Welkom by die Verantwoordelikheidsentrum: Studentedekaan (VS:SD), of wat ons eenvoudig Studentesake noem, by die Universiteit Stellenbosch. Ons sal saam met jou stap op jou universiteitsreis, jou akademiese sukses ondersteun, jou geleenthede bied vir persoonlike groei en leierskapontwikkeling, en jou koppel aan die korrekte dienste om jou holistiese welstand te verseker. Ons doelwit is om 'n inklusiewe en ondersteunende omgewing te skep waar jy as 'n leier kan groei, betekenisvolle verbindings kan bou en spesifieke gegradueerde eienskappe kan ontwikkel wat jou voorberei vir die lewe buite die US.
Die Verantwoordelikheidsentrum: Studentedekaan (VS:SD) bestaan uit twee sentra - die Sentrum vir Studentelewe en -leer (SSLL), en die Sentrum vir Studentevoorligting en -ontwikkeling (SSVO). Hierdie twee sentra bied 'n omvattende ondersteuningstelsel om jou te help om akademies en sosiaal te floreer as 'n toekomstige leier in jou gemeenskap en verder.
Office of the Dean of Students
The Office of the Dean of Students is primarily responsible for strategically and operationally managing the RC. The Dean of Students represents the RC and student related priorities on the SU management and governance structures including the Rectorate, Council, Senate and the Institutional Forum.
The office further takes responsibility for coordinating the work of Student Affairs at SU’s Tygerberg Campus, media and marketing and general administration.
SSVO eenhede
Sentrum vir Studentevoorligting en -ontwikkeling (SSVO)
Die Sentrum vir Studentevoorligting en -ontwikkeling (SSVO) bestaan uit vier eenhede wat almal saamwerk om jou welstand en akademiese sukses te verseker. SSVO is jou staatmakerbron vir sielkundige, ontwikkelings- en steundienste wat ontwerp is om jou te bemagtig en te help sukses behaal.
Die vier eenhede in SSVO is:
- die Eenheid vir Akademiese Voorligting en Ontwikkeling (EAVO)
- die Eenheid vir Gestremdhede (EG)
- die Eenheid vir Psigoterapeutiese en Ondersteuningsdienste (EPOD)
- die Eenheid vir Graduandi-loopbaandienste (EGLD)
Eenheid vir Akademiese Voorligting en Ontwikkeling (EAVO)
Die Eenheid vir Akademiese Voorligting en Ontwikkeling (EAVO) help jou om akademiese uitdagings aan te pak en jou akademiese vaardighede te verbeter. Die span bestaan uit opvoedkundige sielkundiges, ’n geregistreerde berader en sielkunde-interns.
Eenheid vir Gestremdhede (EG)
Die Eenheid vir Gestremdhede (EG) is hier om studente met gestremdhede te ondersteun. As jy raad oor akademiese steun, oplossings of toeganklike studiemateriaal vir jou unieke behoeftes nodig het, is ons daar. Die Eenheid se werksaamhede word gelei deur die US Beleid oor Gestremdheidstoegang.
Eenheid vir Psigoterapeutiese en Ondersteuningsdienste (EPOD)
Die lewe op universiteit kan soms nogal oorweldigend wees. Die Eenheid vir Psigoterapeutiese en Ondersteuningsdienste (EPOD) is hier om jou deur daardie uitdagende tye te help met die individuele en groepterapie wat ons verskaf en met ons werksessies. Ons sielkundiges en geregistreerde berader bied...
Eenheid vir Graduandi-Loopbaandienste (EGLD)
Wonder jy ooit wat voorlê nadat jy klaar studeer het? Die EGLD is jou gids om die oorgang van opvoeding na indiensneming, van boeke na die beroep, seepglad te laat verloop. Ons rus jou toe om sonder struikeling en met selfvertroue die oorgang na die werkswêreld te navigeer.
Top stories
Kampuslewe
Hierdie vakansie neem Maties weer die “Neem die US terug huis toe”-inisiatief na hul tuisgemeenskappe
Die Afdeling Studentewerwing (ASW) het die “Neem die US terug huis toe”-inisiatief in Junie 2025 van stapel gestuur ná verskeie versoeke oor die jare van...
Kampuslewe
Hoofmentors besin oor leierskap en transformasie tydens Robbeneiland-besoek
’n Groep hoofmentors van die Universiteit Stellenbosch (US) het Robbeneiland onlangs besoek as deel van die US Mentorprogram se ervaringsleerkurrikulum wat op...
Toekennings en mylpale
Monica Dameskoshuis vier 100 jaar se geskiedenis, refleksie en gemeenskapsgees
Die Universiteit Stellenbosch (US) se Monica Dameskoshuis het op 14 Mei 2026 ’n historiese mylpaal bereik toe studente, personeel, en universiteitsleiers in...