoe bekom het.
Skending van persoonlike inligting
Meld asseblief enige potensiële skending van persoonlike inligting dadelik aan by Inligtingsoorsigbestuur >> (Afdeling Institusionele Strategie, Navorsing en Analitika). Daar is twee opsies: