Skip to main content

Voorgraads

Verken ons voorgraadse programme.

Voorgraadse Programme

Vou alles toe

AgriWetenskappe

10 programme
B in Datawetenskap: AgriWetenskappe
AgriWetenskappe
Baccalaureusgraad
Vier jaar
Stellenbosch

Vir mense wat van rekenaars en wiskunde hou en om inligting deur data-analise te ontdek, gee die program B in Datawetenskap (BDatSci) deeglike onderbou in alle aspekte van die datalewensiklus. Die datalewensiklus behels data-insameling, -prosessering, -analise en -visualisering.

Bykomend hiertoe en om jou nog beter voor te berei vir die industrie, kies jy een van agt fokusareas (of strome). Só verwerf jy kundigheid in die toepassing van datawetenskap in ’n spesifieke gebied of spesialiseer jy in ’n sekere aspek van datawetenskap.

Die vierjarige BDatSci-program  bestaan uit 'n stel verpligte kernmodules in elke jaar. Die kernmodules lê 'n fondament vir studie in die veld Datawetenskap, terwyl die fokusarea wat jy kies, jou ander modules bepaal.

Vier fakulteite werk saam om die program aan te bied: AgriWetenskappe, Ekonomiese en Bestuurswetenskappe, Lettere en Sosiale Wetenskappe, en Natuurwetenskappe. Die fokusarea wat jy kies, bepaal die fakulteit waarin jy vir BDatSci gaan registreer. Die fakulteit waarin jy geregistreer is, sal ook uiteindelik die graad aan jou toeken.

  • Analitika en Optimering (Fakulteit Ekonomiese en Bestuurswetenskappe) leer jou tegnieke om regtewêreldprobleme optimaal op te los deur hulle in basiese komponente af te breek en met wiskundige metodes in gedefinieerde stappe op te los.
  • Gedragsekonomie (Fakulteit Ekonomiese en Bestuurswetenskappe) bestudeer die invloed van sielkundige en ekonomiese faktore op die besluite van beleggers, verbruikers, werkers, politici, ondernemings en bestuurders.
  • GeoInformatika (Fakulteit Lettere en Sosiale Wetenskappe) werk met die struktuur en eienskappe van ruimtelike inligting en is die wetenskap en tegnologie vir die vaslegging, klassifikasie en kwalifikasie, berging, verwerking, uitbeelding en verspreiding van ruimtelike data.
  • Rekenaarswetenskap (Fakulteit Natuurwetenskappe) gee studente omvattende opleiding in effektiewe data-organisering en -prosessering, sowel as relevante kunsmatige intelligensie- en masjienleertegnieke.
  • Statistiese Fisika (Fakulteit Natuurwetenskappe) ontwikkel studente se kundigheid in Fisika, wat hulle voorberei vir uitdagings met betrekking tot data-analise in die Fisika-domein.
  • Statistiese Genetika (Fakulteit AgriWetenskappe) maak gebruik van statistiese metodes om afleidings oor genetiese data te maak in velde soos populasie- kwantitatiewe genetika (deur plantetelers en bewaringsgenetici) en genetiese epidemiologie waar die gevolge van gene op siektes bestudeer word.
  • Statistiese Leer (Fakulteit Ekonomiese en Bestuurswetenskappe) behels die identifisering van tendense en patrone in data, wat dan gebruik kan word om statistiese modelle vir voorspelling of klassifisering te ontwikkel.
  • Toegepaste Wiskunde (Fakulteit Natuurwetenskappe) gee studente omvattende opleiding in wiskundige modelleringstegnieke wat uiters handig is vir effektiewe data-analise.
BAgric in Agribesigheidsbestuur
AgriWetenskappe
Baccalaureusgraad
Drie jaar
Stellenbosch

Studente wat hierdie driejarige program in agribesigheidsbestuur volg, kan geleenthede aangryp as produksie-, bemarking-, aankope- en algemene bestuurders in organisasies wat landbou-insette verskaf, landbouverwerking doen en landbou-in- en -uitvoere doen. Handelsbanke en ander finansiële instellings bied ook opsies vir landbou-ekonome. Dié werk behels o.a. lewensvatbaarheidstudies en die opstel en evaluasie van sakeplanne en kontantvloeibeplanning.

BAgric in Landbouproduksie en -bestuur: Elsenburg
AgriWetenskappe
Baccalaureusgraad
Drie jaar
Elsenburg

Die BAgric-program in toegepaste landbouproduksie en -bestuur is praktykgerig, maar verskaf terselfdertyd wetenskaplike kennis om te voorsien in die behoeftes en uitdagings van die moderne landbou. Daar word gefokus op die ekonomiese en tegniese bestuur van kommersiële boerderye en landbouverwante produksiestelsels.

Hierdie program word in samewerking met Elsenburg Landbouopleidingsinstituut aangebied. Studente woon op Elsenburgkampus, waar hulle ook ál hulle opleiding ontvang.

Vir verdere inligting, kontak Elsenburg direk by 021 808 5451.

BSc in Bewaringsekologie
AgriWetenskappe
Baccalaureusgraad
Vier jaar
Stellenbosch

Wil jy eendag in jou werk die wêreld se bewaringsuitdagings aanpak? Hierdie unieke program, met nadruk op sosiaal-ekologiese sisteme, rus jou toe vir 'n groot verskeidenheid loopbane in bewaringsekologie. Jy kan kies tussen loopbane in omgewing-impakassessering en -monitering (landelik en varswater), restourasie-ekologie, wildplaasbestuur, ekotoerisme, gemeenskap-gebaseerde natuurlike hulpbronbestuur en omgewingsbewuste, volhoubare produksie in landbou en bosbou (insluitend organiese plantbestuur), bewaringsbeplanning en navorsing in bewaringsbiologie.

BSc in Bosbou (Bosbou- en Houtwetenskappe) (BScBosb)
AgriWetenskappe
Baccalaureusgraad
Vier jaar
Stellenbosch

Bosbou- en Natuurlikehulpbronwetenskappe:
Hierdie rigting handel oor bosse, woude, plantasies en ander boom-gebaseerde landgebruikstelsels. Die studieprogram stel jou bekend aan die hele bosbou- en houtprodukte-waardeketting, soos die kweek en inoesting van bome, die bestuur van plantasies en sosio-ekonomiese en bewaringsaspekte. Die program skop af met modules in Biologie, Chemie, Geo-omgewingswetenskap, Rekenaarvaardigheid en Wiskunde saam met 'n module in Boskunde. Vanaf die tweede studiejaar bestudeer jy die basiese toegepaste wetenskappe soos Grondkunde en Biometrie en in die derde en vierde studiejaar neem jy verskeie modules in Boskunde wat uitloop op 'n oorkoepelende bosbou-bestuursplan.

Hout- en Houtprodukkunde:
Hierdie rigting is 'n kombinasie van houtprodukkunde en ingenieursmodules. Kennis van houtprodukkunde word gekombineer met modules soos Sterkteleer, Gehaltebestuur, Bedryfsergonomie, Omgewingsingenieurswese en Ondernemingsontwerp om 'n graad te skep wat gesogte leiers vir die houtprodukte-omgewing oplewer.

Aangesien daar 'n tekort aan opgeleide kundiges in hierdie studieveld is, is baie beurse beskikbaar: 'n groot persentasie van ons voorgraadse studente ontvang volle beurse! Studente wat hierdie program voltooi, volg meestal loopbane as bosboukundige of houtkundige bestuurders. Daar is ook geleenthede as omgewingsbeplanners, konsultante, kontrakteurs, entrepreneurs, voorligters en navorsers.

BSc in Voedselwetenskap
AgriWetenskappe
Baccalaureusgraad
Vier jaar
Stellenbosch

Indien jy oor probleemoplossingsvaardighede en kreatiewe vermoëns beskik en 'n sterk belangstelling het in die wetenskap van voedsel, is dit die program vir jou!

Hierdie vierjarige program lei studente op om rou materiale te omskep in die innoverende, veilige, voedsame en smaaklike voedselprodukte beskikbaar in supermarkte. Jy word geleer om kennis van die fundamentele wetenskappe soos chemie, biochemie, fisika, wiskunde en mikrobiologie toe te pas in voedselprosessering, -preservering, -verpakking en -produkontwikkeling.

Tydens die studiejare is daar noue kontak met die Suid-Afrikaanse voedselindustrie deur gereelde fabrieksbesoeke en verpligte praktykopleiding. Hierdeur maak jy kennis met 'n wye verskeidenheid aspekte van die voedselwetenskapstudierigting.

Studente wat die graad BScVoedselwet verwerf, kan aangestel word as innoverende produkontwikkelaars, of as bestuurders van verskeie afdelings in voedselmaatskappye, soos produksie, produkontwikkeling, kwaliteitskontrole, navorsing en ontwikkeling, en tegnies. Hulle kan ook as navorsers by tersiêre- en navorsingsinstitute werk of entrepreneurs word en, nadat ondervinding opgedoen is, konsultante vir die voedselbedryf. Stellenbosch Universiteit se voedselwetenskaplikes is wêreldwyd gesog.

BScAgric in Diereproduksiestelsels
AgriWetenskappe
Baccalaureusgraad
Vier jaar
Stellenbosch

Hierdie program integreer kennis van die ekologie, biochemie, fisiologie, voeding, teling, produksie en produkkwaliteit van veeproduksiestelsels. Dit dek ook die bestuur van veeproduksiestelsels vir verhoogde produksie en produksie-doeltreffendheid op 'n omgewingsvriendelike en ekonomies doeltreffende manier. In die breër bedryfsveld van diereproduksiestelsels is daar 'n keuse van studierigtings: jy kan suiwer veekundige wetenskappe neem of jy kan veekundige wetenskappe volgens jou belangstelling kombineer met onder andere agronomie, akwakultuur, bewaringsekologie of landbou-ekonomie.

