Skip to main content

Rulanzen Martin bring hart, humor en tegniese vaardigheid na US se webspan

#DagInDieLewe As ’n toonaangewende hoëronderwys- en navorsingsinstelling in Suid-Afrika is ons trots op ons diverse en talentvolle gemeenskap van meer as 4 000 voltydse personeellede – akademici, navorsers en professionele administratiewe steundienstepersoneel – wat saamwerk om ’n omgewing te skep waar ontdekking, kreatiwiteit en transformasie floreer. Met ons jaarlikse #DagInDieLewe-veldtog in Mei deel ons die stories van personeel aan die Universiteit Stellenbosh (SU) wat ’n deurslaggewende rol speel in die impak van die instelling.

Navorsers aangemoedig om menslike oordeel in die kern van KI-gedrewe wetenskap te hou

Die US het Biblioteeknavorsingsweek 2026 met die tema “Wen Groot! Versterk jou navorsing” bekend gestel. Sprekers het die toenemende belangrikheid van KI-geletterdheid, navorsingsinfrastruktuur en etiese wetenskap in ʼn veranderende akademiese landskap benadruk. Prof Francesco Petruccione het gemaan dat KI ontdekking kan versnel, maar ook middelmatigheid kan laat toeneem indien dit onkrities gebruik word.

Nick Olivier bring struktuur en hart na studenteondersteuning op Saldanha-kampus

#DagInDieLewe As 'n toonaangewende hoëronderwys- en navorsingsinstelling in Suid-Afrika is ons trots op ons diverse en talentvolle span van meer as 4 000 voltydse personeel – akademici, navorsers en professionele administratiewe steundienste-personeel – wat saamwerk om 'n omgewing te skep waar navorsing, kreatiwiteit en transformasie floreer. Met ons jaarlikse #DagInDieLewe-veldtog in Mei deel ons die stories van personeel aan die Universiteit Stellenbosh (SU) wat 'n deurslaggewende rol speel in die impak van die instelling.

Prof Tammy Robinson-Smythe help om uitheemse mariene spesies in toom te hou

Prof Tammy Robinson-Smythe van die Sentrum vir Indringerbiologie het haar intreerede op Donderdag 14 Mei 2026 gelewer. Sy fokus op die verspreiding van uitheemse mariene spesies langs die Suid-Afrikaanse kus en hoe dit kan bestuur kan word. Haar werk poog om regerings- en bewaringsinstellings te ondersteun om mariene indringings te bestuur.

Olivia Adams help toekomstige studente om hul plek by die US te vind

#DagInDieLewe As 'n toonaangewende hoëronderwys- en navorsingsinstelling in Suid-Afrika is ons trots op ons diverse en talentvolle span van meer as 4 000 voltydse personeel – akademici, navorsers en professionele administratiewe steundienste-personeel – wat saamwerk om 'n omgewing te skep waar navorsing, kreatiwiteit en transformasie floreer. Met ons jaarlikse #DagInDieLewe-veldtog in Mei deel ons die stories van personeel aan die Universiteit Stellenbosh (SU) wat 'n deurslaggewende rol speel in die impak van die instelling.

President Ramaphosa vereer US-akademici vir globale bydraes tot genesing en wetenskap

Pres. Cyril Ramaphosa het vandag (19 Mei 2016) nasionale ordes aan US-akademici prof Pumla Gobodo-Madikizela en prof Tulio de Oliveira oorhandig. Gobodo-Madikizela het die Orde van die Kremetart (Brons) ontvang vir haar internasionaal erkende werk oor trauma, vergifnis en versoening. De Oliveira het die Orde van Mapungubwe (Goud) ontvang vir sy baanbrekende wetenskaplike leierskap tydens die Covid-19-pandemie.

Universiteite deurslaggewend vir SA se energie-oorgang, sê Ramokgopa aan US

Die Minister van Elektrisiteit en Energie, dr Kgosientsho Ramokgopa, het met personeel en studente by die Universiteit Stellenbosch (US) geskakel as deel van die Departement van Elektrisiteit en Energie se uitreikprogram oor nasionale energievaardighede. Suid-Afrika se energie-ambisies sal afhang van die vinnige uitbreiding van die land se ingenieurs- en tegniese vaardigheidsbasis. Die US deur sy Sentrum vir Hernubare en Volhoubare Energiestudies (CRES) en die Fakulteit Ingenieurswese geïdentifiseer as ’n sleutelvennoot vir die regering se uitreikaksie om sy vaardigheidsbasis uit te brei.

Maretha Joyce die stille krag agter die US se leierskap

#DagInDieLewe As 'n toonaangewende hoëronderwys- en navorsingsinstelling in Suid-Afrika is ons trots op ons diverse en talentvolle span van meer as 4 000 voltydse personeel – akademici, navorsers en professionele administratiewe steundienste-personeel – wat saamwerk om 'n omgewing te skep waar navorsing, kreatiwiteit en transformasie floreer. Met ons jaarlikse #DagInDieLewe-veldtog in Mei deel ons die stories van personeel aan die Universiteit Stellenbosh (SU) wat 'n deurslaggewende rol speel in die impak van die instelling.

Glansryke gala gedenk WAT se eeufees en band met die US

Die Woordeboek van die Afrikaanse Taal (WAT) het verlede week sy 100ste bestaansjaar met ’n glansryke gala-geleentheid in die Endlersaal gevier. Die woordeboek, wat sedert 1930 by die US gehuisves word, is die mees omvattende woordeboek van Afrikaans. Die US se steun aan die WAT vorm deel van die instelling se verbintenis tot die ontwikkeling van Afrikaans en tot meertaligheid.

Verpleegsters kort groter ondersteuning en professionele bemagtiging

Internasionale Verpleegstersdag word jaarliks op 12 Mei gevier. Kenners aan die US het meningsartikels geskryf. Hulle het op sekere uitdagings waarmee verpleegsters te kampe het, gefokus.
Subscribe to