Skip to main content

Roosters


Algemene inligting

BELANGRIK: Maak asseblief seker dat jy jou “Preferred language of teaching” (nl. Afrikaans of Engels) aangedui het as deel van jou Persoonlike Inligting in SUNStudent. Dit sal verseker dat jy in klasse ingedeel word wat in jou voorkeurtaal aangebied word – waar van toepassing.

Deel A: Klasroosterinligting vir eerstejaar studente

As jy ‘n eerstejaar student is (UITGESONDER die programme gelys in deel B), word jy aan die begin van die akademiese jaar in groepe ingedeel deur ons en jy kry ‘n persoonlike klasrooster op die Vrydag voor die klasse begin. 

As jy van kursus, module of voorkeurtaal van onderrig (“contact language”) op die SUNStudent portal verander, sal jou nuwe klasrooster op die web wees die VOLGENDE oggend.

Jou persoonlike klasrooster is op die web beskikbaar deur op Klasrooster (alle modules) hierbo te kliek of as volg: 
> My.SUN
> Voorgraads 
> Studies
> Klasrooster (alle modules)
 

NB! Eerstejaar studente se persoonlike klasroosters word slegs vir die eerste twee weke van semester 1 opdateer op die web. Na die eerste twee weke kan eerstejaar studente nuwe modules waarvoor hulle registreer se klasroosters op die web verkry soos beskryf in ‘Klasrooster inligting vir senior voorgraadse studente’.

Die klasrooster slegs in Engels beskikbaar. Indien jy ‘n modulenaam wil vertaal van Afrikaans na Engels, kan jy hierbo op ‘Vertaling van modulename’ kliek.

Vir verdere wenke en instruksies, verwys na die Eerstejaar FAQs.

Raadpleeg SUNLearn vir verdere besonderhede per module.

 Deel B:  Die uitsonderings genoem in Deel A

Die uitsonderings genoem in Deel A kan hul klasroosters met groepindeling as volg verkry:

ProgramKlasrooster inligting

Ingenieurswese

Groep 1 tot Groep 4:

Navrae: Mnr A Engelbrecht (Algemene Ing A213)

BSc Bosbou (Hout en Houtprodukkunde) 

Navrae: Mev Gretchen Dube (PO Sauer 1002)

 

 

 

 

 

 Stappe:

Kliek op Klasrooster (alle modules) hierbo te kliek of as volg:
> My.SUN
> Voorgraads 
> Studies
> Klasrooster (alle modules) – soek jou pragram onder “Student Sets”.

Verwys na die “Help” bladsy in die toepassing, indien nodig

 

 

 

 

BA met Musiek

Mej Christon Southgate; Konservatorium A119 

Me Danell Herbst-Müller, Konservatorium

Arbeidsterapie

 

Spraak-, Taal- en Gehoorterapie

Departement sal verskaf. 

 

Navrae: Mej Jamie-Lee Fredericks (Anorganiese Chemie 2004)

BSc Verlengde Kurrikulum Program (VKP)Navrae: Me. Maudrie Claasen (Anorganiese Chemie 2004)

1. Wanneer sal die klasroosters beskikbaar wees? 
Jy sal ’n persoonlike klasrooster via die roostertoepassing (app) ontvang op die Vrydag voor die klasse begin. Indien jy, nadat jy jou persoonlike klasrooster ontvang het, veranderinge aan jou program, modules of voorkeurtaal van onderrig aanbring, sal jou bygewerkte klasrooster die VOLGENDE oggend beskikbaar wees onder “Klasrooster (alle modules)”. 

LET WEL: Jou persoonlike klasrooster sal slegs gedurende die eerste twee weke van semester 1 vir jou bygewerk word. Na die eerste twee weke, kan jy die nuwe klasrooster met nuwe modules waarvoor jy geregistreer het kry deur die stappe beskryf in Vraag 5 te volg. 

2. Hoe kry ek toegang tot die "My Timetable"- toepassing? 
(a) Klik op die skakel “Klasrooster (alle modules)” op hierdie webblad en teken aan met jou US-e-pos en -wagwoord. 

(b) Jy sal outomaties op die “My Timetable”-blad land.  

(c) Selekteer die betrokke week (bv. die eerste week van semester 1) uit die "Calendar"-aftreklys wat bo-aan die “My Timetable”-toepassing is.