As jy een van hierdie rigtings volg, word jy voorberei vir 'n loopbaan as konsultant, entrepreneur, bestuurder, tegnikus, voorligter of produksiebestuurder in veekunde en in veekundeverwante bedrywe (soos dierevoeding, vleiskunde, dierefisiologie, diere-reproduksie en diereteling) of in die akwakultuurbedryf of as vee- of wildboer.

BScAgric in Landbou-ekonomie
AgriWetenskappe
Baccalaureusgraad
Vier jaar
Stellenbosch

Hierdie vierjarige program vestig vaardighede in die gebruik van landbou-ekonomiese en -bestuurstegnieke onder voornemende landbou-ekonome en bestuurskundiges in die openbare en privaat sektor. Die program bied 'n keuse uit die volgende studierigtings: landbou-ekonomiese analise, landbou-ekonomiese analise en -bestuur, landbou-ekonomiese analise en bestuur met voedselwetenskap, en landbou-ekonomie met voedselwetenskap (voedselverwerkingsbestuur).

BScAgric in Plant- en Grondwetenskappe
AgriWetenskappe
Baccalaureusgraad
Vier jaar
Stellenbosch

Die vierjarige program in plant- en grondwetenskappe dek opleiding in akkerbou-, weidings- en groentegewasse, aromatiese plante, sagtevrugte, sitrus, snyblomme en wingerd. Kennis van biochemie, grondkunde, landbou-ekonomie, genetika, entomologie, nematologie, plantpatologie, biometrie en gewasproduksie word geïntegreer tot 'n sinvolle geheel.

BScAgric in Wingerd- en Wynkunde
AgriWetenskappe
Baccalaureusgraad
Vier jaar
Stellenbosch

Hierdie program dek die studierigting wynproduksiestelsels en leer jou van die wingerdstok, sy struktuur en hoe om die plant wetenskaplik te manipuleer. So leer jy om, in harmonie met die omgewing, volhoubare wingerde te ontwikkel wat gebruik kan word om unieke wyne te produseer. Verder doen jy deeglike kennis op van die chemiese en biologiese prosesse wat by die maak van wyn- en brandewynprodukte betrokke is. Studente spandeer 'n groot gedeelte van hul graad in diensleer en internskappe. Só kry hulle vroeg reeds werksondervinding, blootstelling aan die industrie en kennis oor hulle uitgesoekte professionele werksomgewing.

Studente in dié rigting word voorberei vir 'n betrekking in die wyn- en verwante industrieë onder andere as wynmakers, wingerdkundiges, wingerdtelers, wynanaliste, produksiebestuurders, bemarkers, tegnici, konsultante of as entrepreneurs.

Lettere en Sosiale Wetenskappe

16 programme
B in Datawetenskap: Lettere en Sosiale Wetenskappe
Lettere en Sosiale Wetenskappe
Baccalaureusgraad
Vier jaar
Stellenbosch

Vir mense wat van rekenaars en wiskunde hou en om inligting deur data-analise te ontdek, gee die program B in Datawetenskap (BDatSci) deeglike onderbou in alle aspekte van die datalewensiklus. Die datalewensiklus behels data-insameling, -prosessering, -analise en -visualisering.

Bykomend hiertoe en om jou nog beter voor te berei vir die industrie, kies jy een van agt fokusareas (of strome). Só verwerf jy kundigheid in die toepassing van datawetenskap in ’n spesifieke gebied of spesialiseer jy in ’n sekere aspek van datawetenskap.

Die vierjarige BDatSci-program  bestaan uit 'n stel verpligte kernmodules in elke jaar. Die kernmodules lê 'n fondament vir studie in die veld Datawetenskap, terwyl die fokusarea wat jy kies, jou ander modules bepaal.

Vier fakulteite werk saam om die program aan te bied: AgriWetenskappe, Ekonomiese en Bestuurswetenskappe, Lettere en Sosiale Wetenskappe, en Natuurwetenskappe. Die fokusarea wat jy kies, bepaal die fakulteit waarin jy vir BDatSci gaan registreer. Die fakulteit waarin jy geregistreer is, sal ook uiteindelik die graad aan jou toeken.

  • Analitika en Optimering (Fakulteit Ekonomiese en Bestuurswetenskappe) leer jou tegnieke om regtewêreldprobleme optimaal op te los deur hulle in basiese komponente af te breek en met wiskundige metodes in gedefinieerde stappe op te los.
  • Gedragsekonomie (Fakulteit Ekonomiese en Bestuurswetenskappe) bestudeer die invloed van sielkundige en ekonomiese faktore op die besluite van beleggers, verbruikers, werkers, politici, ondernemings en bestuurders.
  • GeoInformatika (Fakulteit Lettere en Sosiale Wetenskappe) werk met die struktuur en eienskappe van ruimtelike inligting en is die wetenskap en tegnologie vir die vaslegging, klassifikasie en kwalifikasie, berging, verwerking, uitbeelding en verspreiding van ruimtelike data.
  • Rekenaarswetenskap (Fakulteit Natuurwetenskappe) gee studente omvattende opleiding in effektiewe data-organisering en -prosessering, sowel as relevante kunsmatige intelligensie- en masjienleertegnieke.
  • Statistiese Fisika (Fakulteit Natuurwetenskappe) ontwikkel studente se kundigheid in Fisika, wat hulle voorberei vir uitdagings met betrekking tot data-analise in die Fisika-domein.
  • Statistiese Genetika (Fakulteit AgriWetenskappe) maak gebruik van statistiese metodes om afleidings oor genetiese data te maak in velde soos populasie- kwantitatiewe genetika (deur plantetelers en bewaringsgenetici) en genetiese epidemiologie waar die gevolge van gene op siektes bestudeer word.
  • Statistiese Leer (Fakulteit Ekonomiese en Bestuurswetenskappe) behels die identifisering van tendense en patrone in data, wat dan gebruik kan word om statistiese modelle vir voorspelling of klassifisering te ontwikkel.
  • Toegepaste Wiskunde (Fakulteit Natuurwetenskappe) gee studente omvattende opleiding in wiskundige modelleringstegnieke wat uiters handig is vir effektiewe data-analise.
B in Maatskaplike Werk
Lettere en Sosiale Wetenskappe
Baccalaureusgraad
Vier jaar
Stellenbosch

Kombineer teoriegebaseerde grondlegging met praktiese skakeling in gemeenskappe en maatskaplike instellings. Die graad ontwikkel studente se begrip van maatskaplike welsyn, menslike gedrag en maatskaplike beleid om hulle voor te berei vir professionele praktyk in maatskaplike ontwikkeling, gemeenskaps werk en ander dele van die openbare sektor. 

Vir meer inligting: Kliek hier

B in Musiek (BMus)
Lettere en Sosiale Wetenskappe
Baccalaureusgraad
Vier jaar
Stellenbosch

Gespesialiseerde professionele graad vir gevorderde musiekopleiding. Studente onderneem intensiewe studie op die terrein van uitvoering, komposisie, musiekopvoeding, musikologie of musiektegnologie, aangevul deur gedoseerde teoretiese, analitiese en tegniese werk wat studente vir professionele musiekloopbane en nagraadse studie voorberei.

Vir meer inligting: Kliek hier

BA (Regsgeleerdheid)
Lettere en Sosiale Wetenskappe
Baccalaureusgraad
Drie jaar
Stellenbosch

Kombineer ’n grondige basis in regsgeleerdheid met volgehoue studie van sekere geestes- en sosiaalwetens kaplike dissiplines. Benewens die studie van kernregsvakke, ontwikkel studente ook sterk analitiese, interpretatiewe en kommunikatiewe vaardig hede deur die bestudering van taal, filosofie, politiek, ekonomie en menslike gedrag. Die graad berei studente voor vir verdere regsopleiding en vir loopbane in die regte, die staatsdiens, navorsing en verwante velde. 

Die BA (Regsgeleerdheid)-graad alleen stel jou nie in staat om as regspraktisyn te praktiseer nie - daarvoor moet jy ook die LLB-graad verwerf. Die driejarige BA (Regsgeleerdheid) bied egter 'n tweeledige voordeel. Dit verryk jou insig in menslike gedrag en sosiale kwessies en dit bied ook 'n uitstekende basis vir 'n meer gevorderde studie in die regte. Juis daarom ontvang jy met 'n BA (Regsgeleerdheid) vrystelling van die eerste twee jaar van die vierjarige LLB-program. Indien jy 'n regspraktisyn wil word, kan jy dán by die LLB-program se laaste twee jaar inskakel en aan die einde van jou vyfde jaar as student 'n LLB as tweede baccalaureusgraad verwerf.

Vir meer inligting: Kliek hier

BA in Drama- en Teaterstudie
Lettere en Sosiale Wetenskappe
Baccalaureusgraad
Drie jaar
Stellenbosch

Kombineer praktiese teaterkuns met kritiese en teoretiese studie. Studente ontwikkel vaardighede in performance, produksie en analise terwyl hulle in ateljee- en repetisie-kontekste saamwerk. Die graad ontwikkel studente se vermoë om te skep, te vertolk en te reflekteer oor teater, performance en verwante kulturele velde.

