Stellenbosch University Eenheid vir Gestremdhede
Die Universiteit Stellenbosch se Eenheid vir Gestremdhede is daartoe verbind om die verwydering van struikelblokke te fasiliteer ten einde te verseker dat studente met gestremdhede se reis deur hulle studiejare gladweg verloop. Geïndividualiseerde ondersteuning en pasgemaakte hulpbronne om by jou unieke behoeftes te pas, word bespreek. Ons bemagtig jou om suksesvol te wees in jou akademiese en studentelewe. Ons doen dit deur nou saam met studente en personeel te werk om billike oplossings te vind.
Kontak ons
Ons Werk
Die Eenheid vir Gestremdhede spreek proaktief die unieke behoeftes van gestremde studente aan wat die Universiteit Stellenbosch hulle akademiese tuiste noem. Ons doel is om 'n bemagtigende omgewing te skep wat jou bemagtig om jou volle potensiaal te bereik deur doeltreffende integrasie in die studentegemeenskap. Ons verseker dat elke student billike toegang tot akademiese hulpbronne, gesondheids- en beradingsdienste het.
Ons span koördineer aansoeke vir assesseringstoegewings waarvoor studente via SUNStudent doen aansoek doen. Ons help fakulteite met die ontwikkeling van toeganklike studie- en assesseringsmateriaal wat aangepas is vir hulle individuele leerbehoeftes. Deur nou saam met elke student te werk, stel ons hulle in staat om akademiese uitdagings met selfvertroue en onafhanklik te hanteer en verseker ons praktiese, geïndividualiseerde oplossings vir elke stap van hulle universiteitsreis.
Ons dienste
Die Eenheid het die volgende fokusgebiede:
Akademiese ondersteuning
Ons koördineer aansoeke vir assesseringstoegewings waar studente ondersteuning soos bykomende skryftyd of vergrote lettergroottes vir assesserings nodig het. Studente doen via SUNStudent (onder Toetse en Eksamens) hiervoor aansoek. Studiemateriaal kan geformateer word vir hulle spesifieke behoeftes. Toegang tot sagteware soos skermlesers, braille-reliëfmasjiene en digitale vergrootglase is moontlik. Daarbenewens verbind ons jou ook met personeel wat jou raad kan gee oor die skryf van jou
Opleiding en werksessies
Ons bied opleiding en werksessies vir studente en personeel aan om te verseker dat die verbetering en verwydering van struikelblokke vir toeganklikheid vir studente met gestremdhede 'n gemeenskaplike verantwoordelikheid word. Hierdie sessies fokus op universele toegang en redelike tegemoetkoming in sy vele fasette, aangesien ons nie perfekte omgewings het nie. Ons kyk dieper na die verskillende ondersteuningsmiddele wat studente met betrekking tot hul spesifieke gestremdhede kan benodig.
Sport
Die Universiteit Stellenbosch bied 'n verskeidenheid sportsoorte aan vir persone met gestremdhede en Maties Sport dien reeds vir baie jare as oefenbasis vir van die land se voorste nasionale en internasionale atlete met gestremdhede. Ons sal jou met die regte personeellede in aanraking bring om te verseker dat jy kan voortgaan om jou sportdoelwitte na te streef of toegang tot sportkodes kan kry wat jy dalk wil ondersoek en beoefen.