Skip to main content

FASILITEITSBESTUUR

Ons skep ruimtes wat uitnemendheid aan die Universiteit Stellenbosch aanvuur.

Die Afdeling Fasiliteitsbestuur is vir die Universiteit Stellenbosch (US) se fisieke kampusse verantwoordelik ‒ die akademiese, navorsings-, sport- en administratiewe ruimtes daarvan ‒ en vir die infrastruktuur wat die geboue en omliggende landskap ondersteun.

24-uur-NOODNOMMER

Tygerberg
021 931 5111

Dienstoonbank

The road to success is always under construction.

– Arnold Palmer (US pro golfer)

Interaktiewe kampuskaart

Die Universiteit Stellenbosch se reputasie as die mooiste en skilderagtigste kampus in Suid-Afrika het nie vanself ontstaan nie. Die Universiteit Stellenbosch Afdeling Fasiliteitsbestuur (USFB) werk voortdurend om te verseker dat die kampus nie net ’n plesier vir die oog is nie, maar dat dit die perfekte omgewing bly waar studente en personeel kan leer en werk, hulle besondere belangstellings nastreef en nuwe bande bou.

Daar is op enige gegewe oomblik nuwe fasiliteite in aanbou, wat jou op ’n ompad na jou gebou kan laat beland. Maar jy kan daarop vertrou dat die USFB onverpoosd agter die skerms werk om te verseker dat jou kampus ’n besondere plek bly wat op die hoogste vlak funksioneer. Ons bereik dit deur ons geboue en terreine noukeurig en volhoubaar te beplan, kundig op te knap en op te rig, en doeltreffend in stand te hou.

Bestuurspan

Ons fasiliteer studentesukses.
Ons skep leer- en leefomgewings wat uitnemendheid aanvuur, en wat leer en groei aanmoedig.
Ons bestuur fasiliteite doeltreffend en volhoubaar.
Ons werksaamhede en beplanning sluit by die Universiteit Stellenbosch se strategiese voorneme en strategie aan.

Nicolette van den Eijkel Chief Director: Facilities Management

Nicolette-1024x509.jpg
Madelaine.jpg

Madeleine Malan

Director: Business Management

Francois.jpg

Francois Swart

Director: Development Planning and Design

Japie.jpg

Japie Engelbrecht

Director: Project Management

Dan.jpg

Dan Prata

Director: Facilities Services 

Nadeem.jpg

Nadeem Gafieldien

Director: Property Services

Viljoen.jpg

Viljoen van der Walt

Director: Risk Management and Campus Security

Fasiliteitsbestuur: kurators van die Universiteit Stellenbosch se beboude omgewing

Die hoofoogmerk van die US se Afdeling Fasiliteitsbestuur is om ’n veilige werks-, studie- en leeromgewing te voorsien vir alle lede van die Universiteitsgemeenskap ‒ personeel, studente en ander belanghebbendes ingesluit. Ons is daartoe verbind om ander te behandel soos ons sou wou hê hulle óns moet behandel. Die USFB streef daarna om ons beste te gee tot voordeel van almal, en ons beoog om ’n trotse nalatenskap op te bou. Ons handel altyd eties en eerlik, en ons soek aktief idees en geleenthede uit om onsself, ons universiteit en ons dienste te verbeter.

Buildings-1.jpg

 

Biomediesenavorsingsinstituut (foto deur Curt Ruiters)

“One of the reasons South Africa was chosen for this initiative is the presence of this university, Stellenbosch, and its Biomedical Research Institute (BMRI) and Centre for Epidemic Response and Innovation (CERI), and the rest of the ecosystem that can support it. The capacity in this country will make the project successful.”

Dr Tedros Adhanom Ghebreyesus, Direkteur-Generaal van die WGO, in ’n mediatoespraak na ’n besoek aan die BMNI in Februarie 2022

Universiteit Stellenbosch Afdeling Fasiliteitsbestuur in syfers

Kampussekuriteit

Security-general-1-150x150.jpg

 

Kampussekuriteit

Die Universiteit Stellenbosch (US) se onderafdeling Kampussekuriteit is daarvoor verantwoordelik om ’n veilige en beveiligde omgewing vir die hele Universiteitsgemeenskap te skep ‒ die mense, eiendom en bates op die US se vyf kampusse. 

Dienstoonbank

Call-Centre-Service-desk-150x150.jpg

 

Dienstoonbank

Die USFB-dienstoonbank is die toegangsportaal en sentrale aanmeldingspunt vir alle versoeke en foute wat met fasiliteite op kampus verband hou. Die dienstoonbank beoordeel alle versoeke en wys dit aan interne US-instandhoudingspersoneel of eksterne diensverskaffers toe vir uitvoering, of eskaleer dit vir beoordeling of uitvoering as klein of kapitaalprojekte.

Omgewingsvolhoubaarheid

Sustainability-general-150x150.jpg

 

Omgewingsvolhoubaarheid

As deel van ons ambisieuse reis om teen 2050 netto nulpunt te bereik, het die Universiteit Stellenbosch die instelling se eerste Omgewingsvolhoubaarheidsplan (USOVP) ingestel. Met “Saam op reis na koolstofnulpunt” as slagspreuk organiseer USFB Omgewingsvolhoubaarheid verskeie projekte en geleenthede waarby hulle ook personeel en studente aanmoedig om betrokke te raak.

Security, services, and sustainability – in numbers

Building-150x150.jpg

466

Geboue
(787 972 m2)

Training-2-150x150.jpg

1 300

Lesingkamer Sitplekke

Parking-2-150x150.jpg

1 300

Parkeerbaaie

CCTV-security-150x150.jpg

1 300

CCTV-kameras

Work-outside-150x150.jpg

29 628

Blombeddings
(93 981 m2)

Eco-cycle-150x150.jpg

29 628

Bome

Security-general-1-150x150.jpg

29 628

Km / maand
Sekuriteitsvoertuigpatrollie

Kontak ons

Vind ons hier

Fasiliteitsbestuur
Hammanshandweg
Stellenbosch | Suid Afrika


phone-call.png

24-uur-NOODNOMMER

Stellenbosch 021 808 2333
Tygerberg 021 931 5111

support.png

Dienstoonbank

021 808 4666
[email protected]