Vir meer inligting: Kliek hier

BA in Geesteswetenskappe
Lettere en Sosiale Wetenskappe
Baccalaureusgraad
Drie jaar
Stellenbosch

Voorsien ’n algemene grondslag in die bestudering van menslike denke, die samelewing en kultuur. Studente kies modules in verskil lende vakgebiede, waaronder sosiale wetenskappe, tale en kunste, wat voorsiening maak vir ’n interdissiplinêre benadering tot menslike gedrag, idees en kreatiwiteit. Die program ontwikkel kritiese denke sowel as navorsing- en analitiese vaardighede, en lê sodoende ’n sterk akademiese grondslag vir verdere studie of diverse loopbaanmoontlikhede.

Vir meer inligting: Kliek hier

BA in Internasionale Studie
Lettere en Sosiale Wetenskappe
Baccalaureusgraad
Drie jaar
Stellenbosch

Kombineer politieke, historiese, ekonomiese en inligtingsgegronde oogpunte om globale sake in ’n gekonnekteerde wêreld te verstaan. Studente bestudeer die kragte wat internasionale betrekkinge beïnvloed, waar onder ekonomiese prosesse, beleid en maatskaplike verandering, en ontwikkel terselfdertyd die nodige analitiese en navorsings vaardighede vir loopbane op beleids-, diplomatieke en navorsingsgebied, én by internasionale organisasies.

Vir meer inligting: Kliek hier

BA in Menslike Hulpbronbestuur
Lettere en Sosiale Wetenskappe
Baccalaureusgraad
Drie jaar
Stellenbosch

Fokus op mense en organisasies om ’n sterk begrip van werkplekgedrag, organisatoriese stelsels en menslike ontwikkeling in beroepskontekste te ontwikkel. Die kurrikulum bevat elemente van bedryfsielkunde, sielkunde, sosiologie, politieke wetenskap en bestuursverwante terreine. Dit rus studente sodoende toe met tersaaklike analitiese en praktiese vaardighede vir openbare, privaat en organi satoriese omgewings.

Vir meer inligting: Kliek hier

BA in Musiek
Lettere en Sosiale Wetenskappe
Baccalaureusgraad
Drie jaar
Stellenbosch

Kombineer professionele musiekopleiding met wyer akademiese studie. Studente ontwikkel vaardighede in uitvoering, komposisie en musiekstudie, en vul terselfdertyd hulle musiekpraktyk aan met bepaalde vakke wat analitiese denke, kommunikasie en interdissiplinêre vermoëns binne ’n BA-raamwerk ondersteun.

Vir meer inligting: Kliek hier

BA in Ontwikkeling en Omgewing
Lettere en Sosiale Wetenskappe
Baccalaureusgraad
Drie jaar
Stellenbosch

Fokus op die verband tussen die samelewing, ontwikkeling en die omgewing. Hierdie graad kombineer maatskaplike, ekonomiese en omgewingsdenke om hedendaagse volhoubaar heidsuitdagins die hoof te bied. Studente bestudeer ontwikkelingsbeleid, omgewingsbestuur en maatskaplike analise, en leer die nodige analitiese en praktiese vaardighede aan om in uiteenlopende komplekse maatskaplike en ekologiese omgewings te werk.

Vir meer inligting: Kliek hier

Ekonomiese en Bestuurswetenskappe

13 programme
B in Datawetenskap: Ekonomiese en Bestuurswetenskappe
Ekonomiese en Bestuurswetenskappe
Baccalaureusgraad
Vier jaar
Stellenbosch

Vir mense wat van rekenaars en wiskunde hou en om inligting deur data-analise te ontdek, gee die program B in Datawetenskap (BDatSci) deeglike onderbou in alle aspekte van die datalewensiklus. Die datalewensiklus behels data-insameling, -prosessering, -analise en -visualisering.

Bykomend hiertoe en om jou nog beter voor te berei vir die industrie, kies jy een van agt fokusareas (of strome). Só verwerf jy kundigheid in die toepassing van datawetenskap in ’n spesifieke gebied of spesialiseer jy in ’n sekere aspek van datawetenskap.

Die vierjarige BDatSci-program  bestaan uit 'n stel verpligte kernmodules in elke jaar. Die kernmodules lê 'n fondament vir studie in die veld Datawetenskap, terwyl die fokusarea wat jy kies, jou ander modules bepaal.

Vier fakulteite werk saam om die program aan te bied: AgriWetenskappe, Ekonomiese en Bestuurswetenskappe, Lettere en Sosiale Wetenskappe, en Natuurwetenskappe. Die fokusarea wat jy kies, bepaal die fakulteit waarin jy vir BDatSci gaan registreer. Die fakulteit waarin jy geregistreer is, sal ook uiteindelik die graad aan jou toeken.

  • Analitika en Optimering (Fakulteit Ekonomiese en Bestuurswetenskappe) leer jou tegnieke om regtewêreldprobleme optimaal op te los deur hulle in basiese komponente af te breek en met wiskundige metodes in gedefinieerde stappe op te los.
  • Gedragsekonomie (Fakulteit Ekonomiese en Bestuurswetenskappe) bestudeer die invloed van sielkundige en ekonomiese faktore op die besluite van beleggers, verbruikers, werkers, politici, ondernemings en bestuurders.
  • GeoInformatika (Fakulteit Lettere en Sosiale Wetenskappe) werk met die struktuur en eienskappe van ruimtelike inligting en is die wetenskap en tegnologie vir die vaslegging, klassifikasie en kwalifikasie, berging, verwerking, uitbeelding en verspreiding van ruimtelike data.
  • Rekenaarswetenskap (Fakulteit Natuurwetenskappe) gee studente omvattende opleiding in effektiewe data-organisering en -prosessering, sowel as relevante kunsmatige intelligensie- en masjienleertegnieke.
  • Statistiese Fisika (Fakulteit Natuurwetenskappe) ontwikkel studente se kundigheid in Fisika, wat hulle voorberei vir uitdagings met betrekking tot data-analise in die Fisika-domein.
  • Statistiese Genetika (Fakulteit AgriWetenskappe) maak gebruik van statistiese metodes om afleidings oor genetiese data te maak in velde soos populasie- kwantitatiewe genetika (deur plantetelers en bewaringsgenetici) en genetiese epidemiologie waar die gevolge van gene op siektes bestudeer word.
  • Statistiese Leer (Fakulteit Ekonomiese en Bestuurswetenskappe) behels die identifisering van tendense en patrone in data, wat dan gebruik kan word om statistiese modelle vir voorspelling of klassifisering te ontwikkel.
  • Toegepaste Wiskunde (Fakulteit Natuurwetenskappe) gee studente omvattende opleiding in wiskundige modelleringstegnieke wat uiters handig is vir effektiewe data-analise.
BCom (Aktuariële Wetenskap)
Ekonomiese en Bestuurswetenskappe
Baccalaureusgraad
Drie jaar
Stellenbosch

Hierdie program is die eerste stap in die opleiding van aktuarisse. Aktuarisse kan beskryf word as onafhanklike vakkundiges wat finansiële risiko's en onvoorsiene gebeurlikhede kan ontleed en in 'n model weergee. Hulle kan die risiko's opweeg en die resultate in finansiële terme verduidelik. Hierdie werk het direk te doen met die bestuur van bates en laste (soos beleggings en lenings) en die gepaardgaande risiko's.

BCom (Bedryfsielkunde)
Ekonomiese en Bestuurswetenskappe
Baccalaureusgraad
Drie jaar
Stellenbosch

Bedryfsielkundiges is kennisvennote wat werknemers se prestasie optimaliseer in belang van ’n onderneming se kernbesigheid. Om te kwalifiseer as ’n psigometrikus wat by die Raad vir Gesondheidsberoepe van SuidAfrika (HPCSA) geregistreer is, moet jy sowel ’n BCom as ’n HonsBCom (Bedryfsielkunde) voltooi, ’n BPsigekwivalensieprogram van ses maande deurloop en die beroepsraad se eksamen slaag. Om te kwalifiseer as ’n bedryfsielkundige wat by die HPCSA geregistreer is, moet jy die program MCom (Bedryfsielkunde) voltooi, ’n internskap van 12 maande doen en die beroepsraad se eksamen slaag.

BCom (Bestuursrekeningkunde)
Ekonomiese en Bestuurswetenskappe
Baccalaureusgraad
Drie jaar
Stellenbosch

Hierdie program berei jou voor vir ’n loopbaan as ’n geoktrooieerde bestuursrekenmeester en stel jou in staat om op finansiële bevoegdhede te fokus en finansiële inligting in die bestuur van ’n sakeonderneming te vertolk en te gebruik. Die internasionaal erkende professionele kwalifikasie van geoktrooieerde bestuursrekenmeester word verwerf deur die eksamens van die Chartered Institute of Management Accountants (CIMA, Londen) suksesvol af te lê.

BCom (Bestuurswetenskappe)
Ekonomiese en Bestuurswetenskappe
Baccalaureusgraad
Drie jaar
Stellenbosch

Hierdie program is vir studente wat ’n loopbaan in ’n bestuursveld wil volg. Behalwe die algemene BCom (Bestuurswetenskappe) wat die breedste modulekeuse bied, is daar ook verskeie fokusareas wat grotendeels jou uiteindelike beroep sal bepaal. Finansiële Beplanning en Beleggingsbestuur word as professionele fokusareas beskou, want hulle bied ʾn geleentheid vir professionele registrasie. 

