Skip to main content

Openbare Pleine blaas lewe in ruimtes tússen vakgebiede

Anders as tradisionele navorsingstrukture, is Openbare Plein-groepe ontwerp as ruimtes in ʼn vroeë ontwikkelingsfase – waar idees getoets, verhoudings gebou en nuwe vorme van samewerking ontwikkel kan word voordat hulle vorm aanneem as formele projekte of strukture. Die inisiatief word gelei deur dr Astrid Treffry-Goatley.

Jacquin Flandorp help studente om hul voete te vind

#DagInDieLewe As 'n toonaangewende hoëronderwys- en navorsingsinstelling in Suid-Afrika is ons trots op ons diverse en talentvolle span van meer as 4 000 voltydse personeel – akademici, navorsers en professionele administratiewe steundienste-personeel – wat saamwerk om 'n omgewing te skep waar navorsing, kreatiwiteit en transformasie floreer. Met ons jaarlikse #DagInDieLewe-veldtog in Mei deel ons die stories van personeel aan die Universiteit Stellenbosh (SU) wat 'n deurslaggewende rol speel in die impak van die instelling.

Katalisators vir groei – US se Pro-visekanseliers gaan innovasie, vennootskappe en uitnemendheid bevorder

Die US het ses nuwe Pro-visekanseliers om innovasie aan te dryf, vennootskappe te bou en akademiese uitnemendheid te versterk. Pro-visekanseliers dien as ambassadeurs van die Universiteit en die Visekanselier. Hierdie poste vul die werk van Viserektore, Dekane en senior administrateurs aan deur gefokusde kundigheid en strategiese koördinering in prioriteitsareas te bied.

Dr Renée Goretsky skep geleenthede vir navorsers

#DagInDieLewe As 'n toonaangewende hoëronderwys- en navorsingsinstelling in Suid-Afrika is ons trots op ons diverse en talentvolle span van meer as 4 000 voltydse personeel – akademici, navorsers en professionele administratiewe steundienste-personeel – wat saamwerk om 'n omgewing te skep waar navorsing, kreatiwiteit en transformasie floreer. Met ons jaarlikse #DagInDieLewe-veldtog in Mei deel ons die stories van personeel aan die Universiteit Stellenbosh (SU) wat 'n deurslaggewende rol speel in die impak van die instelling.

Toegang tot finansiering help KMO’s oorleef – Prof Ashenafi Fanta

Prof Ashenafi Fanta van die Stellenbosch Bestuurskool het sy intreerede op Donderdag 7 Mei 2026 gelewer. Hy ondersoek hoe finansiële toegang die prestasie van KMO’s beïnvloed. Uitbreiding van digitale infrastruktuur en kredietwaarborgskemas kan KMO-finansiering verbeter.

Maggie Walters help ontwerp ruimtes waar akademiese uitmuntendheid kan floreer

#DagInDieLewe-veldtog As 'n toonaangewende hoëronderwys- en navorsingsinstelling in Suid-Afrika is ons trots op ons diverse en talentvolle span voltydse personeel – akademici, navorsers en professionele administratiewe steundienste-personeel – wat saamwerk om 'n omgewing te skep waar navorsing, kreatiwiteit en transformasie floreer. Met ons jaarlikse #DagInDieLewe-veldtog in Mei deel ons die stories van personeel aan die Universiteit Stellenbosh (SU) wat 'n deurslaggewende rol speel in die impak van die instelling.

US ʼn sleutelspeler in nuwe platform vir sterker voedselstelsels in Afrika

ʼn Nuwe platform is daarop gemik om die gaping tussen navorsing en implementering ten opsigte van voedselstelsels in Afrika te oorbrug. Die inisiatief word gesamentlik gelei deur die Universiteit Stellenbosch, die Universiteit van Ghana en Ethiopië se Instituut vir Beleidstudies. Die Afrika-streeksamewerking vir landbou, voeding en gesondheid (ANH-ARC) het ten doel om toegang tot bekostigbare, voedsame en volhoubare voedsel op die hele vasteland te verbeter.

Pulmonale hipertensie: 'n Wêreldwye gesondheidskrisis wat ons moet aanspreek

Wêreld-Pulmonale Hipertensiedag is op 5 Mei gevier. ʼn Kenner by die US, prof Gerald Maarman, het 'n meningsartikel geskryf. Hy fokus op maniere om die diagnose en behandeling van pulmonale hipertensie te verbeter.

Belangrike arbeidskwessies onder die soeklig op Werkersdag

Werkersdag was op 1 Mei. Kenners aan die Universiteit Stellenbosch het meningsartikels vir die media geskryf. Hulle het op sleutelkwessies wat werkers raak gefokus.

Siyavuya Ngemntu ondersteun studentereise oor grense heen

Subscribe to