Skip to main content

Akademici besin oor die transformerende nalatenskap van prof Lis Lange

Vooraanstaande akademici, kollegas en studente het by die US byeengekom om prof Lis Lange se wydlopende impak onder die loep te neem. Die simposium het Lange se nalatenskap in kurrikulumhervorming, bestuur en intellektuele aktivisme krities getakseer. ʼn Gedenkbundel gegrond op die referate wat by die simposium gelewer is, sal aanstaande jaar uitgegee word.

Gesondheid- en welweeswerksessie karteer ʼn vermenslikende pad vorentoe vir US

US-personeel het vir ʼn tweedaagse strategiese werksessie byeengekom wat deur die Institusionele Komitee vir Personeelgesondheid en Welwees aangebied is om saam ʼn meer geïntegreerde, multidimensionele, deernisvolle benadering tot gesondheid en welwees te skep. Deelnemers van die Welweesambassadeursprogram en ander omgewings het ernstig beraadslaag, bekommernisse én oplossings geopper en ʼn inspirerende gevallestudie geprys. Die werksessie was ʼn belangrike stap vorentoe in die formulering van ʼn waardegebaseerde welweesstrategie wat op moderne welweeswetenskap, medewerking, eerlikheid en ʼn gedeelde doelwit gegrond is.

Prof Lis Lange onthou vir haar integriteit, intellek en ontembare gees

Die Universiteit Stellenbosch het prof Lis Lange vereer vir haar intellek, integriteit en lewenslange toewyding aan transformasie in hoër onderwys. Sprekers, insluitend Prof Deresh Ramjugernath, het haar onthou as ‘n dapper en beginselvaste leier wat uitnemendheid en insluiting versinnebeeld het. Huldeblyke van familie en kollegas het haar warmte, humor en menslikheid gevier en bevestig dat haar nalatenskap sal voortduur deur die mense en instellings wat sy gevorm het.

Transformasie-indaba konfronteer die verlede, herverbeel die toekoms

Die Transformasie-indaba oor twee dae by die US is deur onverskrokke besinning oor die kompleksiteite van institusionele verandering gekenmerk. Sprekers het die Universiteit aangespoor om verder as beleid te beweeg na outentieke transformasie wat in empatie, billikheid en gedeelde verantwoordelikheid gewortel is. Die geleentheid het die US se verbintenis tot die bou van ʼn universiteit waar elke persoon werklik kan behoort, opnuut bevestig.

Universiteit Stellenbosch se Internasionale Ooptoegangweek Virtuele Seminaar.

08:45
10:45
Aanlyn
Stellenbosch University's annual International Open Access Week

AvOL-konferensie 2025: Ontmoet die lede van ons hoofredepanele

06:00
15:00
Protea Hotel Stellenbosch and Conference Centre in Technopark
Die Universiteit Stellenbosch (US) se Afdeling Leer- en Onderrigverryking sal op 3 en 4 November 2025 by die Protea Hotel Stellenbosch en die Konferensiesentrum in Technopark as gasheer optree vir die 18de jaarlikse Akademieskap van Onderrig en Leer (AvOL) konferensie.

Vars, toeganklik, toekomsgereed: Die US se nuwe webwerf is hier!

Skoon, moderne ontwerp met 'n meer intuïtiewe, gebruikersgerigte ervaring. Nie alle bladsye onmiddellik beskikbaar nie, bykomende inhoud en kenmerke sal gereeld bygevoeg word. Toeganklike ontwerp maak die webblad meer inklusief en verwelkomend.
Subscribe to