Skip to main content

Dr Sishuwa aangestel as besoekende navorser by Harvard

Dr Sishuwa is in die Fakulteit Lettere en Sosiale Wetenskappe gesetel. Hy sal 'n semester as besoekende navorser by Harvard deurbring. Hy is die skrywer van meer as 20 eweknie-geëvalueerde publikasies.

US vier installasie van gevorderde instrument, lui nuwe era vir isotoopwetenskap in

Hipermoderne navorsingstegnologie plaas US aan die voorpunt van hoë-presisie isotoopontleding in Afrika. Die nuwe instrument sal geleenthede vir Suid-Afrikaanse studente en navorsers skep om sleutelvaardighede in analitiese wetenskap te bekom. Universiteits- en bedryfsleiers het die installasie as 'n mylpaal beskou wat deure open vir navorsing en samewerking van wêreldgehalte.

US se Handlab en Book Dash open nuwe wêrelde vir dowe kinders

ʼn Mylpaalvennootskap bring die volledige Book Dash-biblioteek van meer as 200 Afrikaanse kinderboeke in Suid-Afrikaanse Gebaretaal (SAGT) tot lewe. Dowe storievertellers van reg oor die land sluit aan by die projek om ekspressiewe, kultureel diverse SAGT-storievideo’s te skep. Met meer as die helfte van die stories wat reeds in SAGT opgeneem is, dui die samewerking op ʼn groot verskuiwing na inklusiewe vroeë geletterdheid in Suid-Afrika.

US help SA voorberei op koolstofverwydering om aardverwarming te bekamp

Die Universiteit Stellenbosch het na vore getree om een van die mees betwiste, maar noodsaaklike gebiede van die respons tot aardverwarming te lei – koolstofdioksiedverwydering. ʼn Eerste nasionale werkswinkel om Suid-Afrika hierop voor te berei, het by die Stellenbosse Instituut vir Gevorderde Navorsing (STIAS) plaasgevind.

Akademici besin oor die transformerende nalatenskap van prof Lis Lange

Vooraanstaande akademici, kollegas en studente het by die US byeengekom om prof Lis Lange se wydlopende impak onder die loep te neem. Die simposium het Lange se nalatenskap in kurrikulumhervorming, bestuur en intellektuele aktivisme krities getakseer. ʼn Gedenkbundel gegrond op die referate wat by die simposium gelewer is, sal aanstaande jaar uitgegee word.

Gesondheid- en welweeswerksessie karteer ʼn vermenslikende pad vorentoe vir US

US-personeel het vir ʼn tweedaagse strategiese werksessie byeengekom wat deur die Institusionele Komitee vir Personeelgesondheid en Welwees aangebied is om saam ʼn meer geïntegreerde, multidimensionele, deernisvolle benadering tot gesondheid en welwees te skep. Deelnemers van die Welweesambassadeursprogram en ander omgewings het ernstig beraadslaag, bekommernisse én oplossings geopper en ʼn inspirerende gevallestudie geprys. Die werksessie was ʼn belangrike stap vorentoe in die formulering van ʼn waardegebaseerde welweesstrategie wat op moderne welweeswetenskap, medewerking, eerlikheid en ʼn gedeelde doelwit gegrond is.

Prof Lis Lange onthou vir haar integriteit, intellek en ontembare gees

Die Universiteit Stellenbosch het prof Lis Lange vereer vir haar intellek, integriteit en lewenslange toewyding aan transformasie in hoër onderwys. Sprekers, insluitend Prof Deresh Ramjugernath, het haar onthou as ‘n dapper en beginselvaste leier wat uitnemendheid en insluiting versinnebeeld het. Huldeblyke van familie en kollegas het haar warmte, humor en menslikheid gevier en bevestig dat haar nalatenskap sal voortduur deur die mense en instellings wat sy gevorm het.

Transformasie-indaba konfronteer die verlede, herverbeel die toekoms

Die Transformasie-indaba oor twee dae by die US is deur onverskrokke besinning oor die kompleksiteite van institusionele verandering gekenmerk. Sprekers het die Universiteit aangespoor om verder as beleid te beweeg na outentieke transformasie wat in empatie, billikheid en gedeelde verantwoordelikheid gewortel is. Die geleentheid het die US se verbintenis tot die bou van ʼn universiteit waar elke persoon werklik kan behoort, opnuut bevestig.
Subscribe to