Skip to main content

OORSIGBESTUUR VAN PERSOONLIKE INLIGTING

Die Universiteit Stellenbosch is daartoe verbind om die privaatheid van ons studente, werknemers en vennote te beskerm ingevolge die Wet op Beskerming van Persoonlike Inligting, Wet 4 van 2013 (POPIA).

PERSOONLIKE INLIGTING EN PRIVAATHEID

​WAT IS PERSOONLIKE INLIGTING? 
EN WAT IS ’N SKENDING?

​​HET JY GEWEET?

Persoonlike inligting: 
Persoonlike inligting is enige inligting wat gebruik kan word om ’n persoon of ’n besigheid te identifiseer. Dit sluit die inligting in wat jy oor jou kliënte, jou werknemers of diensverskaffers mag hê.


Skending: 
Redelike gronde om te glo dat ’n ongemagtigde persoon toegang verkry het/gegee is tot persoonlike inligting (enige inligting wat gebruik kan word om ’n persoon of ’n besigheid te identifiseer, bv. personeel- of studentenommer, adres, finansiële inligting, opvoedkundige inligting).

Klik hier vir ’n infografiek met meer inligting.

Openbare Wi-Fi-netwerke kan minder veilig wees. Probeer om nie toegang te kry tot sensitiewe inligting, soos bankbesonderhede, wanneer jy aan openbare Wi-Fi-netwerke gekoppel is nie.

 

​​ONS DIENSTE

PRIVAATHEIDSVOORVALLE EN AANMELDING VAN SKENDINGS

​TOEGANG TOT INLIGTING 
(INSTITUSIONELE TOESTEMMING)

PRIVAATHEIDSASSESSERING​

Indien jy ’n moontlike voorval van skending van persoonlike inligting vermoed, soos uitvissing, meld dit asseblief dadelik aan:
* Dienstoonbank​ (interne gebruikers)
* Of per e-pos

​Institusionele toestemming dien as ’n belangrike beheermaatreël om te verseker dat die Universiteit Stellenbosch en sy navorsers voldoen aan en uitvoering gee aan Suid-Afrikaanse privaatheidsverwante wetgewing. 

Klik hier vir meer inligting.

Interne gebruikers – navorsers ingesluit – kan die skakels hier onder gebruik om die risiko’s te evalueer met betrekking tot die persoonlike inligting wat hulle van plan is om in te samel of verwerk.

PAIA-VERSOEKE

​​KONSULTASIE- EN ADVIESDIENSTE

 
Klik hier vir hulp met jou PAIA-aansoek (Bevordering van Toegang tot Inligting).​​​Ons konsultasie- en adviesdienste sluit werkswinkelgebaseerde opleiding en bewusmakingsessies asook gassprekers in. Enige van hierdie dienste kan via ons dienstoonbank versoek word.

 


 

 

HULPBRONNE

Hierdie dokumente bevat waardevolle inligting oor die bestuur van persoonlike inligting. 

​DOKUMENTE EN BELEIDE

​VERKORTE DOKUMENTE EN INFOGRAFIKA

US Reglement vir Privaatheid
POPIA
Voorvalle/sekuriteitskendings 
  • US_Uitvissing-infografiek

KONTAK ONS

Kontak ons per e-pos by [email protected]