Maart 2026 Gradeplegtigheid
Erkenning van akademiese uitnemendheid en prestasie
Universiteit Stellenbosch-gradeweek: 23 tot 26 Maart 2026
Gradeplegtighede is 'n spesiale mylpaal op ons akademiese kalender. Dit is wanneer ons ons gegradueerdes se akademiese reis en hul prestasies by die US as hulle akademiese tuiste vier.
Ons sien daarna uit om sertifikate, diplomas, grade en eredoktorsgrade toe te ken, en om jou en jou gaste by ons Maart-gradeweek by die Coetzenburg-sentrum te verwelkom.
Besonderhede oor gradeplegtighede
Beplan jou gradueringservaring met behulp van die belangrike datums en
plegtigheidskedule. Vind gedetailleerde inigting oor die verloop van
verrigtinge en wat om by jou gradeplegtigheid te verwag.
Ceremony Details
Plan your graduation experience with the key dates and ceremony schedule.
Find detailed information about the order of proceedings
and what to expect on your graduation day.
Bywoning en toegang
Ons wil hê jou gradeplegtigheidsdag moet vlot verloop. Hierdie inligtingsbronne sal jou help om vir die groot dag voor te berei - van die kaartjies vir jou gaste tot jou aankoms en die tref van spesiale reëlings.
Noodsaaklikhede vir jou gradeplegtigheid
Jou gradeplegtigheid is meer as net 'n seremonie – dis 'n oomblik om te onthou. Maak seker jy is gereed met die korrekte akademiese drag, professionele fotografie en die dokumentasie wat jy op die dag sal nodig hê.
Administrasie
Elke suksesvolle gradeplegtigheid verg sorgvuldige voorbereiding. Maak seker dat jy jou administratiewe vereistes nagekom het en hersien sleutelprosedures om vertragings of komplikasies te vermy.
Suksesverhale
Deur uitdagings baas te raak en lewenslange drome te verwesenlik, weerspieël elke gegradueerde se akademiese reis die diversiteit, vasberadenheid en uitnemendheid wat ons as Maties definieer.
Gebeure
‘ ’n Misdaad vergaan nie’: Afrikadag-lesing vra vir radikale slawerny-reparasies
Die slawerny van swart Afrikane was ’n “wêreldvernietigende misdaad” wat vandag steeds wêreldwye ongelykheid, soewereiniteit en mag vorm – en die tyd is nóú ryp...
Gebeure
70 jaar van genesing, wetenskap en menslikheid by FGGW-gala gevier
Elke dag word daar êrens in Suid-Afrika iemand se lewe verander deur die werk van die Universiteit Stellenbosch se Fakulteit Geneeskunde en...
Gebeure
Jaarlikse Jeugdaglesing konfronteer die toenemende gaping tussen grade en werk
Terwyl Suid-Afrika voorberei om volgende maand die 50ste herdenking van die 1976 Soweto-opstand te gedenk, het die Universiteit Stellenbosch (US) se jaarlikse...