Die 11 fokusareas is: 

  • Beleggingsbestuur
  • Bemarkingsbestuur
  • Besigheidsanalitiek
  • Entrepreneurskap en Innovasiebestuur
  • Finansiële Beplanning
  • Finansiële Bestuur
  • Informasiestelselsbestuur
  • Landbou-ekonomie
  • Logistiek en Voorsieningskettingbestuur
  • Menslikehulpbronbestuur
  • Openbare en Ontwikkelingsbestuur
BCom (Ekonomiese Wetenskappe)
Ekonomiese en Bestuurswetenskappe
Baccalaureusgraad
Drie jaar
Stellenbosch

Dié program fokus byna uitsluitlik op leerareas in ekonomie. Weens die belangrikheid van statistiek vir die ontwikkeling van hoëvlak- ekonomiese ontleding, word statistiek of wiskundige statistiek tot op tweedejaarsvlak vir die program vereis. Bo en behalwe die breë algemene program, word die volgende vier fokusareas aangebied: 

  • Ekonometrie
  • Ekonomiese en Bestuurskonsultasie
  • Finansiële Sektor
  • Vervoerekonomie
BCom (Finansiële Rekeningkunde)
Ekonomiese en Bestuurswetenskappe
Baccalaureusgraad
Drie jaar
Stellenbosch

Hierdie program is ontwerp om jou voor te berei vir ’n loopbaan as ’n gesertifiseerde rekenmeester. Dié internasionaal erkende professionele kwalifikasie word behaal deur die eksamens van die Association of Chartered Certified Accountants (ACCA, Londen) suksesvol af te lê. Daarmee kwalifiseer jy om finansiële state voor te berei, interne oudits te doen en oor besigheidskwessies en belastingsake advies te verskaf.

BCom (Internasionale Besigheid)
Ekonomiese en Bestuurswetenskappe
Baccalaureusgraad
Vier jaar
Stellenbosch

Hierdie keuringsprogram van vier jaar is ’n baanbreker in voorgraadse besigheidsopleiding. Studente trek voordeel uit ’n verrykte ervaring danksy interaksie met internasionale studente (deur middel van ’n internasionale uitruiltydperk van ses maande) en die wêreldwye markplek, wat hulle toerus om rolspelers met ’n wêreldingesteldheid in die internasionale kennisekonomie te wees. Dis ’n unieke program in SA en slegs ’n beperkte aantal studente word aanvaar.

BCom (Regsgeleerdheid)
Ekonomiese en Bestuurswetenskappe
Baccalaureusgraad
Drie jaar
Stellenbosch

Die BCom (Regsgeleerdheid)-graad alleen stel jou nie in staat om as regspraktisyn te werk nie - jy moet ook eers die LLB-graad verwerf. Die driejarige BCom (Regsgeleerdheid) verskaf egter 'n deeglike agtergrond in die ekonomiese wetenskappe wat jou voorberei vir 'n loopbaan in die sakewêreld of in kommersiële reg en lê ook 'n deeglike basis vir 'n meer gevorderde regstudie. Trouens, beskik 'n mens reeds oor die BCom (Regsgeleerdheid), is jy geregtig op vrystelling van die eerste twee jaar van die vierjarige LLB-program. Indien jy 'n regspraktisyn wil word, kan jy dán by die LLB-program se laaste twee jaar inskakel en aan die einde van jou vyfde jaar as student 'n LLB as tweede baccalaureusgraad verwerf.

BCom (Wiskundige Wetenskappe)
Ekonomiese en Bestuurswetenskappe
Baccalaureusgraad
Drie jaar
Stellenbosch

Hierdie program het ’n skerper fokus op wiskunde en wiskundige statistiek, wat albei verpligtend is tot in die tweede jaar. Behalwe die algemene program is daar boonop drie fokusareas:

  • Datawetenskap
  • Finansiële Risikobestuur
  • Operasionele Navorsing

Opvoedkunde

3 programme
BEd (Grondslagfase)
Opvoedkunde
Baccalaureusgraad
Vier jaar
Stellenbosch

Die BEd (Grondslagfase) lei hoofsaaklik onderwysers vir die Grondslagfase (graad R tot 3) op en stel hulle in staat om leerders vir die eiesoortige eise van ons tyd voor te berei.

Nagraadse studies: Raadpleeg die Fakulteit Opvoedkunde se Jaarboek by www.su.ac.za.

BEd (Intermediêrefaseonderrig)
Opvoedkunde
Baccalaureusgraad
Vier jaar
Stellenbosch

Die BEd (Intermediêrefase) lei hoofsaaklik onderwysers vir die Intermediêrefase (graad 4 tot 7) op en stel hulle in staat om leerders vir die eiesoortige eise van ons tyd voor te berei.

Nagraadse studies: Raadpleeg die Fakulteit Opvoedkunde se Jaarboek by www.su.ac.za.

Nagraadse Onderwyssertifikaat (NOS)
Opvoedkunde
Gevorderde diploma
Een jaar
Stellenbosch

Jy kan jou ook as hoërskoolonderwyser bekwaam deur eers 'n graad uit 'n ander fakulteit te verwerf en daarna in te skryf vir ons eenjarige Nagraadse Onderwyssertifikaat (NOS).

Vir NOS-onderrigmodules en hulle vereistes, raadpleeg die Fakulteit Opvoedunke se Jaarboek by www.su.ac.za.

Die Fakulteit beveel ten sterkste aan dat jy minstens twee skoolvakonderrigmodules neem, aangesien dit jou loopbaanvooruitsigte aansienlik verbeter as jy twee skoolvakke kan onderrig.

Ingenieurswese

7 programme
BIng (Bedryfs)
Ingenieurswese
Baccalaureusgraad
Vier jaar
Stellenbosch

Bedryfsingenieurswese is ʼn dissipline van ingenieurswese wat handel oor die optimalisering van komplekse prosesse of stelsels. Dit stel veral belang in die ontwikkeling, verbetering, implementering en evaluering van geïntegreerde stelsels van mense, geld, kennis, inligting, toerusting, energie, materiaal, ontleding en sintese. Daar word gebruik gemaak van die wiskundige, natuur- en sosiale wetenskappe, saam met die beginsels en metodes van ingenieursontwerp, om die resultate wat uit sodanige stelsels of prosesse bekom moet word, te spesifiseer, te voorspel en te evalueer. 

Die onderliggende konsepte daarvan oorvleuel heelwat met sekere besigheidsgeoriënteerde dissiplines, soos bedryfsbestuur en finansiële bestuur, maar die ingenieurswese-kant is geneig om omvattende bekwaamheid in wiskunde en die gebruik van kwantitatiewe metodes te benadruk.

Brojure: https://blogs.sun.ac.za/open-day/files/2026/03/Industrial-Brochure-Afr.pdf

BIng (Chemies)
Ingenieurswese
Baccalaureusgraad
Vier jaar
Stellenbosch

Chemiese ingenieurs ontwerp, bedryf en optimaliseer prosesse om op groot skaal waardevolle produkte uit grondstowwe te lewer. Belangrike prosesse sluit in dienslewering, soos die voorsiening van drinkbare water, afvalbestuur en volhoubare ingenieurspraktyke, asook die bestuur van die omgewing met behulp van groen ingenieursoplossings. Die chemiese ingenieur speel n deurslaggewende rol in die samelewing en het die geleentheid om die omgewing en almal se lewens positief te beïnvloed.

Brosjure: https://blogs.sun.ac.za/open-day/files/2026/03/Chemical-Brochure-Afr.pdf

BIng (Elektries en Elektronies)
Ingenieurswese
Baccalaureusgraad
Vier jaar
Stellenbosch

Die Departement Elektriese en Elektroniese Ingenieurswese vorm deel van die Fakulteit Ingenieurswese aan die Universiteit Stellenbosch. Ons departement is geleë in die skilderagtige dorp, Stellenbosch, in die Kaapse Wynland, Suid-Afrika. Ons is trots op ons aanbod van gehalteonderwys aan voorgraadse studente in informatika, energie, robotika, telekommunikasie en data-ingenieurswese. Ons bied wêreldklas nagraadse studieleiding vir projekte op ’n verskeidenheid vakgebiede, met inbegrip van elektriese-energiestelsels, elektronika en elektromagnetika, rekenaars en beheerstelsels, seinverwerking en masjienleer. 

Brosjure: https://blogs.sun.ac.za/open-day/files/2026/03/EE-Brochure-Afr.pdf

BIng (Elektries en Elektronies) (Data-ingenieurswese)
Ingenieurswese
Baccalaureusgraad
Vier jaar
Stellenbosch

Wil jy ’n invloed uitoefen op hoe ’n maatskappy dink of optree? Of hoe die mediese bedryf ’n siekte beheer? Of help om internasionale bedrieërs vas te trek wat bankstelsels teiken? Indien wel, het jy die regte inligting vir jou besluite nodig. Gebaseer op feite. Gebaseer op data. En siende dat daar elke uur, elke dag, soveel data versamel word, hoe weet ’n mens watter data is bruikbaar? Hoe bekom ons die data, hoe verseker ons dit is die korrekte data, en hoe gebruik ons die data? Ons het JOU nodig om dit uit te werk! Kom studeer Data-Ingenieurswese aan die Universiteit Stellenbosch en help om antwoorde op moeilike vrae in die hedendaagse ekonomie, samelewing en lewe te vind.

