Finale toelating
Die Universiteit Stellenbosch (US) sal ‘n finale aanbod maak op grond van aansoekers se finale matriekuitslae wat na 13 Januarie 2026 verwag word. Dit is egter ‘n voorlopige datum aangesien dit afhang van wanneer die nasionale matriekuitslae uitgereik word.
Die Departement van Basiese Onderwys sal die amptelike finale uitslae van die Nasionale Senior Sertifikaat (NSC), die Onafhanklike Eskamenraad (IEB) en die Suid-Afrikaanse Komprehensiewe Assesseringsinstituut (SACAI) aan die Universiteit Stellenbosch verskaf. Aansoekers in hierdie kategorie hoef nie hulle uitslae by die US in te dien nie.
Die Universiteit Stellenbosch behou die reg voor om bykomende keuringskriteria op aansoekers met voorlopige toelating toe te pas, byvoorbeeld deur voorkeur te gee aan aansoekers met die beste finale uitslae, of deur toelating te beperk as die betrokke program vol is.
Aanvaar US se aanbod
Jy sal twee dae tyd hê om die US se finale aanbod te aanvaar voordat dit verval. Hou jou e-pos fyn dop vir enige aankondigings en gaan gereeld jou toelatingstatus via die Aansoekportaal na.
Neem kennis van die volgende wanneer jy ‘n aanbod aanvaar:
- Jy kan eers registreer nadat jy jou finale aanbod aanvaar het.
- Jou aanmeldbesonderhede sal in ‘n afsonderlike e-pos aan jou gestuur word.
- Nuweling-eerstejaarstudente kan eers vanaf 22 Januarie 2026 registreer.