Sentrum vir Onderrig en Leer
Wat ons doen
Die SOL se hoofdoel is om dosente se onderrigpraktyk te versterk en hul ontwikkeling as dosente te ondersteun.
Ons Dienste
Die Sentrum vir Onderrig en Leer se belangrikste verantwoordelikheid is om professionele leergeleenthede vir US-akademici aan te bied, insluitend:
Kortkursusse
Ons geakkrediteerde kortkursusse, geïnspireer deur onderrig-leer-assessering (OLA), sluit in: Assessering, Leer en Kunsmatige Intelligensie in OLA, Professionele Opvoedkundige Ontwikkeling vir nuut-aangestelde akademici (PREDAC), beursskappe oor Opvoedkundige Leierskap (SoEL) en Onderrig en Leer (SoTL). Ons bied ook opleidingskursusse aan vir dié wat leer tussen medestudente wil fasiliteer
Toekennings, beurse en befondsing
Ons bestuur verskeie befondsingsgeleenthede, erkenningsprogramme, beursskappe en toekennings vir dosente aan die US.
Gespreksreekse, werksessies en fakulteits- betrokkenheid
Die SOL bied elke maand Auxin-gesprekke oor OLA aan, en hou kwartaalliks verbeteringsessies oor onderrig en leer. Elke fakulteit het ook ’n aangewese adviseur van die SOL wat ondersteuning bied met OLA-aangeleenthede – insluitend module- en programvernuwing.
OLA-beleid, hulpbronne en navorsing
Ons bestuur die universiteit se amptelike OLA-riglyne, verskaf bykomende ondersteuning en hulpmiddels vir onderrigpraktyke, en moedig deelname aan navorsing in hierdie veld aan. Die stelsel vir terugvoer deur studente word ook deur die SOL bestuur.