Brosjure: https://blogs.sun.ac.za/open-day/files/2026/03/EE-Brochure-Data-Engineering-Afr.pdf

BIng (Meganies)
Ingenieurswese
Baccalaureusgraad
Vier jaar
Stellenbosch

Meganiese ingenieurswese word gekenmerk deur die beweging en oordraging van energie, soos byvoorbeeld in voertuie, vliegtuie, vaartuie, missiele, verkoelingstelsels, kragstasies en enjins, maar sluit ook in masjiene wat in alle vertakkings van die ekonomie gebruik word, onder andere prosesaanlegte en vervaardigingsnywerhede.

Brosjure: https://blogs.sun.ac.za/open-day/files/2026/03/MM-Brochure-Afr.pdf

BIng (Megatronies)
Ingenieurswese
Baccalaureusgraad
Vier jaar
Stellenbosch

Megatroniese ingenieurswese is 'n kombinasie van presisie-meganiese ingenieurswese, elektronika en rekenaarstelsels. 'n Tipiese megatroniese stelsel word gekenmerk deur 'n noue integrasie van meganiese onderdele, elektroniese sensore, meganiese en elektriese aktueerders en rekenaarbeheerders. Voorbeelde van megatroniese stelsels sluit in: elektroniese enjinbeheerstelsels, robotstelsels, en geoutomatiseerde monteerlyne.

Brosjure: https://blogs.sun.ac.za/open-day/files/2026/03/MM-Brochure-Afr.pdf

BIng (Siviel)
Ingenieurswese
Baccalaureusgraad
Vier jaar
Stellenbosch

Siviele ingenieurs skep die wêreld rondom ons, ontwerp en bou die infrastruktuur waarop ons staatmaak om as ‘n samelewing te funksioneer. Siviele ingenieurs is verantwoordelik vir brûe, damme, hawens, kanale, lughawens, paaie, spoorweë, pypleidings, riool, stormwater, besproeiing en watervoorsieningstelsels, tonnels en fondamente, asook die toepassing en integrasie van tegnologie om dit alles te verbind.

Brosjure: https://blogs.sun.ac.za/open-day/files/2026/03/Civil-Brochure-Afr.pdf

Regsgeleerdheid

5 programme
BA (Regsgeleerdheid)
Regsgeleerdheid
Baccalaureusgraad
Drie jaar
Stellenbosch

Kombineer ’n grondige basis in regsgeleerdheid met volgehoue studie van sekere geestes- en sosiaalwetens kaplike dissiplines. Benewens die studie van kernregsvakke, ontwikkel studente ook sterk analitiese, interpretatiewe en kommunikatiewe vaardig hede deur die bestudering van taal, filosofie, politiek, ekonomie en menslike gedrag. Die graad berei studente voor vir verdere regsopleiding en vir loopbane in die regte, die staatsdiens, navorsing en verwante velde. 

Die BA (Regsgeleerdheid)-graad alleen stel jou nie in staat om as regspraktisyn te praktiseer nie - daarvoor moet jy ook die LLB-graad verwerf. Die driejarige BA (Regsgeleerdheid) bied egter 'n tweeledige voordeel. Dit verryk jou insig in menslike gedrag en sosiale kwessies en dit bied ook 'n uitstekende basis vir 'n meer gevorderde studie in die regte. Juis daarom ontvang jy met 'n BA (Regsgeleerdheid) vrystelling van die eerste twee jaar van die vierjarige LLB-program. Indien jy 'n regspraktisyn wil word, kan jy dán by die LLB-program se laaste twee jaar inskakel en aan die einde van jou vyfde jaar as student 'n LLB as tweede baccalaureusgraad verwerf.

Vir meer inligting: Kliek hier

BCom (Regsgeleerdheid)
Regsgeleerdheid
Baccalaureusgraad
Drie jaar
Stellenbosch

Die BCom (Regsgeleerdheid)-graad alleen stel jou nie in staat om as regspraktisyn te werk nie - jy moet ook eers die LLB-graad verwerf. Die driejarige BCom (Regsgeleerdheid) verskaf egter 'n deeglike agtergrond in die ekonomiese wetenskappe wat jou voorberei vir 'n loopbaan in die sakewêreld of in kommersiële reg en lê ook 'n deeglike basis vir 'n meer gevorderde regstudie. Trouens, beskik 'n mens reeds oor die BCom (Regsgeleerdheid), is jy geregtig op vrystelling van die eerste twee jaar van die vierjarige LLB-program. Indien jy 'n regspraktisyn wil word, kan jy dán by die LLB-program se laaste twee jaar inskakel en aan die einde van jou vyfde jaar as student 'n LLB as tweede baccalaureusgraad verwerf.

BRekLLB
Regsgeleerdheid
Baccalaureusgraad
Vyf jaar
Stellenbosch

Die BRek LLB bied aan studente die kans om op 'n geïntegreerde manier binne vyf jaar die leerplanne van die LLB-program én die BRek-program te voltooi. Studente wat hierdie programme gelyktydig volg, word aan sowel die noodsaaklike vertakkings van die regswetenskap as aan die grondslae van finansiële rekeningkunde, bestuursrekeningkunde, belasting en ouditkunde bekendgestel. Na verdere beroepsgerigte opleiding kan hierdie studente dus kwalifiseer as geoktrooieerde rekenmeesters en/of as regspraktisyns.

Die BRek LLB is 'n interfakultêre program wat beteken dat jy modules by die Fakulteit Regsgeleerheid en by die Fakulteit Ekonomiese en Bestuurswetenskappe neem.

LLB (driejarig)
Regsgeleerdheid
Baccalaureusgraad
Drie jaar
Stellenbosch

Die driejarige LLB-program is in 1999 ingestel vir nagraadse studente wat hul eerste baccalaureusgraad op 'n ander gebied as die regte behaal het, met 'n gemiddelde van 60% in hul finale jaar van die betrokke baccalaureusgraad. Die program stel studente bekend aan al die vertakkings van die regswetenskap wat vir 'n loopbaan as regspraktisyn en ander verwante loopbane noodsaaklik is.

Net soos die vierjarige LLB, stel hierdie program jou in staat om 'n loopbaan in die regte te volg, soos advokaat of prokureur, nadat jy die vereiste beroepsopleiding ondergaan het en die toepaslike toelatingseksamen geslaag het.

LLB (vierjarig)
Regsgeleerdheid
Baccalaureusgraad
Vier jaar
Stellenbosch

Hierdie program is daarop gemik om, oor vier jaar, aan studente 'n deeglike insig te gee in al die vertakkings van die regswetenskap wat vir 'n loopbaan in die regte en verskeie ander verwante beroepe noodsaaklik is. Voordat die regsberoep hulle egter formeel tot sy geledere as regspraktisyn sal toelaat, moet LLB-gegradueerdes ook die vereiste beroepsopleiding ondergaan en die toepaslike toelatingseksamen suksesvol aflê.

Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe

6 programme
B in Arbeidsterapie
Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe
Baccalaureusgraad
Vier jaar
Stellenbosch

Arbeidsterapie is 'n dinamiese en opwindende beroep. Hierdie program rus jou toe met kennis en vaardighede om kliënte van alle ouderdomsgroepe met ontwikkelingsagterstande, verskillende siektetoestande en funksionele beperkings te assesseer en effektiewe intervensies daar te stel. Aktiwiteite word as behandelingsmedium gebruik. Die behandelingsprogramme word ontwerp vir aanwending in tuisomgewings en gemeenskappe om optimale deelname van die persoon of persone aan die aktiwiteite van die daaglikse lewe te verkry. Hierdie behandelingsprogramme rehabiliteer en voorkom funksionele probleme, en bevorder die algehele gesondheidstoestand van persone.

As arbeidsterapeut sal jy jou kliënte holisties benader met inagneming van die fisiese, sielkundige, sosiale en emosionele aspekte. Jy lewer insette op alle areas van hul daaglikse funksionering - wat selfsorg, werk en vryetydsbesteding insluit. Wat kinders betref is dit hulle 'werk' om te speel en daarom bestaan hulle behandelingsprogramme uit spel- en skoolverwante aktiwiteite.

Indirekte arbeidsterapiedienste sluit onder andere in raad wat jy aan onderwysers, werkgewers, gesinslede en versorgers kan gee waardeur hulle kan bydra om persone se deelname aan die aktiwiteite van die lewe te verbeter, en die bestuur van aktiwiteitsprogramme wat vir groepe persone in fasiliteite en die gemeenskap aangebied word om gesonde lewenstyle te bevorder.

Opleiding van arbeidsterapeute

Die program duur vier jaar. Die eerste jaar van die program word hoofsaaklik op Stellenbosch-kampus gevolg, en die verdere jare by die Tygerberg-kampus. Die program behels 'n studie van Arbeidsterapie (teorie en praktyk), Sielkunde, Sosiologie, Spesiale Fisika, Bedryfsielkunde, Biologie, Anatomie, Fisiologie, Patologie vir Aanvullende Gesondheidsberoepe en Navorsingsmetodologie vir Arbeidsterapie.

Na afloop van hierdie program volg 'n gemeenskapsdiensjaar, waarna jy sal kan registreer as Arbeidsterapeut by die Raad vir Gesondheidsberoepe van Suid-Afrika.

Daar is beroepsmoontlikhede vir arbeidsterapeute in hospitale, privaat praktyke, gemeenskapsklinieke, industrieë, hoofstroomskole en skole vir leerders met spesiale behoeftes, rehabilitasiesentra en spesiale eenhede (bv. spinaaleenheid), aftree-oorde en versekeringsmaatskappye.

