Tuis
Visie en Strategie
By die Universiteit Stellenbosch (US) is ons sterk daartoe verbind om kennis, navorsing en innovasie in diens van die samelewing na te streef. Ons voorsien ’n wêreldklassentrum vir leer en ontwikkeling wat internasionaal relevant is, dog gewortel is in die opheffing en transformasie van ons plaaslike gemeenskappe. Ons handelinge word deur sleutelwaardes en -kenmerke gelei en moontlik gemaak deur uitsonderlike personeel en studente, grondige bedryfstelsels en onwrikbare doelgerigtheid.
Die US se Visie en Strategie word gelei deur Visie 2040 en die Strategiese Raamwerk 2019-2024 wat verdeel is in:
- Visie 2040 en die US se missie, waardes, kenmerke en instaatstellers.
- Die Strategiese Raamwerk 2019-2024, wat ses kern- strategiese temas as instaatstellers vir Visie 2040 identifiseer.
Our visionStellenbosch University will be Africa's leading research-intensive university, globally recognised as excellent, inclusive and innovative, where we advance knowledge in service of society. | Umbono WethuIYunivesithi yaseStellenbosch iya kuba | Ons visieDie Universiteit Stellenbosch sal Afrika se voorste navorsingsintensiewe universiteit wees wat wêreldwyd as uitnemend, inklusief en innoverend erken word en waar ons kennis tot diens van die samelewing bevorder. |