Laat aansoeke vir 2026- US-Befondsingsgeleenthede vir Voorgraadse Studente is nou oop. NSFAS-befondste studente word in die besonder aangemoedig om aansoek te doen vir bykomende befondsing om enige toelaagtekorte te dek.
Elke student aan die US is persoonlik verantwoordelik daarvoor om finansiële voorsiening vir die vereffening van hulle Studentegelderekening te maak. Daar is verskillende maniere om te sorg dat jou universiteitsopleiding by jou huishoudelike begroting pas: jy kan jou graadprogram deur ’n beurs, akademiese meriete of sporttoekenning, en/of ’n banklening befonds. Ons webwerf kan jou help om hierdie opsies te verken.
FINANSIËLE ONDERSTEUNING VIR 2026 NODIG?
Doen om Universiteit Stellenbosch-befondsingsgeleenthede (Eng. SUFO) vir voorgraadse studies aansoek.
Aansoektydperke:
Laat aansoeke is oop: 1 Februarie – 31 Maart 2026
Gaan asseblief die Befondsingsaansoekproses-webblad na vir gedetailleerde inligting oor die kwalifiserende kriteria, vereiste stawende dokumente en instruksies oor hoe om aansoek te doen.
Die Universiteit se fondse is beperk. Die feit dat jy om befondsing aansoek gedoen het, waarborg nie dat jy dit sal kry nie. Ons moedig jou aan om nie net by die Universiteit om finansiële steun aan te klop nie – ondersoek ook ander, eksterne befondsingsgeleenthede (privaat partye, die staat).
Die US glo dat alle studente wat die potensiaal het om akademiese sukses te behaal, die gepaste geleenthede gegun moet word. Die Sentrum vir Voorgraadse Beurse en Lenings probeer dus hulle bes om soveel steun moontlik te verskaf aan studente wat tot die Universiteit toegelaat word maar nie die finansiële hulpbronne het om hulle studies te onderneem nie.
BEURS
Kyk watter soorte beurse is beskikbaar.
Hoe om Aansoek te doen
Aansoekdatums, stappe, vorms en stawende dokumente
Banklening
Ondersoek die beskikbare opsies vir banklenings.
Visie en missie
Die Sentrum vir Voorgraadse Beurse en Lenings vorm deel van Studentefinansiering, wat onder die Afdeling Finansies aan die Universiteit Stellenbosch (US) ressorteer. Die Sentrum se primêre funksie is om beurse volgens die ooreengekome maatstawwe toe te ken en te bestuur.