Vir nadere besonderhede, kyk die program se leerplan in die Jaarboek. Hierdie kwalifikasie kan opgevolg word met 'n Magister in Arbeidsterapie en 'n PhD.

B in Spraak-Taal-en Gehoorterapie
Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe
Baccalaureusgraad
Vier jaar
Stellenbosch

Hierdie program lei spraak-taalterapeute op in die relevante kennis en vaardighede vir die bestuur van persone met kommunikasieafwykings. Jy is toegerus om die volgende professionele funksies te verrig:

  • die voorkoming, identifisering, evaluering, diagnosering en behandeling van kommunikasieafwykings;
  • kliënt- en gesinsgesentreerde berading;
  • die begeleiding, onderrig en opleiding van ander kundiges of relevante lekepersone;
  • konsultasie en navorsing op die gebied van kommunikasieafwykings; en
  • die bestuur van programme voorsien deur spraak-taalterapeute aan kliënte met kommunikasieafwykings in gesondheids-, opvoedkundige en privaat kontekste.

Ten einde die bogenoemde funksies optimaal in die veeltalige Suid-Afrikaanse konteks te kan verrig, word van studente verwag om vaardigheid te ontwikkel in ten minste twee tale, asook Gebaretaal.

Opleiding van spraaktaalterapeute

Die program duur vier jaar en dek die volle omvang van spraak-, taal-, stem-, gehoor- vlotheid-, voedings- en slukafwykings wat voorkom in die veld van kommunikasiepatologie. Die gehoorterapie-inhoud sluit aspekte van oudiologiese praktyk in, soos basiese suiwertoon- en spraakoudiometrie, immittansie-oudiometrie en rehabilitasie.

By gehoorgebreke val die klem op die hantering en rehabilitasie van kinders en adolessente met kommunikasieafwykings wat veroorsaak word deur gehoorverlies. Studente ontvang opleiding in basiese Gebaretaal ter ondersteuning van rehabilitasie.

Die eerste en tweede jaar van die program word op die Stellenbosch-kampus aangebied, maar studente bestee ten minste een dag per week op die Tygerberg-kampus. Hiervoor word busvervoer deur die Afdeling Spraak-Taal en Gehoorterapie gereël. Die derde en vierde jaar van die program word op die Tygerberg-kampus aangebied. Jy voltooi jou kliniese opleiding by goedgekeurde instansies in die Wes Kaap.

Hoofvakke: Spraakheelkunde, Kliniese Spraakheelkunde, Sielkunde en Algemene Taalwetenskap.

Ander modules: Anatomie, Neuro-anatomie en Kliniese Neurologie waarvan die inhoud aangepas word volgens die behoeftes van die beroep. Xhosa of Afrikaanse Taalverwerwing (soos bepaal deur taalvaardigheidstoetse) is 'n verpligte eerstejaarsvak wat die struktuur en sisteem van die taal aan die studente bekendstel. Kliniese modules bied geleenthede vir jou om toepaslike kliniese vaardighede in spesifieke kontekste te verwerf onder die toesig van gekwalifiseerde terapeute. Kliniese opleiding vind plaas in hospitale, skole, gemeenskapsgesondheidsdienssentrums en klinieke. Daar word 'n hoë premie op kommunikasie- en interpersoonlike vaardighede geplaas. In die tweede, derde en vierde jaar word jou isiXhosa-taalvaardighede daarom verder ontwikkel sodat jy met kliënte en versorgers in kliniese omgewings kan kommunikeer.

Vir nadere besonderhede, kyk die program se leerplan in die Jaarboek. Hierdie kwalifikasie kan opgevolg word met 'n Magister in Spraak-Taalterapie en 'n PhD.

Na afloop van hierdie program volg 'n gemeenskapsdiensjaar, waarna jy sal kan registreer as Spraak-Taalterapeut by die Raad vir Gesondheidsberoepe van Suid-Afrika (RGSA).

Daar is werksgeleenthede vir spraak-taalterapeute in die openbare, privaat en nie-regeringsektore asook in die akademie. Graduandi kan registreer by die Raad vir Gesondheidsberoepe van Suid-Afrika en werk bekom in hospitale, klinieke, skole, privaat praktyke of die akademie.

B in Verpleegkunde
Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe
Baccalaureusgraad
Vier jaar
Stellenbosch

Die B-graadprogram in Verpleegkunde en Verloskunde onderrig en begelei studente om 'n professionele verpleegkundige en verloskundige te word. Deur middel van leerervarings op kampus, met gemeenskappe en in verskeie gesondheidsorginrigtings, sal studente die gedragswyses, vaardighede en bevoegdhede ontwikkel wat hulle nodig het om leiers te word wat waarde heg aan diversiteit en wat deeglike oorweging en innovasie na hul versorgingspraktyk in die verpleegkunde bring. Jy sal leer om vorm te gee aan persoongesentreerde, holistiese, eietydse, bewysgebaseerde praktykvoering en hulpbronsensitiewe versorgingspraktyk om sodoende die gesondheidsorg en welstand van individue, groepe en gemeenskappe te ondersteun. Verpleegkundige versorgingspraktyk wissel vanaf noodsaaklike sorgaktiwiteite wat op die oog af eenvoudig lyk tot komplekse, soms hoogs tegniese, versorgingsaktiwiteite – wat ook al nodig is om mense te ondersteun sodat hulle in hulle selfversorgingsbehoeftes kan voorsien, gesond kan bly of word, en welstand kan ervaar. Verpleegkundiges werk saam met hulle gesondheidsorgkollegas oor 'n groot verskeidenheid kontekste heen om veilige, persoongesentreerde gehaltesorg te verskaf aan mense, gesinne en gemeenskappe met veelvuldige en verskillende selfversorgingsbehoeftes oor die lewensduur.

Opleiding van verpleegkundiges en verloskundiges

Opleiding van verpleegkundiges en verloskundiges Hierdie vierjarige program word op die Tygerbergkampus en sy verspreide klinieseopleidingsplatforms aangebied. Die kontekste waarin kliniese praktyk plaasvind, is baie uiteenlopend en dek die openbare gesondheidsdiensomgewings, privaat gesondheidsorgsektor, asook relevante leerervaring in skole, maatskaplike dienste, rehabilitasie-inrigtings en organisasies sonder winsbejag. Die kurrikulum dek die bestudering van die teorie en praktyk van die vakrigting verpleegkunde en verloskunde oor die vier jaar. Hierdie vakspesifieke leer word aangevul deur modules in Anatomie, Fisiologie, Biofisika en Biochemie, Psigososiale Aspekte van Sorg, Navorsingsmetodologie, Mikrobiologie en Farmakologie. Hierop volg een jaar van gemeenskapsdiens, waarna jy by die Suid-Afrikaanse Raad op Verpleging mag registreer as 'n Professionele Verpleegkundige en Verloskundige. Vir nadere besonderhede, kyk die program se leerplan in die Jaarboek.

Loopbaangeleenthede

Daar is baie werksgeleenthede in die gesondheidsorg wanneer jy eers by die Suid-Afrikaanse Raad op Verpleging geregistreer is. Verpleegkundiges en verloskundiges werk in die openbare- en privaat-gesondheidsorgdienste, in die gesondheidsorgdiens van nie-regeringsorganisasies, asook in ander gesondheidsverwante bedrywe en akademiese omgewings. Hierdie geleenthede behels onder meer die werk by distriksgesondheidsdienste en klinieke, in gemeenskaps- of skoolgesondheid en in hospitale, verswaktesorg, die gesondheidsorg in korrektiewe en ander inrigtings, en privaatpraktykwerk. Hierdie graad vorm die grondslag waarvandaan jy dan verder kan studeer om 'n spesialisverpleegkundige te word in studierigtings soos primêre gesondheidsorg, beroepsgesondheid, operasiesaalverpleging, noodverpleging, kritiekesorgverpleging, pediatriese en neonatale verpleging, gesondheidsorgdiensbestuur, verpleegopleiding, palliatiewe sorg, onkologie of gevorderde psigiatrie. Buiten die spesialisprogramme, bied die baccalaureusgraad ook toegang tot verdere studie soos vir 'n meesters- en doktorsgraad (PhD). Raadpleeg die nagraadse prospektus vir nadere besonderhede hieroor.

BSc in Dieetkunde
Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe
Baccalaureusgraad
Vier jaar
Stellenbosch

BSc in Dieetkunde Hierdie program lei dieetkundiges op, wat oor die wetenskaplike kennis, vaardighede en gesindhede beskik om selfstandig te kan funksioneer op die gebied van terapeutiese voeding, gemeenskapsvoeding en voedseldiensbestuur.

Die opleiding van dieetkundiges

Die program duur vier jaar en word vanaf die eerste studiejaar op die Tygerberg-kampus aangebied. Kyk ons Jaarboek vir die leerplan. Jaarboek vir die leerplan.

Eerste jaar: Chemie vir Gesondheidswetenskappe, Lewensvorme en -funksies van Kliniese Belang, Voeding, Voedsel, Geneeskundige Mikrobiologie, Fisiologiese Biochemie, Anatomie en Gesondheid in Konteks.

Tweede jaar: Fisiologie, Sielkunde vir Gesondheidswetenskappe, Gemeenskapsvoeding, Voedselproduksie en -sisteme, Toegepaste Voedselwetenskap, Terapeutiese Voeding, Voeding in die Lewensiklus, Etiek en Menseregte, Voedingstatusbepaling en Praktykopleiding.

