Skip to main content

Skep 'n vuurwarm LinkedIn-profiel

Datum: 23 Julie 2026 19:00 - 23 Julie 2026 20:00
Voeg by jou kalender: Google | Apple | Outlook
Gebeurtenistipe:
Vergaderplek:
Online via MS Teams
Kaartjies: Register here

Kontakbesonderhede

Die Eenheid vir Graduandi-loopbaandienste nooi studente van die Universiteit Stellenbosch in te skakel by die LinkedIn Rock Your Profile-sessie wat ontwerp is om studente te help om 'n sterk professionele teenwoordigheid op LinkedIn te bou en hulle loopbaangeleenthede te maksimaliseer.

Aangesien LinkedIn steeds 'n sleutelrol in die werwing van gegradueerdes en die bou van professionele netwerke speel, sal hierdie sessie praktiese leiding aan studente bied oor hoe om 'n goeie eerste indruk te maak, te verstaan hoe werwers na talent soek, betekenisvolle professionele verbindings te ontwikkel en LinkedIn as 'n instrument vir loopbaangroei te gebruik.

Die werksessie word deur Rodi Adin, Kliëntesuksesbestuurder by LinkedIn Internasionaal se hoofkantoor in Dublin, aangebied en sal kundige insigte deel oor hoe studente die platform strategies kan gebruik om hulle persoonlike handelsmerk te bou en toegang tot loopbaangeleenthede te verkry.

Registrasie: Beperkte plekke beskikbaar. Studente word aangemoedig om vroeg te registreer om hulle plek te verseker.

Registreer hier

Tags: