Hierdie een uur lange sessie kyk prakties na die waarde van inligting deur by onsself te begin: Hoeveel van ons eie inligting is reeds aan booswigte blootgestel? Hoe kry swendelaars besonderhede soos jou telefoonnommer in die hande? Wat kan ons doen om meer beheer oor ons persoonlike en professionele data te kry?
Die opleidingsessie sluit praktiese voorbeelde in, taktiese stappe om jou inligting te beskerm, en 'n demonstrasie van hulpmiddels wat ons kan help om die data waarmee ons elke dag werk, te beoordeel en te beskerm. Teen die einde van die sessie sal jy beter toegerus wees om die waarde en risiko's van inligting te identifiseer – en om betekenisvolle stappe te neem om dit te beskerm. Jy sal ook die geleentheid kry om jouself te “hack” en deur ’n assessering te werk.