Derde jaar: Terapeutiese Voeding, Gemeenskapsvoeding, Bestuursbeginsels, Navorsingsmetodologie, Biostatistiek en Epidemiologie, Etiek en Menseregte, en Praktykopleiding.

Vierde jaar: Voedseldiensbestuur, Terapeutiese Voeding, Gemeenskapsvoeding, 34 weke van internskap (wat ten minste ses weke by die Ukwanda Landelike Kliniese Skool insluit) en ’n navorsingsprojek.

Na afloop van hierdie vierjarige program volg ’n gemeenskapsdiensjaar, waarna jy sal kan registreer as Dieetkundige by die Raad vir Gesondheidsberoepe van Suid-Afrika (RGSA).

Afgestudeerdes het verskeie beroepskeuses in terapeutiese dieetkunde, gemeenskapsvoeding en die voedsel en farmaseutiese industrie. Hulle kan ook werk as navorsers, as dosente in die akademie, of as voedingskonsultante in privaat praktyke. Vir meer inligting oor die velde waarin dieetkundiges hoofsaaklik werksaam is, besoek gerus die webwerf. van die Assosiasie van Dieetkunde in Suid-Afrika (ADSA).

BSc in Fisioterapie
Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe
Baccalaureusgraad
Vier jaar
Stellenbosch

Die doel van die BSc Fisioterapie-program is om ’n professionele gesondheidswerker op te lei wat toegewyd met mense werk en wat hul kliënte se vermoë om te beweeg en te funksioneer kan optimaliseer dwarsdeur hul lewensduur. Fisioterapeute werk in die gesondheidsarenas van bevordering, voorkoming, behandeling of intervensie en rehabilitasie, en werk in verskeie areas, naamlik kardiorespiratoriesefunksionering, ortopedie, neurologie, pediatrie, vrouegesondheid, bejaardes en in sport. Fisioterapeute werk onafhanklik en in spanne om die doelwitte hierbo genoem te bereik.

Opleiding van fisioterapeute

Die program duur vier jaar en dek die volgende modules:

  • Lewensvorme en funksies van kliniese belang;
  • Chemie vir Gesondheidswetenskappe;
  • Persoonlike en professionele ontwikkeling; Gesondheid in konteks;
  • Spesiale fisika;
  • Anatomie;
  • Fisiologie;
  • Patologie;
  • Anatomiese patologie;
  • Sielkunde;
  • Fisioterapie;
  • Toegepaste fisioterapie;
  • Kliniese Fisioterapie;
  • Navorsingsmetodologie; en
  • Bestuur van fisioterapiepraktyke.

Kyk ons Jaarboek vir die leerplan.

Na afloop van die program volg ’n gemeenskapsdiensjaar, waarna jy sal kan registreer as Fisioterapeut by die Raad vir Gesondheidsberoepe van Suid-Afrika (RGSA).

Enkele van ’n wye reeks beroepskeuses wat oorweeg kan word, is fisioterapie in hospitale, privaat praktyke, gemeenskapsklinieke, nywerhede, skole vir kinders met spesiale leerbehoeftes, rehabilitasiesentrums en sportklubs. Hierdie kwalifikasie kan opgevolg word met 'n Magister in Fisioterapie en 'n PhD.

MBChB
Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe
Baccalaureusgraad
Ses jaar
Stellenbosch

Die doel van die MBChB-program is om pas afgestudeerde Stellenbosch-dokters te lewer wat oor die kennis, vaardighede en gesindhede beskik om gedurende die twee internskapjare die beskikbare geleenthede optimaal te benut en om na afloop daarvan selfstandig in die primêre gesondheidsektor te kan funksioneer, en wat die vermoë en insig verwerf het om persoonlik en professioneel verder te kan ontwikkel.

Die opleiding van mediese dokters

Na afloop van hierdie ses jaar volg twee jaar internskap en dan die gemeenskapsdiensjaar, waarna jy sal kan registreer as Onafhanklike Praktisyn by die Raad vir Gesondheidsberoepe van Suid-Afrika (RGSA).

’n Groot verskeidenheid beroepskeuses kan uitgeoefen word, byvoorbeeld in privaatpraktyke, hospitale of ander mediese instansies, in verskeie staats- of semistaatsinstellings, in navorsing, in akademiese geneeskunde of in die privaat sektor soos by versekeringsmaatskappye of die farmaseutiese bedryf.

Nagraadse studie vir ’n navorsingsloopbaan of spesialisasie in enige kliniese rigting is verdere aantreklike opsies (klik hier).

Vir nadere besonderhede, kyk die program se leerplan in die Jaarboek.

Natuurwetenskappe

12 programme
B in Datawetenskap: Natuurwetenskappe
Natuurwetenskappe
Baccalaureusgraad
Vier jaar
Stellenbosch

Vir mense wat van rekenaars en wiskunde hou en om inligting deur data-analise te ontdek, gee die program B in Datawetenskap (BDatSci) deeglike onderbou in alle aspekte van die datalewensiklus. Die datalewensiklus behels data-insameling, -prosessering, -analise en -visualisering.

Bykomend hiertoe en om jou nog beter voor te berei vir die industrie, kies jy een van agt fokusareas (of strome). Só verwerf jy kundigheid in die toepassing van datawetenskap in ’n spesifieke gebied of spesialiseer jy in ’n sekere aspek van datawetenskap.

Die vierjarige BDatSci-program  bestaan uit 'n stel verpligte kernmodules in elke jaar. Die kernmodules lê 'n fondament vir studie in die veld Datawetenskap, terwyl die fokusarea wat jy kies, jou ander modules bepaal.

Vier fakulteite werk saam om die program aan te bied: AgriWetenskappe, Ekonomiese en Bestuurswetenskappe, Lettere en Sosiale Wetenskappe, en Natuurwetenskappe. Die fokusarea wat jy kies, bepaal die fakulteit waarin jy vir BDatSci gaan registreer. Die fakulteit waarin jy geregistreer is, sal ook uiteindelik die graad aan jou toeken.

  • Analitika en Optimering (Fakulteit Ekonomiese en Bestuurswetenskappe) leer jou tegnieke om regtewêreldprobleme optimaal op te los deur hulle in basiese komponente af te breek en met wiskundige metodes in gedefinieerde stappe op te los.
  • Gedragsekonomie (Fakulteit Ekonomiese en Bestuurswetenskappe) bestudeer die invloed van sielkundige en ekonomiese faktore op die besluite van beleggers, verbruikers, werkers, politici, ondernemings en bestuurders.
  • GeoInformatika (Fakulteit Lettere en Sosiale Wetenskappe) werk met die struktuur en eienskappe van ruimtelike inligting en is die wetenskap en tegnologie vir die vaslegging, klassifikasie en kwalifikasie, berging, verwerking, uitbeelding en verspreiding van ruimtelike data.
  • Rekenaarswetenskap (Fakulteit Natuurwetenskappe) gee studente omvattende opleiding in effektiewe data-organisering en -prosessering, sowel as relevante kunsmatige intelligensie- en masjienleertegnieke.
  • Statistiese Fisika (Fakulteit Natuurwetenskappe) ontwikkel studente se kundigheid in Fisika, wat hulle voorberei vir uitdagings met betrekking tot data-analise in die Fisika-domein.
  • Statistiese Genetika (Fakulteit AgriWetenskappe) maak gebruik van statistiese metodes om afleidings oor genetiese data te maak in velde soos populasie- kwantitatiewe genetika (deur plantetelers en bewaringsgenetici) en genetiese epidemiologie waar die gevolge van gene op siektes bestudeer word.
  • Statistiese Leer (Fakulteit Ekonomiese en Bestuurswetenskappe) behels die identifisering van tendense en patrone in data, wat dan gebruik kan word om statistiese modelle vir voorspelling of klassifisering te ontwikkel.
  • Toegepaste Wiskunde (Fakulteit Natuurwetenskappe) gee studente omvattende opleiding in wiskundige modelleringstegnieke wat uiters handig is vir effektiewe data-analise.
BSc in Aardwetenskap
Natuurwetenskappe
Baccalaureusgraad
Drie jaar
Stellenbosch

Hierdie program kombineer waarnemings- en veldvaardighede met die nodige wetenskaplike agtergrond in geologie, geo-omgewingswetenskap, rekenaars en modellering. Ons studente ontwikkel kritiese denkvaardighede en verbeter hul probleemoplossings gereedskapskis. Jy sal noodsaaklike vaardighede aanleer om die aarde en sy verwante prosesse as ’n sisteem te verstaan. Spanwerk en aanbiedingsvaardighede wat die aardwetenskaplike in staat stel om oor verskillende kundigheidsvelde te kommunikeer – ingenieurswese, die finansiële en regssektore – is noodsaaklik.

  • Toegepaste Aardwetenskap: Geologie & Geografiese Inligtingstegnologie
  • Geo-omgewingswetenskap: Geologie, Geochemie, Geografie en Omgewingstudie, & Geografiese Inligtingstegnologie

Brosjure: https://blogs.sun.ac.za/open-day/files/2026/03/Earth-Sciences-Brochure.pdf

BSc in Biodiversiteit en Ekologie
Natuurwetenskappe
Baccalaureusgraad
Drie jaar
Stellenbosch

Hierdie BSc graadprogram bied ‘n algemene opleiding in Plant- en Dierkunde aan. Dit fokus op die diversiteit, oorsprong en funksie van organismes in verhouding tot hul omgewing en verskaf ‘n konseptuele begrip van ekologie, evolusie, dier- en plantvorms en -funksies, biologiese veranderings op ‘n globale skaal (klimaatsverandering, indringerspesies, besoedeling, en mensgemaakte faktore) en remediëringspraktyke (toepassings). Konsepte in beide landelike en mariene omgewings word gedek.