3. Hoe sal ek weet of ek ’n roosterbotsing het? 
Geen aktiwiteite sal op die “My Timetable”toepassing vertoon nie. Kontak Maudrie Claasen (Anorganiese Chemie Gebou, Kamer 2004, of [email protected]) om navraag te doen oor die roosterbotsing en om te bepaal of dit opgelos kan word. Indien die botsing opgelos kan word, sal jou persoonlike rooster op die "My Timetable" toepassing toeganklik wees deur die stappe te volg soos beskryf in Vraag 2 hierbo.

LET WEL: Jou persoonlike klasrooster sal slegs gedurende die eerste twee weke van semester 1 vir jou bygewerk word. Na die eerste twee weke, kan jy die nuwe klasrooster met nuwe modules waarvoor jy geregistreer het kry deur die stappe beskryf in Vraag 5 te volg. 

4. Ek het ’n verandering gemaak aan my registrasie; hoekom vertoon dit nie op die “My Timetable” toepassing nie?
Jou persoonlike klasrooster op die “My Timetable” toepassing word vir die eerste twee weke van semester 1 vir jou bygewerk. Indien jy gedurende die eerste twee weke van semester 1 (a) ’n module afhaal/byvoeg of (b) van program/fokusarea verander of (c) jou voorkeurtaal van onderrig verander, op ’n spesifieke dag, sal jou aangepaste klasrooster nie reeds dieselfde dag nie, maar wel die VOLGENDE oggend vertoon.

LET WEL: Indien jy na die eerste twee weke van die semester 1 enige veranderinge aan jou program/fokusarea of module maak, kan jy jou aangepaste klasroosters verkry deur die stappe soos beskryf in Vraag 5 hieronder te volg.

5. Hoe kry ek ’n klasrooster indien ek veranderinge maak aan my registrasie na die eerste twee weke van semester 1?
Gebruik die “Find Timetable”-funksionaliteit in die "My Timetable"- toepassing. Kies die module(s) wat jy wil verander of byvoeg en dan die lesing/tutoriaal/praktiese groep van hierdie module(s). Jy kan jou veranderinge nagaan voordat hulle permanent toegepas word deur die “COMBINED”-uitbeeldingtipe in die “Preview Timetable”-venster te selekteer. Om jou veranderinge permanent toe te pas en te stoor, klik op “save”. 

6. Hoe kry ek ’n klasrooster vir ’n module waarvoor ek nie geregistreer is nie?
Gebruik die “Find Timetable”-funksionaliteit op die "My Timetable"- toepassing. Kies die module waarvoor jy nie geregistreer is nie en dan die lesing/tutoriaal/praktiese groep. Jy kan die klasrooster vir hierdie module vooraf besigtig sonder dat dit permanent toegepas word deur die “COMBINED”-uitbeeldingtipe in die “Preview Timetable”-venster te selekteer. Om die verandering permanent toe te pas en te stoor, klik op “save”.

7. Waar kan ek meer inligting oor die gebruik van die "My Timetable"-blad kry?
Raadpleeg die “Help”-blad, wat vanaf die "My Timetable"- toepassing gevind kan word, vir verdere, nuttige wenke.  

Indien jy enige verdere navrae het, kontak gerus vir Maudrie Claasen by [email protected].

As jy ‘n senior student is, kies enige groep wat op jou rooster inpas, met uitsondering van ‘n aantal programme waarvoor jou fakulteit jou sal inlig as jy by 'n spesifieke groep moet inskakel.

Klasroosters is op die web beskikbaar deur op ‘Klasrooster (alle modules)’ hierbo te kliek of as volg:

> My.SUN
> Voorgraads 
> Studies
> Klasrooster (alle modules) -  hiermee kan ‘n persoonlike klasrooster saamgestel word. Raadpleeg die “Help”-skakel in “My Timetable” vir verdere  besonderhede.

Raadpleeg SUNLearn vir verdere besonderhede per module.

Vir toegang tot persoonlike assesseringsroosters kan studente op hul SUNStudent profiel aanteken. 

Die Assesseringsroosters van alle voorgraadse modules is op die web beskikbaar deur op ‘Assesseringsrooster (alle modules)’  hierbo te kliek of as volg: 

> My.SUN
> Voorgraads
> Studies
> Assesseringsroosters (alle modules)

Vir navrae oor Klas- en Assesseringsroosters, kontak asseblief vir: Maudrie Claasen by [email protected]

Kontak ons

Me Maudrie Claasen
+27 21 808 9111