Fasiliteitsdienste is daarvoor verantwoordelik om met kliënte uit die verskillende kampusomgewings te skakel oor die dienste wat die Afdeling Fasiliteitsbestuur (USFB) lewer. Hierdie onderafdeling koördineer ook die werk wat die USFB onderneem. Die kampusse is in klusters met spesifieke US-omgewings verdeel, elk met ’n kantoor vir die fasiliteitsbestuurder, wat die USFB verteenwoordig. US-omgewings het toegang tot die USFB-dienstoonbank om versoeke, projekte en klein werke aan te teken wat met instandhouding verband hou. Die USFB-dienstoonbank moniteer en beoordeel sake wat uit die US-omgewings aangeteken word.
Kontak die dienstoonbank
Die USFB-dienstoonbank is die toegangsportaal en sentrale aanmeldingspunt vir alle versoeke en foute wat met fasiliteite op kampus verband hou. Die dienstoonbank beoordeel alle versoeke en wys dit aan interne US-instandhoudingspersoneel of eksterne diensverskaffers toe vir uitvoering, of eskaleer dit vir beoordeling of uitvoering as klein of kapitaalprojekte. Die dienstoonbank moniteer en skakel met instandhoudingspanne oor die status van projekte en hanteer navrae vanuit die Universiteitsgemeenskap oor versoeke wat aangeteken is. Sodoende verseker ons voortgesette terugvoering.
Kontak ’n fasiliteitsbestuurder
Fasiliteitsbestuurders is die toegangsportaal vir kliënte uit die verskillende US-omgewings wat die USFB se dienste benodig. Elke bestuurder werk binne hulle bepaalde portefeulje en is daarvoor verantwoordelik om met die onderskeie US-omgewings te skakel en alle werkprojekte te koördineer.
Fasiliteitsbestuurders neem die leiding met alle diensverskafferkontrakte en diensvlakooreenkomste wat met skoonmaakdienste en sportterrein-instandhouding verband hou. Dit is die persoon met wie jy alle versoeke moet bespreek wat met die USFB verband hou, nadat dit by die dienstoonbank aangeteken is. Elke bestuurder is verantwoordelik vir ’n omskrewe portefeulje waarbinne hulle gekoördineerde dienslewering moet verseker en met kliënte moet skakel om te sorg dat aan hulle verwagtings voldoen word. Ontmoet ons span fasiliteitsbestuurders hier.
Bestuursinligting
Die Afdeling Fasiliteitsbestuur verskaf, via ons dienstoonbank, bestuursinligting oor die nakoming van steundiensooreenkomste. Ooreenkomste word opgestel om die besonderhede oor die omvang van dienste sowel as die gepaardgaande verantwoordelikhede, tydraamwerke en uitkomstes uiteen te sit. Sodoende verseker ons uitnemende diens.
Fasiliteitsbestuur-dienstoonbank
021 808 4666
E-pos: [email protected]
Selfdiensgebruikers
(slegs Planon-selfdiensgebruikers)
Registreer as selfdiensgebruiker.
Vind uit hoe om te registreer
Selfdiensgebruikers teken op die USFB-dienstoonbank aan onder die volgende kategorieë:
Oudio en visueel
Elektroniese media of toerusting wat ’n klank- en/of visuele komponent insluit ‒ soos projektors, skerms en mikrofone
Boumateriaal
Strukturele materiaal, bekleding, isolering, afwerkings wat die binnekant van ’n gebou omsluit en die binnekant van die buitekant afsluit ‒ soos deure, mure, vensters, vloermateriaal, dakke en blindings
Elektries
Elektriese dienste wat met die toevoer of verspreiding van elektrisiteit verband hou ‒ soos ligte, kragopwekkers, UPS’e (ononderbreekbare kragbron), kragproppe en elektriese of kraglyne, drade of kabels
Geleenthede
Vereistes vir die beplanning van geleenthede ‒ rakende fasiliteite, ablusiegeriewe, aanwysingsborde, gesondheid-veiligheid-omgewing (Eng. HSE) en tuindienste
Brand en alarms
Versoeke rakende brandoefeninge, foutiewe brand- en indringing-alarms, brandbestrydingstoerusting, aanwysingsborde, lewens- en vrieskasalarms, brand-water-netwerk en enige ander vorm van brandvoorkoming
Tuine en Terreine
Die instandhouding van die landskap en tuine ‒ soos besproeiing, binnenshuise plante, plaveisel, parkeerplekke en plaagbeheer
Meganies
Dienste of toerusting in ’n gebou of fasiliteit wat motore, masjiene of die vloei van vloeistowwe behels; gewoonlik gepaard met elektriese of elektromeganiese kontroles ‒ soos pompe en lugreëling, krane, gas en hysbakke
Klein werke
Opknapping en nuwe installasies; enige aanpassing aan dienste of installering van bates of toerusting, en die opgradering of sloping van fasiliteite wat minder as R500 000 werd is
Loodgieterswerk
Alle loodgietersdienste rakende die instandhouding van vaste toebehoorsels, warmwatersilinders, pype, kleppe, blokkasies, gryswaterstelsels, ensovoorts
Dienste
Ander dienste (wat nie onder die ander kategorieë tuishoort nie) ‒ soos plaagbeheer, brandstofverskaffing, nutsdienste, verhuisingsversoeke, luggehaltetoetsing, skoonmaakdienste en tydelike elektrisiteitsvoorsiening
Afval
Oplaai, vervoer, herwinning, wegdoen en behandeling van afvalmateriaal
Ontmoet die dienstoonbankspan
Dan Prata Director: Facilities Services
Meet our SUFM service desk team
Claudette Mackriel
Service Desk Supervisor
Joniven Adams
Service Desk Operator
Auriol Olivier
Service Desk Operator
Samantha Pekeur
Service Desk Operator