Fokusareas

  • Klimaatsverandering-ekologie
  • Plant- en Dierbiodiversiteit
  • Plante en Mikrobes
  • Biodiversiteit en Ekologie, ‘ʼn hoofvak in al die fokusareas kan lei tot nagraadse studies in Plant- of Dierkunde.

Brosjure: https://blogs.sun.ac.za/open-day/files/2026/03/Biodiversity-and-Ecology-Brochure.pdf

BSc in Chemie
Natuurwetenskappe
Baccalaureusgraad
Drie jaar
Stellenbosch

Hierdie program bied aan studente opleiding in die verskillende velde van chemie, soos anorganiese, organiese, analitiese, fisiese, en polimeerchemie in een van die mees dinamiese en goed toegeruste chemie-departemente in Suid-Afrika. Neem kennis van die vier fokusareas waarbinne jy opsies het om jou hoofvakke te kies:

  • Chemie en Polimeerwetenskap: Chemie en Toegepaste Chemie, Geologie, Toegepaste Wiskunde, Wiskunde, Rekenaarwetenskap, Mikrobiologie of Fisika
  • Chemiese Biologie: Chemie en Biochemie
  • Toegepaste & Volhoubare Chemie: Chemie en Biochemie
  • Chemie met Chemiese Ingenieurswese: Chemie, Toegepaste Chemie & Toegepaste Wiskunde plus Chemiese Ingenieurswese as keusemodule

Brosjure: https://blogs.sun.ac.za/open-day/files/2026/03/Chemistry-Brochure.pdf

BSc in Fisika
Natuurwetenskappe
Baccalaureusgraad
Drie jaar
Stellenbosch

Hierdie program bied opleiding wat afgeronde fisici lewer met die nodige tegniese en spesifieke wetenskaplike vaardighede om ‘n unieke bydrae te kan lewer tot navorsings- en ontwikkelingsomgewings waar fisika-verwante probleme ondersoek word. Neem kennis van die verskillende hoofvakke in die drie fokusareas van hierdie program:

Fokusareas

  • Laserfisika (Fisiese), Kernfisika, Stralings- en Gesondheidsfisika: Fisika en Toegepaste Wiskunde OF Chemie OF Rekenaarwetenskap OF Wiskunde
  • Lasersfisika (Biologiese): Fisika en Biochemie
  • Teoretiese Fisika: Fisika en Toegepaste Wiskunde OF Rekenaarwetenskap OF Wiskunde

Brosjure: https://blogs.sun.ac.za/open-day/files/2026/03/BSc-Physics-Brochure.pdf

BSc in GeoInformatika
Natuurwetenskappe
Baccalaureusgraad
Drie jaar
Stellenbosch

Hierdie graadprogram gaan oor die teoretiese, metodologiese en praktiese aspekte van geografiese inligtingswetenskap, ook bekend as GIScience of georuimtelike datawetenskap, en die tegnologieë wat daarmee gepaardgaan. Geoinformatika werk op die koppelvlak waar rekenaarwetenskap, analitiese kartografie, afstandswaarneming en beeldwetenskap bymekaarkom. Die BSc Geoinformatika-graad kan opgevolg word met die een jaar lange Honneurs-BSc-graad in Geoinformatika. Ná die suksesvolle voltooiing hiervan kan ‘n gegradueerde registreer as GIS Professionele Persoon-in-Opleiding (soos bepaal deur die Suid-Afrikaanse Wet op Geomatikaberoepe) (GPA wet van 2013).

Hoofvakke: Geografiese Inligtingstegnologie met Rekenaarwetenskap OF Sosio-informatika

Brosjure: https://blogs.sun.ac.za/open-day/files/2026/03/Geoinformatics-brochure.pdf

BSc in Menslike Lewenswetenskappe
Natuurwetenskappe
Baccalaureusgraad
Drie jaar
Stellenbosch

In Menslike Lewenswetenskappe poog ons om die struktuur, funksie en interaksies van die menslike liggaam binne sy biologiese en ekologiese konteks te verstaan, wat ‘n basis bied vir velde soos geneeskunde, fisiologiese wetenskappe, sielkunde en biomediese navorsing.

Fokusareas

  • Biologie: Fisiologie in kombinasie met Anatomie OF Genetika OF Biochemie en Bioinformatika
  • Biologie met Sielkunde: Fisiologie in kombinasie met Sielkunde en Genetika

Daar is ook twee fokusareas in die BSc-program beskikbaar met Fisiologie as hoofvak:

1. BSc (fokusarea Toegepaste Medisinale Chemie) Kombineer fisiologie, chemie en farmakologie om geneesmiddelontdekking en terapeutiese ontwerp te ondersteun

2. BSc (fokusarea Biomediese Wiskundige Wetenskappe) Integreer fisiologie met wiskunde, statistiek en berekeningsmodellering om komplekse biologiese en gesondheidsverwante kwessies aan te pak.

Brosjure: https://blogs.sun.ac.za/open-day/files/2026/03/Human-Life-Science-Brochure.pdf

BSc in Molekulêre Biologie en Biotegnologie
Natuurwetenskappe
Baccalaureusgraad
Drie jaar
Stellenbosch

Die vakgebiede Biochemie, Genetika en Mikrobiologie vorm saam die kern van Biotegnologie. Biochemici, genetici en mikrobioloë is soos speurders wat Molekulêre Biologie-instrumente gebruik om die presiese werking van mikroskopiese selle – dié van mense en diere, giste, bakterieë, swamme en virusse – te ondersoek. Hierdie kennis word dan deur middel van Biotegnologie toegepas om byvoorbeeld nuwe geneesmiddelteikens, diagnostiese toetse vir siektes, medisyne en entstowwe te ontwikkel, of om plante en mikrobes vir industriële gebruik te ontgin. Hierdie program gee jou die agtergrondkennis om die funksionering van enige lewende organisme op molekulêre vlak te verstaan, en lê die grondslag vir ‘n loopbaan wat kennis en vaardighede in molekulêre biologie, en die toepassing daarvan in biotegnologie vereis.

Hoofvakke

Kombinasie van Biochemie, Genetika, Mikrobiologie

Brosjure: https://blogs.sun.ac.za/open-day/files/2026/03/Molecular-Biology-and-Biotechnology.pdf

BSc in Rekenaarwetenskap
Natuurwetenskappe
Baccalaureusgraad
Drie jaar
Stellenbosch

Rekenaarwetenskap is die teorie en praktyk van algoritmes. Dit is ‘n wonderlike kombinasie van kuns (uitvinding en ontwerp), wetenskap (analise en eksperimentering), en ingenieurswese om probleme met behulp van rekenaars op te los. Ons studente leer om te programmeer en om groot sagtewarestelsels in spanverband te ontwikkel en te bestuur, maar belangriker, om probleme in terme van berekeningsprosesse te konseptualiseer. Die BSc in Rekenaarwetenskapprogram sal jou toerus met uitgebreide kennis van rekenaarwetenskap, insluitend programmering, rekenaarstelsels, databasisse, netwerke, operasionele sisteme en gelyklopende programming. Neem kennis van die drie fokusareas hieronder.

Fokusareas 

  • Algemene Rekenaarwetenskap (met moontlike tweede hoofvak: Algemene Taalwetenskap, Ekonomie, Genetika, Geografiese Inligtingstegnologie, Toegepaste Wiskunde, Wiskundige Statistiek, Wiskunde, Musiektegnologie, Operasionele Navorsing of Statistiek).
  • Rekenaarstelsels
  • Datawetenskap

Brosjure: https://blogs.sun.ac.za/open-day/files/2026/03/BSc-Computer-Science-Brochure.pdf 

BSc in Sportwetenskap
Natuurwetenskappe
Baccalaureusgraad
Drie jaar
Stellenbosch

Hierdie program bestudeer menslike liggaamsbeweging vanuit die fisiologiese, anatomiese en biomeganiese perspektiewe. Die program dek die volgende areas: toegepaste anatomie en biomeganika, motoriese leer, sport en oefeningfisiologie, sportetiek, programontwikkeling, sportbeserings, afrigting, aangepaste bewegingsprogramme en die fiksheidsindustrie. Die praktiese komponent bied jou blootstelling aan ‘n verskeidenheid menslike bewegingservarings en die ontwikkeling van jou afrigtingsvaardighede. 

BSc Sportwetenskap 

Studente volg ‘n biologies gerigte BSc-kurrikulum in hul eerste jaar. Vanaf die tweede jaar verskuif die klem na Sportwetenskap en Fisiologie.

Hoofvakke

Fisiologie, Kinesiologie.

Brosjure: https://blogs.sun.ac.za/open-day/files/2026/03/BSc-Sport-Science-Brochure.pdf

Teologie

2 programme
BDiv (Baccalaureus in Godgeleerdheid)
Teologie
Baccalaureusgraad
Vier jaar
Stellenbosch

Die vierjarige BDiv-graad bied voorgraadse opleiding in kerklike bediening, spesifiek vir predikante.

BTh (Baccalaureus in Teologie)
Teologie
Baccalaureusgraad
Drie jaar
Stellenbosch

Die BTh-graad is 'n drie-jarige program wat mense veral as jeugwerkers, dienswerkers, beraders en gemeenskapswerkers oplei.