Maart 2026 Gradeplegtigheid
Erkenning van akademiese uitnemendheid en prestasie
Universiteit Stellenbosch-gradeweek: 23 tot 26 Maart 2026
Gradeplegtighede is 'n spesiale mylpaal op ons akademiese kalender. Dit is wanneer ons ons gegradueerdes se akademiese reis en hul prestasies by die US as hulle akademiese tuiste vier.
Ons sien daarna uit om sertifikate, diplomas, grade en eredoktorsgrade toe te ken, en om jou en jou gaste by ons Maart-gradeweek by die Coetzenburg-sentrum te verwelkom.
Besonderhede oor gradeplegtighede
Beplan jou gradueringservaring met behulp van die belangrike datums en
plegtigheidskedule. Vind gedetailleerde inigting oor die verloop van
verrigtinge en wat om by jou gradeplegtigheid te verwag.
Ceremony Details
Plan your graduation experience with the key dates and ceremony schedule.
Find detailed information about the order of proceedings
and what to expect on your graduation day.
Bywoning en toegang
Ons wil hê jou gradeplegtigheidsdag moet vlot verloop. Hierdie inligtingsbronne sal jou help om vir die groot dag voor te berei - van die kaartjies vir jou gaste tot jou aankoms en die tref van spesiale reëlings.
Noodsaaklikhede vir jou gradeplegtigheid
Jou gradeplegtigheid is meer as net 'n seremonie – dis 'n oomblik om te onthou. Maak seker jy is gereed met die korrekte akademiese drag, professionele fotografie en die dokumentasie wat jy op die dag sal nodig hê.
Administrasie
Elke suksesvolle gradeplegtigheid verg sorgvuldige voorbereiding. Maak seker dat jy jou administratiewe vereistes nagekom het en hersien sleutelprosedures om vertragings of komplikasies te vermy.
Suksesverhale
Deur uitdagings baas te raak en lewenslange drome te verwesenlik, weerspieël elke gegradueerde se akademiese reis die diversiteit, vasberadenheid en uitnemendheid wat ons as Maties definieer.
Institusionele nuus
Lloyd gesels oor doelgerigtheid, veerkragtigheid en hoe hy sy pad vind
Vir Lloyd Phillips, ʼn alumnus van die Universiteit Stellenbosch (US), het Jeugdag nog altyd ‘n persoonlike betekenis gehad. Gebore op 16 Junie 2002, vier hy sy...
Gebeure
Nuwe argief by die US stel ’n verwaarloosde bevrydingsgeskiedenis in die kollig
’n Belangrike argief wat een van Suid-Afrika se invloedrykste bevrydingstradisies – wat nietemin dikwels verwaarloos word – dokumenteer, het ’n tuiste by die US...
Toekennings en mylpale
Topdosente in die kollig by OLA-viering
’n Uitgesoekte gehoor het onlangs by die Stellenbosse Instituut vir Gevorderde Navorsing (STIAS) bymekaargekom vir die Universiteit Stellenbosch (US) se...