Breadcrumb
Registrasie en gelde
Alles wat jy nodig het om suksesvol te registreer en jou studentegelde vir 2026 te bestuur.
2026 Registrasie
Alle nuwelingstudente (voorgraads en nagraads) en terugkerende voorgraadse en nagraadse studente moet vir die 2026 akademiese jaar by die Universiteit Stellenbosch registreer. Dit is elke student se verantwoordelikheid om te bevestig wanneer hulle moet registreer, en dat hulle vir die regte akademiese program en die korrekte modules geregistreer is.
Studente word aangemoedig om via die studenteportaal aanlyn te registreer (self-registrasie). Die gids vir aanlyn registrasie (Online Registration Guide) en die kitsgids vir registrasie (Registration Quick Reference Guide) verduidelik die proses stap vir stap. Ondersteunde registrasie sal op die Stellenbosch-, Tygerberg- en Bellvillepark-kampus beskikbaar wees vir studente wat nie aanlyn kan registreer nie.
- Let asseblief daarop dat daar verskillende registrasietydperke en -prosedures van toepassing is op nuweling-eerstejaarstudente en nuwe nagraadse studente, en vir terugkerende voorgraadse en nagraadse studente op die onderskeie kampusse.
- Nuweling- voorgraadse studente word aangeraai om die registrasieskedule noukeurig te volg. Sommige programme sal moontlik sluit sodra die betrokke teikengetal bereik is. Ons volg die beginsel van eerste kom, eerste bedien (first come, first served).
- Dit is noodsaaklik dat jy kennis neem van die spesifieke reëlings wat van toepassing is op jou studievlak, jou kampus en jou akademiese program. Volg die skakels vir kampus-spesifieke inligting (Stellenbosch, Tygerberg en Bellvillepark) en registrasiereëlings vir internasionale studente.
Registrasie-verwante dienste verskuif na die Coetzenburg-sentrum
Vanweë konstruksie in die Administrasie A-gebou, sal ondersteunde registrasie op die Stellenbosch-kampus in die Coetzenburg-sentrum (no 308 op die kampuskaart) plaasvind.
Alle registrasie-verwante dienste vir studente — onder meer die Sentrum vir Akademiese Administrasie, die Studente Akkommodasie Kantoor, Kliëntedienssentrum, die Sentrale Aansoekkantoor, Studentefinansies (gelde en beurse) en studentekaarte —sal van 12 Januarie tot 20 Februarie 2026 in die Coetzenburg-sentrum saamgetrek word.
- Nuwelingstudente en terugkerende studente wat vir fakulteite op die Stellenbosch-kampus registreer, moet die registrasieskedule vir ondersteunde registrasie raadpleeg. Let op die datum en tydgleuf wat aan jou studievlak, fakulteit en akademiese program toegeken is.
- Terugkerende voorgraadse studente van die Fakulteit Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe wat op die Stellenbosch-kampus studeer, kan by me Jamie Fredericks ([email protected]) in die Coetzenburg-sentrum registreer.
- Lees meer oor die Coetzenburg-sentrum.
Aanlyn registrasie
Stellenbosch
12 Januarie 2026: Aanlyn registrasie open vir senior voorgraadse studente (oorskakelingstudente uitgesluit) en nagraadse studente
22 Januarie 2026: Aanlyn registrasie open vir nuweling-eerstejaarstudente.
Registrasie Gidse
Kontakbesonderhede: studentedienste
Ons is daartoe verbind om julle deur die hele registrasieproses te ondersteun. Tree asseblief in verbinding met die studente-ondersteuningspan in jou fakulteit of akademiese program as jy enige vrae het.
Microsoft Authenticator
Alle nuwe en terugkerende studente moet voor registrasie die Microsoft-applikasie vir veelfaktorbekragtiging (multi-factor authentication app – MFA) op hul slimfoon of tablet aflaai. Microsoft stel dit as ‘n verpligte vereiste.
Stellenbosch-kampus: Nuwe eerstejaarstudente
Stellenbosch-kampus: Terugkerende studente
Kampus-spesifieke en internasionale registrasie
Stellenbosch-kampus: Koshuise en privaat verblyf
2026 Gelde
Om jou studentegelde te verstaan, is 'n belangrike deel van voorbereiding vir die akademiese jaar. Hierdie afdeling verskaf belangrike inligting oor klasgeld, verblyf en bykomende kostes, sowel as betalingsopsies om jou te help om met vertroue te beplan.
Inligting oor gelde