Skip to main content

Afdeling Institusionele Strategie, Navorsing en Analise

Die Afdeling Institusionele Strategie, Navorsing en Analise (ISNA) speel ’n kernrol in die bevordering van institusionele strategie en die instandhouding van inligtingsintegriteit aan die Universiteit Stellenbosch.

Ons doen dit deur die bestuur en ondersteuning van die strategieproses, die bestuur van strategiese en institusionele projekte, die integrasie en beskerming van institusionele data, en die fasilitering van ingeligte besluitneming in diens van die US se visie.

Kontak ons
+27 21 808 9740
[email protected]

Straatadres
Administrasiegebou B
Victoriastraat
Stellenbosch
 

Wat ons doen

Fokusareas van die afdeling:

Bestuur van Strategieprosesse: Ons is verantwoordelik vir die bestuur, koördinering, strategiese samehang, evaluering en monitering van jaarlikse en sikliese prosesse wat met die Universiteit se strategie verband hou.

Sentrum vir Strategiese Projekte en Portefeuljebestuur: Hierdie sentrum bevorder die suksesvolle implementering van strategiese instellingsprojekte en veranderingsbestuur.

Geïntegreerde Data-analise: Ons verken en ontleed data, en omskep dit in geïntegreerde inligting wat strategiese, taktiese en operasionele besluitneming regoor die Universiteit versterk.

Inligtingsoorsigbestuur: Ons ontwikkel beleidsrigting deur navorsing en beleidsontwikkeling, implementeer ’n raamwerk vir inligtingsbestuur, monitor institusionele nakoming, en hanteer verantwoordelikhede ingevolge wetgewing soos die Wet op die Beskerming van Persoonlike Inligting (POPIA) en die Wet op Bevordering van Toegang tot Inligting (PAIA).

Ons​​​​ Dienste​​​​

Bestuur van strategieprosesse

  • Strategiese Fonds
  • Strategiese beplanning en bestuur
  • Waardes in aksie

Bestuur van strategiese projekte en verandering

  • Veranderingsbestuurmetodologie
  • Kode 2040
  • Projekbestuur en Smartsheet

Geïntegreerde data-analise

  • Institusionele data
  • Nasionale HEMIS-data 
  • Studentenasporing en -ontwikkeling
  • Universiteitsranglys

Inligtingsbestuur

  • Beskerming van inligting (verslagdoening van privaatheidsinsidente en databreuke)
  • Toegang tot inligting (institusionele toestemmings)
  • Privaatheidsbeoordeling
  • PAIA-versoeke
  • Konsultasie- en adviesdienste