#DagInDieLewe As ’n toonaangewende hoëronderwys- en navorsingsinstelling in Suid-Afrika is ons trots op ons diverse en talentvolle gemeenskap van meer as 4 000 voltydse personeellede – akademici, navorsers en professionele administratiewe steundienstepersoneel – wat saamwerk om ’n omgewing te skep waar ontdekking, kreatiwiteit en transformasie floreer. Met ons jaarlikse #DagInDieLewe-veldtog in Mei deel ons die stories van personeel aan die Universiteit Stellenbosh (SU) wat ’n deurslaggewende rol speel in die impak van die instelling.