Maart 2026 Gradeplegtigheid
Erkenning van akademiese uitnemendheid en prestasie
Universiteit Stellenbosch-gradeweek: 23 tot 26 Maart 2026
Gradeplegtighede is 'n spesiale mylpaal op ons akademiese kalender. Dit is wanneer ons ons gegradueerdes se akademiese reis en hul prestasies by die US as hulle akademiese tuiste vier.
Ons sien daarna uit om sertifikate, diplomas, grade en eredoktorsgrade toe te ken, en om jou en jou gaste by ons Maart-gradeweek by die Coetzenburg-sentrum te verwelkom.
Besonderhede oor gradeplegtighede
Beplan jou gradueringservaring met behulp van die belangrike datums en
plegtigheidskedule. Vind gedetailleerde inigting oor die verloop van
verrigtinge en wat om by jou gradeplegtigheid te verwag.
Ceremony Details
Plan your graduation experience with the key dates and ceremony schedule.
Find detailed information about the order of proceedings
and what to expect on your graduation day.
Bywoning en toegang
Ons wil hê jou gradeplegtigheidsdag moet vlot verloop. Hierdie inligtingsbronne sal jou help om vir die groot dag voor te berei - van die kaartjies vir jou gaste tot jou aankoms en die tref van spesiale reëlings.
Noodsaaklikhede vir jou gradeplegtigheid
Jou gradeplegtigheid is meer as net 'n seremonie – dis 'n oomblik om te onthou. Maak seker jy is gereed met die korrekte akademiese drag, professionele fotografie en die dokumentasie wat jy op die dag sal nodig hê.
Administrasie
Elke suksesvolle gradeplegtigheid verg sorgvuldige voorbereiding. Maak seker dat jy jou administratiewe vereistes nagekom het en hersien sleutelprosedures om vertragings of komplikasies te vermy.
Suksesverhale
Deur uitdagings baas te raak en lewenslange drome te verwesenlik, weerspieël elke gegradueerde se akademiese reis die diversiteit, vasberadenheid en uitnemendheid wat ons as Maties definieer.
Gebeure
Van een oorlog na 'n ander: SU bied gesprek aan oor vlugtelinge en migrante
Baie asielsoekers probeer geweld, vervolging en trauma in hulle geboorteland ontvlug, net om in Suid-Afrika voor nuwe uitdagings – aangehits deur xenofobie...
Institusionele nuus
Reshard se reis van Stellenbosch na Yale
Van ’n eerstegenerasie student wat met ’n werwingsbeurs aan die Universiteit Stellenbosch (US) kom studeer het, tot ’n doktorale kandidaat aan die gesogte Yale...
Menings en artikels
Suid-Afrika kort die moeder van alle in(ter)vensies
Internasionale Dag vir Vroue in Ingenieurswese is op 23 Junie gevier. In ʼn meningsartikel vir die Weekend Argus het Prof Sara Grobbelaar van die Departement...