Skip to main content

Sentrum vir Onderrig en Leer

By die Sentrum vir Onderrig en Leer (SOL) is ons hoofdoel om akademiese personeel aan die Universiteit Stellenbosch te ondersteun in hul onderrigtaak. Ons fokus op onderrig, leer en assessering (OLA) aan die US.

Kontak ons
Tel: +27 21 808 3717
Tel: +27 21 808 2813
E-pos: [email protected]

Straatadres
Manewales
Sentrum vir Onderrig en Leer
Bosmanstraat 15
Stellenbosch

Skuilhoek (agter die Konservatorium)
Sentrum vir Onderrig en Leer
Victoriastraat 41
Stellenbosch

Wat ons doen

Die SOL se hoofdoel is om dosente se onderrigpraktyk te versterk en hul ontwikkeling as dosente te ondersteun.

Ons Dienste

Die Sentrum vir Onderrig en Leer se belangrikste verantwoordelikheid is om professionele leergeleenthede vir US-akademici aan te bied, insluitend:

Kortkursusse

Ons US-geakkrediteerde kortkursusse, geïnspireer deur onderrig-leer-assessering (OLA), sluit in: Assessering, Leer en Kunsmatige Intelligensie in OLA, Professionele Opvoedkundige Ontwikkeling vir nuut-aangestelde akademici (PRONTAK), Akademieskap van Opvoedkundige Leierskap (SoEL) en Akademieskap van Onderrig en Leer (AvOL). Ons bied ook opleidingskursusse aan vir die Peer-to-Peer Fasilitering van Leer.

Toekennings, beurse en befondsing

Ons bestuur verskeie befondsingsgeleenthede, erkenningsprogramme, genootskappe en toekennings vir dosente aan die US.

Gespreksreekse, konferensies en fakulteits- betrokkenheid

Die SOL bied maandeliks OLA-gespreksessies aan (bekend as Auxins), sowel as kwartaallikse Leer- en Onderrigverryking seminare. Elke fakulteit het ook ’n aangewese SOL-adviseur wat ondersteuning bied met OLA-aangeleenthede insluitend module- en programvernuwing.

OLA-beleid, hulpbronne en navorsing

Ons bestuur institusionele OLA-beleide, verskaf addisionele hulpbronne en ondersteuning ten opsigte van OLA-praktyke, en moedig navorsing in die veld aan en neem daaraan deel. Die institusionele Studenteterugvoerstelsel word ook deur die SOL bestuur.