Skip to main content

Fasiliteitsbestuur

Ons rigtinggewende beginsels

SU_values_graphic

Die Afdeling Fasiliteitsbestuur se rigtinggewende beginsel is om te verseker dat die Universiteit Stellenbosch se beboude omgewing ordelik en volhoubaar beplan en ontwerp word. Ons oogmerk is om die US se ontwikkelingspotensiaal te maksimeer ooreenkomstig die institusionele visie en missie, en sonder om die bekoring en karakter van ons stedelike ontwikkeling aan te tas.